Gasrubriekskrywer

Moenie met ons mors nie

2011-11-19 17:19

Dan Roodt kom elke nou en dan vorendag met ’n gedagte wat ’n mens wild aan die dink sit.

So vra hy ’n maand of wat gelede in ’n brief aan Business Day: Is dit nie ironies nie dat, nadat hulle uit die meeste instellings gesuiwer is, Afrikaners steeds goed genoeg is om as gladiators op die rugbyveld te moet diens doen?

Roodt het iets beet hier. Toe die minister van sport die afgelope week gesê het wen is belangriker as sportkwotas het hy eintlik maar dieselfde bedoel: Vir rugby speel is die Afrikaners nog goed genoeg.

Hierby sal Pravin Gordhan seker ook voeg: Ja, en vir belasting betaal.

Vir die res moet hulle vir lief neem met hul erfskuld en hul bek hou. En moet veral nie die behoefte uitspreek dat jy sou wou hê dat jou kinders na ’n Afrikaanse universiteit toe gaan nie.

Wel, ek sê te hel hiermee.

’n Goeie vriend van my het die gewoonte om enige belediging wat na sy kant toe geslinger word, te beantwoord met die verontwaardigde teenvraag: “Wie dink die ou is hy? Ek kom uit ’n ordentlike huis. Ek laat my nie so behandel nie.”

Op bl.2 van Rapport Weekliks klim die regsprofessor van Ikeys, Pierre de Vos, kaalvuis in onder Afrikaners soos dr. Marié Heese wat, in sy woorde, nie die plain common decency het om te kan sien dat die Universiteit van Stellenbosch onder swart studente gesien word as ’n “dominante wit Afrikaner­instelling” nie . De Vos sê die manier om dit te verander, is om Maties minder Afrikaans en meer Engels te maak. Net soos my vriend wil ek antwoord: “Met wie praat jy, professor? Ek kom uit ’n ordentlike huis. Ek laat my nie so behandel nie.”

My aandrang dat Afrikaans sy status as ’n taal van hoër onderwys moet behou kan onmoontlik net woep-wap afgeskryf word teen my sogenaamde erfskuld as wit Afrikaner. Dis die reg van die boendoes en ’n mens sou hoop dat Ikeys hul regsgeleerdes beter skool as dit.

Dana Snyman sê onlangs in ’n onderhoud dat Afrikaners so nostalgies raak oor hul verlede dat hulle hulself “tot in hul eie onskuld verlang”. Hy is reg. Ons moet onsself voortdurend daaraan herinner om nie blind te raak vir ons en ons voorouers se foute nie.

Maar om Suid-Afrika te industrialiseer, om die beste infrastruktuur op die vasteland te bou en om Afrikaans uit te bou tot ’n volwaardige akademiese taal was nie destyds ’n fout nie en is dit steeds nie.

Dis prestasies wat ons tot eer strek – die foute en die vergrype van apartheid ten spyt.

Tim du Plessis spreek verlede week in dié rubriek die wens uit dat Afrikaners gerus as ’n groep kan “verdig”, dat hulle moet ophou om “na binne te migreer” en hul sosiale kapitaal in die proses vernietig. Die rug ’n bietjie moet styfmaak, met ander woorde. Kyk jy rondom jou, sien jy egter oral voorbeelde van die proses wat Du Plessis “verdigting” noem. Die gety is aan die draai. Oral is daar tekens van Afrikaanse mense – veral jonger mense – wat soos my pel sê, te hel met dit: Mense uit ordentlike huise laat hulself nie so behandel nie.

Die boodskap wat ’n groep jonger studente van die Universiteit van Stellenbosch voorverlede week aan die lamsakkige administrasie van daardie instelling gestuur het oor die manier waarop prof. Russel Botman en sy kamerade besig is om Afrikaans as universiteitstaal te verskraal, was ’n beduidende een.

Ek het nuus vir Botman: Net soos die wapenskandaal sal die debat oor Afrikaans op Stellenbosch nie verdwyn nie. Hoe gouer hy iets daadwerklik doen, hoe beter.

Die fenomenale suksesse wat Flip Buys en sy familie van Solidariteitsbewegings die laaste paar jaar op talle gebiede behaal het, is ’n ander. In Solidariteit se hoofkwartier in Lyttelton in Centurion sit en praat hulle nie net die heeldag nie.

Hulle doen.

Wat al hoe duideliker word is dat Afrikaanse mense besef dat jy nie met alles wat Buys (of Roodt of wie ook ­al) doen of sê moet saamstem om doeltreffend te “verdig” nie.
Losse koalisies wat oor spesifieke sake saamstaan, is uiteindelik net so doeltreffend – dalk selfs meer.

As dit boonop oor verskeie fronte gebeur, het dit ’n vermenigvuldigingseffek. Dit wek die indruk van ’n gemeenskap wat sê: “Ons kom uit ordentlike huise. Só laat ons nie met ons mors nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Gasrubriekskrywer-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.