Frans Cronjé

Tjeers op 200 tawwe jare

2012-12-16 00:05

Vandag is die 174ste herdenking van die Slag van Bloedrivier.

Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekkers onder die leierskap van Andries Pretorius by hul laer langs die Ncome­rivier deur sowat 15 000 Zoeloekrygers aangeval. Ná die stryd was ’n geskatte 3 000 Zoeloes dood terwyl net drie Voortrekkers lig gewond was.

Binne 10 maande ná die moord op Piet Retief en sy volgelinge deur Dingaan het die stryd gelei tot ’n dramatiese magsverskuiwing in die Zoeloeryk en die weg gebaan vir wit setlaars suid van die Tugelarivier.

Dit is merkwaardig om te dink Afrikaners konfronteer vandag soortgelyke uitdagings as waardeur hulle twee eeue gelede in die gesig gestaar is.

Die grootste uitdaging is dat Afrikaners steeds ’n stryd voer om hul teenwoordigheid in Suid-Afrika te regverdig. Die tweede is dat hulle as ’n klein – en dikwels ongewilde – minderheid moet oorleef.

Dit is maklik om oorweldig te word deur die uitdagings, daarom moet mens terugkyk na die enorme struikelblokke wat die Afrikaner reeds oorkom het om vandag hier te wees.

Die vestiging van ’n permanente teenwoordigheid in die Suid-Afrikaanse binneland, die stryd teen die Britse koloniale bewind, die Boereoorloë, die bou van ’n moderne ekonomie, 50 jaar se weerstand teen kommunisme en die einde van apartheid kon elkeen die Afrikaner in Afrika vernietig het.

Ongeag dié uitdagings, is die Afrikaner steeds hier as ’n vooruitstrewende gemeenskap met hoër lewenstandaarde as op enige punt in sy geskiedenis.

Hoe die Afrikaner die struikelblokke oorkom het, is miskien die beste verwoord deur sir Arthur Conan Doyle ná die Anglo-Boereoorlog:

“Neem ’n gemeenskap van Hollanders – die soort wat hulle 50 jaar lank teen Spanje verdedig het in ’n stadium toe Spanje die grootste wêreldmag was.

“Meng hulle met onbuigsame Franse Hugenote wat huis en rykdom opgegee en hul land vir goed verlaat het toe die Edik van Nantes herroep is.

“Dié produk moet uiteraard een van die mees geharde, lewenskragtige en onoorwinlike rasse op aarde wees.

“Neem hierdie gedugte mense en lei hulle op vir sewe geslagte in konstante oorlogvoering teen brutale mans en wreedaardige diere in omstandighede waarin geen swakkeling kan oorleef nie.

“Plaas hulle in situasies waar hulle uitsonderlike vaardigheid met wapens en ruiterskap verkry, gee aan hulle ’n land wat geskik is vir die jagter, skut en die ruiter.

“Plaas helaas ’n fyner humeur op hul militêre eienskappe in die vorm van ’n fatalistiese, Ou Testamentiese godsdiens en ’n verterende patriotisme.

“Kombineer bogenoemde kwaliteite en impulse in een individu en jy het die moderne Boer – die mees gedugte antagonis wat ooit die pad van imperialistiese Brittanje gekruis het.”

Om agtertoe te kyk is soms die beste manier van vorentoe kyk.

Afrikaners, soos álle Suid-Afrikaners, het vandag ontsaglike uitdagings. Maar niks daarvan is meer uitdagend as wat die afgelope twee eeue oorwin is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.