Gasrubriekskrywer

ANC se gevry na sakelui ‘baat SA’

2012-12-30 09:22

Die ANC as regering is lank reeds verbind tot gereelde, betekenisvolle skakeling met die georganiseerde sakesektor.

Dié gesprek het egter in 2006 ’n nuwe dimensie gekry toe die ANC die Progressiewe Sakeforum of PBF goedgekeur het tydens die ampstermyn van Mendi ­Msimang, die destydse tesourier-generaal van die ANC.

Mathews Phosa het, nadat hy ­Msimang in 2007 opgevolg het, dit só gestel: “Die PBF is ’n platform vir dialoog tussen die ANC en die breë spektrum van die sakesektor, van maatskappye tot klein- en middelslagondernemings.

“Die feit dat die leierskap van die ANC so ’n hoë waarde heg aan doeltreffende kommunikasie tussen die party, sy verteenwoordigers in die regering en die sakesektor het ’n daadwerklike bydrae gemaak tot die ekonomiese suksesverhaal van Suid-Afrika.”

Kort ná sy verkiesing as ANC-leier in Desember 2007 het pres. Jacob Zuma gesê: “Een van die grootste voordele van die PBF is dat dit ’n breë spektrum van sakelui van talle sektore byeenbring, van maatskappye wat wissel in grootte en belange, waarvan almal die hoop deel op ’n suksesvolle en welvarende samelewing!”

Sedert bogenoemde uitsprake het die PBF van krag tot krag gegaan en is daar vandag meer as 5 000 deelnemende maatskappye, landwyd en oorsee.

Wat die PBF van die georganiseerde sake-sektor onderskei is dat ons ’n gesprek fasiliteer tussen die ANC – as regerende party – deur ons talle presidensiële en ministeriële netwerkgeleenthede oor die hele Suid-Afrika. Die PBF is in dié opsig uniek in Afrika en in die meeste lande ter wêreld.

By die ANC-konferensie in Mangaung het minstens 100 ondernemings ingekoop in die PBF se sakeprogram: 70 maatskappye het uitstallings gehad en 200 sakemanne het vier sake-ontbyte by die konferensie bygewoon waar ministers Trevor Manuel, Rob Davies, Ebrahim Patel en adj.min. Nhlanhla Nene gepraat en hul vrae beantwoord het.

Een van die hoogtepunte vir ons sakevriende was die presidensiële gala-dinee wat deur 840 betalende gaste bygewoon is, asook premiers, ministers, hul adjunkte en diplomate.

Dit het ’n voortreflike netwerkgeleentheid geskep.

Die ANC se sakevriendelike profiel is daar versterk deur ’n reeks resolusies rakende ekonomiese beleid, asook deur die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die ANC se onderleier en dr. Zweli Mkhize as tesourier. Dié premier van KwaZulu-Natal het al oor en oor bewys hy is ’n baie groot voorstander van ’n sterk vennootskap met die sakesektor in sy provinsie.

Met die aanvaarding van die nasionale ontwikkelingsplan in Mangaung is die tyd nou ryp vir nuwe stukrag vir die uitvoering van die omvattende visie wat daarin vervat word.

Laat elkeen wat Suid-Afrika ’n beter plek vir al sy mense wil maak, ook op ekonomiese gebied, die geleenthede vir ’n kragtige vennootskap nou met albei hande aangryp. – Schoeman en Swanepoel is mede-sameroepers van die PBF.

* Die ANC het die afgelope vyf jaar sowat R88 miljoen verdien uit bydraes aan die PBF – Red.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-19°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-25°C Sunny. Mild. PE: 15-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!