Flip Buys

Welsynstaat ideologiese blindekol

2011-10-01 10:28

Die ongekende het die afgelope week gebeur: Suid-Afrika, as lidland van die Internasionale Monetêre Fonds, moet nou geld gee om Europa te red.

Dat Afrikalande Europa nou moet help, onderstreep die ekonomiese krisis met bloedrooi ink. Maar die les wat ons hieruit moet leer is dat ons nie dieselfde beleidsrigtings moet instel wat die Europeërs in die moeilikheid laat beland het nie.

Die belangrikste les wat ons kan leer, is dat ’n omvattende welsynstelsel onbekostigbaar is vir Suid-Afrika. Hierdie stelsels is ontwerp sodat die baie mense wat werk het, die bietjie kan help wat nie het nie. Maar ons getalle is omgedraai: Die min wat werk het, kan nie die baie bly dra wat swaarkry nie.

Daar is nou meer mense in die land wat welsyntjeks kry as salaristjeks!

Die krisis het in Europa ontstaan omdat daar te min kinders en gevolglik jong werkers is om met die welsynstelsels te kan volhou. Maar hier by ons is daar te veel kinders en jong werkloses om die stelsel te kan bekostig.

Selfs die Reserwebank het in sy nuutste kwartaalverslag sy kommer oor die volhoubaarheid van die groeiende stelsel uitgespreek.

Suid-Afrika is reeds die grootse welsynstaat buite Wes-Europa, met meer as ’n kwart van ons mense wat geld by die belastingbetaler kry. In ’n provinsie soos die Oos-Kaap is byna 70% van die mense van die staat en belastingbetalers afhanklik!

En dit is net wat die kontanttoelaes betref. Dit sluit nie al die gratis basiese dienste soos huise, dienste en talle ander subsidies in nie.

Ons het dieselfde probleem as in Europa, naamlik dat die stelsel nie gefinansier is nie, maar uit vandag se belastings betaal word. Verder is ons stelsel ook ’n nie-bydraende stelsel, anders as in lande soos Duitsland, waar jy hulp kan kry as jy inbetaal het. Ons verwag ook nie ’n teenprestasie soos in Australië met sy “werk vir welsyn”-stelsel nie.

Welsyn is ’n verbruikersgedrewe strategie om armoede te verlig. Dit is nie volhoubaar nie omdat niemand blywend meer kan verbruik as wat hy produseer nie. Daarom het sulke stelsels nie geslaag nie.

Die oplossing is nie die verligting van armoede deur verbruik nie. Dis om mense te help om hulself uit armoede te lig deur hul produksie te verhoog. Dit word gedoen deur onderwys en opleiding van hoë gehalte, oordeelkundige staatsbesteding aan infrastruktuur, bevordering van ekonomiese groei deur pro-groei-beleide en goeie regering wat die markekonomie en eiendomsreg beklemtoon. Welsyn mag nooit werk in die oorlog teen armoede en ongelykheid vervang nie.

Die Nobelpryswenner en ekonoom Milton Friedman het teen die permanente indeling van die bevolking in die twee klasse van belastingbetalers en belastingontvangers gewaarsku.

Dit kan tot klaskonflik lei waarin die een klas voel hy betaal te veel en die ander dat hy steeds te min kry.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het linkse regerings in Europa se ideologiese blindekolle tot hierdie onvolhoubare welsynbedeling gelei.

Die ANC het ongelukkig dieselfde ideologiese blindekol. Maar hy kan nou uit Europa se krisis leer en hoef nie eers dieselfde foute te begaan nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Flip Buys-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.