Frans Cronjé

Afrikaner het twee goeie kaarte

2012-11-17 23:48

’n Prominente Afrikanerleier het my onlangs gevra hoe Afrikaners hulself strategies moet posisioneer om ’n langtermyn-toekoms in Suid-Afrika te verseker.

Wat my betref is die politieke magsvakuum binne die ANC en regering die grootste huidige bedreiging vir die toekoms van die Afrikaner. So ’n vakuum ontstaan wanneer die regering nie voldoen aan arm swart Suid-Afrikaners se verwagtinge nie. Dit sal lei tot ’n afname in politieke steun vir die ANC.

As steun vir die ANC vinnig daal, kan een van twee scenario’s hom afspeel. Die eerste is dat ’n desperate regering ’n nuwe ingrypende beleidsraamwerk instel. Die tweede is dat ’n radikale politieke beweging daarin slaag om die ANC uit die kussings te lig.

In albei scenario’s is daar die risiko dat Afrikaners as ’n sondebok bestempel sal word vir die ekonomiese ongelykheid en armoede wat swart landsburgers beleef. In ’n vlaag van swart nasionalisme kan die regering beleidsveranderings instel wat die eiendomsregte en belegging- en sakebelange van Afrikaners bedreig.

Hieronder tel die onteiening van grond en ander bates en die bekendstelling van steeds strenger SEB-vereistes.

Gelukkig beskik die Afrikaners oor twee strategiese bates wat die ANC benodig om aan die bewind te bly. Die eerste is hul rol in die landbou en voedselproduksie en die tweede is hul bydrae tot belastinginkomste.

Weens die groeiende protesbeweging besef al hoe meer ANC-leiers dat die regering nie aan sy mense se verwagtinge voldoen nie. Sekere pragmatiese regeringsleiers besef dat beleidsverskuiwings wat huidige lewenstandaarde kan benadeel ’n ernstige politieke reaksie teen die staat inhou. Stygende voedselpryse of dalende belastinginkomste sal byvoorbeeld ’n regstreekse negatiewe uitwerking op swart mense se lewensgehalte hê en by die stembus ’n impak vir die ANC inhou.

Afrikanerleiers het dus die geleentheid om tot ’n beleid van konstruktiewe betrokkenheid met die regering toe te tree. So ’n beleid sal uit vier pilare bestaan:

* Eerstens om die Afrikaner se noodsaaklike bydrae tot die land se voedselproduksie en ekonomiese vooruitgang voortdurend te beklemtoon.
* Tweedens om uit te wys dat die ANC sonder Afrikaners se bydrae in ernstige politieke moeilikheid kan beland en selfs ’n landwye politieke opstand sal moet konfronteer.
* Derdens om te beklemtoon dat eiendomsreg en die oppergesag van die reg noodsaaklik is vir die volhoubaarheid van die Afrikaner se ekonomiese bydrae.
* Vierdens om gematigde swart leiers te beïnvloed om bogenoemde regte te handhaaf.

Konstruktiewe betrokkenheid het egter ook sy slaggate. As daar te naïef toegetree word, sal die regering die Afrikaner mislei en misbruik. Afrikanerleiers moet dus aan die regering beklemtoon dat hy sonder hul bydrae in ernstige moeilikheid is. Terselfdertyd sal pragmatiese en gematigde leiers binne die regering afgeskrik word as die toetrede te aggressief is.

Afrikanerleiers moet dus werk om ver-regses in hul midde te isoleer. Voorts moet hulle die versoeking weerstaan om te dreig en eerder deur vriendelike waarskuwings te werk gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Controller

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.