Frans Cronjé

Die rooi gevaar is terug (of was hy ooit weg?)

2014-05-31 23:20

Steve Hofmeyr het die politieke spyker op die kop geslaan toe hy ná Sondag se aankondiging van die kabinet op Twitter gesê het dat die ou apartheidsera se ooms en tannies nog korrek bewys sal word oor die “rooi gevaar”.

Ondanks talle verkiesingsontledings oor die afgelope twee weke is die SAKP se naam amper nooit genoem nie. Maar kyk na die kabinet en parlement, en dit lyk of die SAKP die verkiesing gewen het.

’n Uitstekende stuk navorsing deur een van ons interns, Yolanda Andrag, het gewys dat meer as 40% van die kabinetsposte aan huidige of vorige SAKP-lede gegee is.

Lank geïgnoreer as ’n irrelevante “bangmaak-storie”, is die “rooi gevaar” nie net terug nie – hy is in beheer. En dit het nooit verdwyn nie.

’n DA-LP het verlede jaar aan my verduidelik dat die meeste ANC-LP’s die parlement sien as ’n groot restaurant waar hulle elke dag kom kuier voordat hulle weer huis toe gaan. Hul standpunte word vir hulle voorgesê uit Luthuli-huis – waar die voormalige SAKP-voorsitter Gwede Mantashe in beheer is – en lewer geen persoonlike bydrae oor beleidstandpunte nie.

Daar is net een uitsondering op die ­reël – die kommuniste in die parlement. Hulle werk glo geweldig hard om idees voor te stel wat beleid sal beïnvloed. Dit is glo die geval in van die parlement tot die kleinste stadsraad in die land.

Stilletjies sit hulle agter die troon met geweldig groot invloed op die denkrigting van die ANC. Sulke invloed maak ook uit ’n historiese oogpunt sin omdat die kommuniste lank as die enjin van idees in ANC-geledere gedien het.

Die afgelope jaar wys hoe enorm daardie invloed geword het. Sedert die Nasionale Ontwikkelingsplan te midde van toejuiging van die sakegemeenskap as regeringsbeleid aanvaar is, het die volgende beleidsveranderings plaasgevind:

*  Nuwe, strenger, rasgedrewe regstellende-aksie-wetgewing is voorgestel;

*  Nuwe swartbemagtigingswetgewing, insluitend tronkstraf vir oortreders, is voorgestel;

*  Beleggingsooreenkomste met 15 Westerse lande is gekanselleer;

* Die staat het wetgewing voorgestel wat dit moontlik sal maak dat hy enige kommersiële bate sonder vergoeding kan gryp;

* ’n Nuwe tydperk vir grondeise is oopgegooi;

* Daar is voorgestel dat boere 50% van hul grond “weggee”;

* Wetgewing is voorgestel om dele van die private veiligheidsektor te ont­eien;

* Wetgewing is ingestel om sekere nuwe olie- en gasbeleggings te onteien.

Dit is alles gerig op staatsoorname en beheer.

Daar kan geen duideliker uitbeelding wees van die invloed wat SAKP-­denke op beleid het nie. Natuurlik sal vele ontleders – ondanks die harde bewysstukke – die invloed ontken. Maar hulle moet versigtig wees. Net soos die duiwel is die SAKP se gevaarlikste bate die vermoë om die wêreld te oorreed dat hy nie bestaan nie. Maar vee jou oë uit, en jy besef dat die party se invloed nou so ver strek dat ’n mens sou kon redeneer dat hy beleidsvorming oorgeneem het.

Daar moet geen twyfel wees nie dat ons as land vinnig op pad is na die SAKP se visie van eers ’n sosialistiese en uiteindelike ’n volle kommunistiese staat.

Die wonder is dat die SAKP se naam nooit op ’n stembrief verskyn nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Numerous showers. Decreasing cloudiness. Cool. Pta: 3-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 8-20°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-30°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 10-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!