Flip Buys

Boere weeg veel meer as wat hul stem tel

2011-04-30 16:56

Ons land se boere het dit nie maklik nie.

’n Sameloop van landbou-, omgewings-, politieke en ekonomiese faktore bemoeilik hul taak om die land se mense te kan voed en uit boerdery ’n bestaan te kan maak. Feitlik almal kla oor hulle – en dit met ’n mond vol kos.

Die feit dat hulle van die min groepe suksesvolle kommersiële boere op ons vasteland is en vir ons voedselsekerheid sorg, word te maklik as vanselfsprekend aanvaar.

Die afgelope dekade is boere gepeper met wette en voorskrifte oor alles en nog wat.

Hulle word deur die meeste woordvoerders van die ANC-alliansie beskryf met uitgediende stereotipes. Hulle is “uitbuiters” en “mishandel” hul werkers. Uitnodigings van boerekant om besonderhede oor dié wandade te verskaf, val op dowe ore.

Die feit dat van ons voorste boere se arbeidspraktyke en werknemervoordele beter as dié van genoteerde maatskappye is, word deur hierdie politieke foutsoekers geïgnoreer.

Terwyl geloofwaardige landbouleiers waarsku dat boerderytoestande soms onhoubaar word en dat dit die bedryf se voortbestaan raak, word dit nog moeiliker vir hulle gemaak.

Boere se waarskuwings dat baie van hulle die land sal moet verlaat en in die buiteland ’n heenkome sal moet soek, word smalend deur regeringsleiers weggelag.

Selfs die feit dat ’n boer ’n 700 keer groter kans het om vermoor te word as in die res van die wêreld, spoor nie die regering tot aksie aan nie.

Inteendeel. Die regerende party steun sy jeugleier se reg om haatliedjies te sing en so die geweldklimaat in die land nog ’n paar grade op te stoot.

Daarmee saam maak regeringsleiers baie dubbelsinnige uitsprake oor boere se eiendomsreg, wat die landbou en uiteindelik ons verbruikers ernstig benadeel. Die boere is ’n maklike politieke slaansak vir enige ANC-politikus wat sy naam in die koerant wil hê.

Die probleem is dat dit selfs in liberale mediakringe nie politiek korrek is om die boere (sowel die landbouers as die Afrikaners) se kant van die saak te stel of veral nie om met hulle deernis te hê nie.

Die vrees bestaan blykbaar dat dit tot raspolarisasie kan lei om hier kort voor die verkiesing die boere se kant te kies.

Of haatliedjies en plaasmoorde nie polariserend is nie!

As dit die stilswyende sienings is, is dit nie net die ANC wat sy morele kompas kwyt is nie, maar die betrokke liberale joernaliste ook.

Dit sal goed wees as almal maar onthou dat as een mens se reg vertrap word, almal se reg geskend is. Vandag is dit die boere, môre miskien die media, die regbank, die Grondwet of die ekonomiese stelsel. Wie vandag paai, sal later die gevolge maai.

Die volgende verkiesing is belangrik ja, maar die volgende geslag se toekoms is nog belangriker. Daarom moet ons nou opstaan voordat hul regte te gronde gaan.

Al tel hulle nie so baie stemme nie, weeg hulle swaarder vir die toekoms.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Flip Buys-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.