Flip Buys

Afrikaans gaan oor meer as net taal

2010-02-06 16:50


Dit is asof ek onlangs vir die eerste keer besef het waaroor die voortbestaan van Afrikaans aan universiteite wérklik gaan.
Ek het laataand op Potchefstroom met ’n komiteevergadering van die Universiteitsraad klaargemaak, toe ek iets sien wat deesdae ongewoon is.

Dit was ’n groep van so 40 meisies wat vrolik lag en sing terwyl hulle onder die Akkerbome terugstap na hul koshuis toe. Waarskynlik die een of ander interkoshuis-kompetisie gewen. Wat my juis laat wonder het: Waarom is iets oënskynlik doodgewoon soos ’n groep vrolike Afrikaanse studente wat in die nag in die straat loop en sing in hierdie tye so ’n seldsame verskynsel?
Dis toe dat ek begin insien dat die voortbestaan van Afrikaans aan universiteite oor baie meer as taal gaan. Afrikaanse universiteite was histories die drywers van die suksesvolle modernisering van die Afrikaner. Hulle het ’n kernrol gespeel om die Afrikaner van ’n arm, laaggeskoolde landelike gemeenskap in ’n hoogs opgeleide, moderne groep te omskep wie se vaardighede wêreldwyd in aanvraag is.

Dit was nie iets vanselfsprekends nie – dit is ’n uitsonderlike prestasie in Afrika. Wat dit selfs in ’n wêreldkonteks merkwaardig maak, was dat die Afrikaner homself gemoderniseer het deur gelyktydig sy taal tot ’n moderne wetenskaplike taal te ontwikkel.

Afrikaanse universiteite het ’n veilige ruimte aan derduisende jongmense gebied om hulself in hul moedertaal vir hul toekoms voor te berei. Daarom gaan Afrikaans nie net oor die taal nie: Dit was en is steeds ’n “broodsaak” vir die sukses van sy sprekers.

Dit gaan oor ’n lewenswyse, waarvan die singende studente maar net simbolies is; oor ’n gemeenskap se manier van doen en dink; dit gaan oor ’n waardestelsel wat deur ’n taal gedra word; dit gaan oor die reg van die nuwe geslag om dieselfde geleenthede as die vorige geslag te geniet. Samevattend: Dit gaan oor ’n taal- en kultuurgroep se toekoms.

Die regering se beheptheid met ras en transformasie het al talle universiteite, technikons, tegniese kolleges en openbare skole laat sneuwel – saam met die toekoms van die betrokke kinders, vakleerlinge en studente. Dit het verder mildelik bygedra tot ’n vaardigheidstekort in ’n land met hemelhoë werkloosheid.

As ’n mens kyk na die afname in Afrikaanse studente aan sekere universiteite, tegniese universiteite en kolleges vir verdere opleiding, het die uitfasering van Afrikaans in die praktyk al baie studente van opleidingskanse ontneem.

Soms wonder ek of Afrikaans as taal of Afrikaanssprekende jongmense nou eintlik die ware teiken was.

’n Ruk nadat ek die groep singende jongmense gesien het, kry my seun ’n brief van die Potchefstroom-kampus wat bevestig dat sy kursus in Afrikaans aangebied word. Dit het my hart warm laat klop om vir ’n slag weer ’n amptelike brief in Afrikaans te kry. Dis toe dat ek weer besef dat Afrikaans oor meer as net die taal gaan. Die erkenning van ’n mens se taal is in wese ook ’n erkenning van jou menswees. Dis hoekom die amptelike voortbestaan van Afrikaans die moeite werd is om voor te veg.­­

Lees ook Reg op Repliek op bl. II van Weekliks.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.