Flip Buys

ANC bly klou aan linkse resepte

2013-01-05 23:21

Die geskiedenis staan nie stil nie. Gister se bevryders kan vandag se oorwinnaars wees en selfs môre se verdrukkers.

Die ANC word as die bevryders van Suid-Afrika beskou, maar het soos oorwinnaars begin optree. Dié klemverskuiwing het sy oorsprong in politieke taalgebruik, maar dit het vinnig tot daad oorgegaan.

Dit was nie lank ná oudpres. Thabo Mbeki se bewindsaanvaarding nie dat ons toenemend gehoor het van die “grondwetlike regstaat” en die “nasionale demokratiese revolusie”.

Die towerwoord was nou skielik “transformasie”; die resep rassewetgewing en die hoofbestanddeel die groeiende gebruik van staatsmag om dié regeringsbeleid te verwesenlik.

In die Mbeki-era het die ANC gemengde seine uitgestuur soos om ’n markvriendelike ekonomiese beleid met die instelling van ’n welsynstelsel op te volg. Later het dit duideliker geword die ANC wil terugkeer na sy sosialistiese wortels, weliswaar sonder om dit té vinnig té hard by die naam te noem.

By die onlangse ANC-konferensie was dit meer van dieselfde. As mens verby die politiek-korrekte taalgebruik van hul beleidsbesluite kyk, sien jy dit is bloot kodetaal vir die voortsetting van onwerkbare linkse resepte.

Die kern bly die groeiende rol van die staat, die voortsetting van beleidsrigtings wat die staat verswak en die groeiende onverdraagsaamheid teenoor sakelui en kultuurgemeenskappe wat hulself nie wil laat inlyf by die meerderheid nie.

Dit is vir talle verstommend dat die ANC steeds ’n diepgaande verbintenis met sy linkse wortels het, gegewe die mislukking van hierdie ideologie in Oos-Europa. Miskien is dit omdat die ANC nie soos sosialistiese partye in daardie wêrelddele die Koue Oorlog verlóór het nie, maar hulself oortuig het hulle het in Suid-Afrika gewén. Dit is sekerlik een van die redes waarom hulle soos oorwinnaars begin regeer het.

Die groot vraag is of die ANC in die toekoms na die finale fase van verdrukkers kan oorgaan. Dit is nie onmoontlik nie en het al met ander partye uit dieselfde ideologiese stal gebeur. Inteendeel, die ANC kan sy ambisieuse doelwitte nie bereik sonder om tot verdrukking oor te gaan nie.

Die bepalende dryfkrag vir linkse partye se totalitêre neigings is die radikale grondslag van hul ideologie – naamlik gelyke uitkomste. Dié doelwit van gelykmaking eerder as gelykheid noop linkse partye gewoonlik om hul politieke mag kragdadig te gebruik om hul ingrypende doelwitte te bereik.

Die slagoffer is vryheid – die media, regbank, sakelui en minderheidsgroepe.

Die eerste tekens van hierdie totalitêre neigings lê in die groeiende strewe na die sentralisering van mag. Die tweede teken is dat die private sektor en burgerlike gemeenskap hulself toenemend tot die howe moet wend om hul basiese regte te beskerm.

Suid-Afrika is ver van ’n Zimbabwe af. Hier is veel meer selfstandige magsentrums en ons is verder ontwikkeld.

Dit bly egter belangrik dat almal onthou die prys van vryheid is voortdurende waaksaamheid. Sosialisme vereis immers verdrukking.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Pta: 10-25°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-20°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 9-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Haze. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!