Die Ombudsman

Ombudsman: Stryd om vryheid duur voort

2011-07-02 16:54

Vandeesweek breek ’n belangrike tydperk aan vir die mediabedryf, wat sedert verlede jaar nie net fel baklei teen die voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting nie, maar ook teen die instelling van ’n mediatribunaal.

Om laasgenoemde af te weer, het die Suid-Afrikaanse Persraad ondersoek ingestel na selfregulering – onder meer deur openbare verhore – en die raad mik daarna om sy verslag daaroor dié week bekend te maak.

Kort daarna, waarskynlik Donderdag of Vrydag, word ’n kommissie vir persvryheid ingestel. Dié kommissie, onder leiding van die afgetrede regter Pius Langa, sal die Persraad se verslag as grondslag gebruik en dalk verder ondersoek doen – alles daarop gemik om die beste praktyke vir selfregulering te vind en die instel van ’n mediatribunaal af te weer.

Die regerende party dreig daarmee omdat die media kwansuis nie sy werk goed genoeg doen nie. Die ANC meen verontregtes – “slagoffers” van mediaberigte – moet die reg hê om by ’n onpartydige mediatribunaal te kla wat verantwoording moet doen aan die parlement. So sou die demokrasie dan verbreed word en ook “om persvryheid en -verantwoordingspligtigheid te versterk”.

Vir die media was ’n tribunaal nog altyd onaanvaarbaar. Die bedryf wys daarop dat ’n komitee van die Afrika-Unie in 2002 al bevind het selfregulering is die beste manier om akkuraatheid in die media te bewerkstellig en dat Suid-Afrika ’n mede-ondertekenaar van dié verklaring was. Dat, deur selfregulering, die media hom verbind tot die beginsels van etiese beriggewing, akkuraatheid en die erkenning van persoonlike regte. Die media glo ook nie regeringsregulasies sal etieser en professioneler optrede in sy bedryf bevorder nie en wys op die voordele van selfregulering:

(1) Redaksionele vryheid bly behoue; (2) staatsinmenging word beperk; (3) die bevordering van gehalte; (4) dis ’n bewys van mediaverantwoordbaarheid; (5) dit help om lesers toegang tot die media te gee.

Om dit te bevorder, het media-instellings ’n etiese gedragskode vir hul werknemers waarby alle belanghebbendes baat kan vind.

Vir media-eienaars en uitgewers bied die kode beskerming teen kritiek en regsaksie.

Vir joernaliste dien dit as ’n standaard waarvolgens hul werk beoordeel word en vir die publiek beteken dit die inligting wat hulle ontvang, is feitelik akkuraat.

Daar word verwag dat die Persraad in sy verslag ’n verdere verbetering van selfregulering sal voorstel.

Die kommissie vir persvryheid, ’n gesamentlike projek van die Drukmediabedryf in Suid-Afrika en die SA Redakteursforum (Sanef), spruit uit ’n gevoel dat ’n instelling buite die media tog nodig is om die bes moontlike praktyke vir ’n selfreguleringsraamwerk daar te stel.

Na verwagting sal mense ’n uiteenlopende agtergrond in die kommissie dien.

Dit sluit in verteenwoordigers uit godsdiensgemeenskappe, die regte, die sakesektor en die akademie, asook die internasionale gemeenskap.

Of die ANC uiteindelik sy tribunaal-gedagte sal laat vaar, hang daarvan af of die regeerders oortuig kan word dat verbeterde selfregulering moontlik is.

Dis waarop die mediabedryf hoop.

Hoe dit ook al sy, die feit staan: Die media kan slegs sy onontbeerlike rol van waghond oor die regering vervul as die staat so min moontlik – op watter manier ook al – by sy sake inmeng.

Bronne: The Media Self-Regulating
Guidebook; F.W. de Klerk-stigting; internet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Die Ombudsman-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.