Flip Buys

Taal se toekoms met buitelandse hulp beslis

2010-07-03 14:03

 Afrikaans se toekoms gaan in Suid-Afrika beslis word, maar buitelandse hulp kan baie help. Dus het Solidariteit twee jaar gelede ’n kantoor in Europa gestig om steun vir Afrikaans en sy sprekers te werf.

Talle Suid-Afrikaanse ondernemings het ná 1994 besef dit is feitlik onmoontlik om teen die wêreldgrotes mee te ding sonder sterk buitelandse ven­note. Net so het Afrikaans ’n sterk vennoot nodig om teen ’n wêreldtaal soos Engels staande te bly, veral omdat die regering die taalmonopolie van Engels bevorder.

Die taalkantoor, wat onder die naam Afrinetwerk onder leiding van Ingrid Scholtz vanuit Nederland steun vir Afrikaans werf, behartig ook die belange van die Afrikaanse Taalraad, die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Goeie vordering is al gemaak, en waardevolle skakeling word gedoen met die talle openbare en burgerlike Nederlandse en Vlaamse taal- en kulturele instellings.

Daar is baie min oor van die anti-Afrikaanse sentimente wat veral in Nederland baie sterk was. ’n Belangrike deurbraak is verlede jaar gemaak toe die Nederlandse Taalunie die bevordering van Afrikaans as deel van sy mandaat aanvaar het. Die Taalunie is ’n amptelike liggaam wat Nederlands wêreldwyd bevorder en is ’n gesamentlike projek van Nederland en Vlaandere wat deur ’n raad van ministers van albei lande bestuur word.

Die Nederlandse onderminister van buitelandse sake en die Vlaamse minister van kultuur het terselfdertyd vurige pleidooie om steun aan Afrikaans gelewer.

Die pas afgelope konferensie oor Afrikaans wat in Amsterdam gehou is, het die in­ter­na­sio­na­li­se­ring van Afrikaans ’n groot stap verder gevoer. Dit kan gesien word in die bywoning van ’n indrukwekkende lys meningsleiers uit die regering, owerheidsinstellings, akademie, kultuur- en sakewêreld van Nederland en Vlaandere.

Daar is beslis ’n lewendige belangstelling in Afrikaans en al sy sprekers in Suid-Afrika, gepaardgaande met ’n groeiende bereidheid om Afrikaanse projekte hier prakties te ondersteun.

Die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika, mnr. Rob de Vos, het op die konferensie groot begrip vir die nood­saak van moedertaalonderwys getoon en aangekondig sy land gaan hom toespits op bystand met tersiêre onderwys, veral in tegniese rigtings. Groot klem is by die konferensie op onderwys en opleiding as ontwikkelingsinstrument gelê.

Dit is egter nodig om Afrikaans opnuut in Nederland en Vlaandere bekend te stel omdat dit nie meer deur die Suid-Afrikaanse owerheid gedoen word nie. Baie Nederlanders weet niks of bitter min van Afrikaans en sy sprekers, wat praktiese steunwerwing bemoeilik.

Daarom word ’n Afrikaanse Taalfees vir 2011 in Nederland beplan, met die doel om deur middel van ’n gereelde mini-kunstefees Afrikaans weer op die Europese agenda te sit. Die doel is om Afrikaans as ’n sustertaal van Nederlands aan gehore in Nederland en Vlaan­dere bekend te stel, en steun vir die bevordering daarvan te werf. 

Dit is logies dat die toekoms van Afrikaans en sy sprekers in Suid-Afrika bepaal gaan word, maar dit sal net soveel makliker gaan met sterk buitelandse steun en vennootskappe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.