Hanlie Retief

Hanlie gesels met John Mitchell

2011-11-05 14:18

Dis nou huis.

Dís hoe John Mitchell oor Suid-Afrika voel.

Hy gaan hom permanent hier vestig, sê dié top-afrigter wat nie uitgepraat raak oor die jakarandas wat nou so mooi blom in Johannesburg nie.

Mitchell is pas aangewys as Suid-Afrika se afrigter van die jaar. Hy lag nou lekker vir sy pêlle in Perth wat gedink het hy was mal om dié ambulansjop te aanvaar met ‘n verloorspan by ‘n stadion aan Jo’burg se gatkant waar jy omtrent ‘n lyfwag nodig het om veilig deur die stadionhekke te kom…

    Nou, ná sestien maande se bloedsweet onder Mitchell, is die Leeus Curriebeker-kampioene, aangewys as span van die jaar met hul eks-baardman Josh Strauss die Curriebeker-speler van die jaar.

     “Dis awesome hier! Beautiful!” gesels hy op die Kaapse lughawe terwyl die hoeveelste ou met hom kom bladskud.  “Hier’s almal so rugbymal soos ek, g’n wonder ek voel so tuis nie. Ek skud tot sestig keer ‘n dag blad, en van julle manne kan ‘n hand nogal stéwig vasvat!”

    Die pupil van sy linkeroog is vergroot ná ‘n vinger in ‘n rugbytoets sy retina geskeur het, hy’t skroewe in die een been, ‘n paar messteek-letsels ná ‘n inbraak by sy huis in Hyde Park laasjaar, en sy ore is só in die skrums verfrommel dat hy die een “Die Nier” gedoop het en die ander een “Gedroogte Appelkoos”.

    John Mitchell is die boere-Bruce Willis, word deesdae gesê, die kaalkop Die Hard-kanniedood van die Leeus.

    Sy verhouding met Ellispark het in 1993 begin toe hy in die toets met ons hertoelating tot wêreldrugby gespeel het. “Daai dag was ongelooflik. Sedertdien het Ellispark (nou Coca-Colapark) soortvan my geestelike tuiste geword.”

    In ‘n jaar waarin die sakevennote van die Goue Leeus ‘n uitval gehad het wat die fondamente van Coca Cola-park geskud het, asook gerugte van dreigende bankrotskap, kon Mitchell sy manne bymekaar hou en in ‘n wenspan omskep.

    “Die omgewing was toksies, en die arme spelers het vyf afrigters in vier jaar gehad. Ek moes van hulle ‘n eenheid maak. Te veel ouens het net vir hulself gespeel.”

    Mitchell is geloof vir die nuwe avontuurlus – brul – in die Leeus se spel. “Van ons plaaslike spanne speel met ‘n geykte voorspelbaarheid. Ek wou dit by die Leeus uitroei.”

    Dié breier het ook ‘n paar taktieke gaan afkyk in Sun Tzu se Art of War, een van sy gunstelingboeke. “Ja, ek ooranaliseer rugby so effe,” grinnik hy. Sy loopbaan as bourekenaar het sy analitiese vermoë geslyp, sê hy.

    Laasnaweek, ná die eindfluitjie, het hy en sy drie hulp-afrigters buite die afrigterslosie gaan kringetjie maak vir “sestig spesiale, emosionele sekondes. Wat ‘n awesome toernooi, só anders as Superrugby – kliphard, veeleisend, direk.”

    En hoe lyk sy baardlose kaptein nou vir hom?

    “Hy’s nogal ‘n aantreklike ou! Maar hy lyk so lekker rof en grof met daai baard, dis sy etiket. Ek’s seker hy groei hom al klaar weer.”

    Dis Mitchell wat Josh Strauss as “107-kg Matieseun” raakgesien en gaan red het vir SA rugby ná Strauss op pad was Frankryk toe.

    “Ek’t ‘n baldraer-flank gesoek want ek wou Franco van der Merwe op slot speel. Toe sien ek ‘n paar video’s van Josh… en die res is geskiedenis,” glimlag hy breed. “Hy’t soveel wat vir hom gaan.”

    Dis alombekend dat Mitchell totale lojaliteit van sy spelers vereis. Toe Jano Vermaak vroeër aangekondig het hy gaan Blou Bulle toe, het Mitchell hom dadelik sy tasse laat pak.

    “Daai oomblik was ‘n waterskeiding vir die span,” sê hy. “Ek dink nie die bestuurder het die situasie heeltemal reg hanteer nie, maar my span het die boodskap gekry: eerlikheid is vir my belangrik.”

    In Nieu-Seeland en Australië het hy ‘n reputasie as ysere dissiplineerder en ‘n “moeilike man met ‘n humeur”.

    Soos die keer toe hy bulderend halftyd uit die Western Force se kleedkamer gestorm het met ‘n ‘rig julleself af!’ Die Force het Mitchell uit die kleedkamer gesluit en toe die wedstryd loop wen.

    Hy lag. “Dit het drie, vier keer gebeur dat ek spelers toegesnou het: julle noem julleself ‘n span, maar julle weet nie wat die woord beteken nie!’ Ek het net… wel, sterker taal gebruik!”

    Hy’t sedertdien afgekoel, sê Mitchell, en as mens baie gegroei sedert sy dae as All Black-breier.

    Sports Illustrated reken Mitchell het die kennis, temperament en mensevaardighede om die perfekte Bok-afrigter te word.

    Dis egter nou amptelik, sê Mitchell: hy gaan nié aansoek doen vir die Bok-afrigterskap-pos nie. Hy wil ook nie as hulp-afrigter betrokke raak nie. “Voor my kontrak in 2013 verstryk, het ek eers nog ‘n paar planne met Projek Leeus. Dalk in 2015, as ek ouer en wyser is,” skerts Mitchell, “sal ek nie nee sê as dié groot eer en uitdaging oor my pad kom nie.”

    Dalk is ons rugbybase dan ook meer gereed vir ‘n buitelander in dié top-pos.

    As Mitchell ons volgende Bokafrigter kon kies… “lê dit vir my tussen Allister Coetzee, John Plumtree en Heyneke Meyer.”

    Maar wié? por ons.

    “Heyneke Meyer. Hy sal ‘n uitsonderlike afrigter wees, ‘n sterk leier met sukses agter sy naam.”

     Op die vraag of hý so ‘n ‘bejaarde’ Bokspan Wêreldbeker toe sou vat, is Mitchell die taktvolheid vanself, maar voeg by ‘n breier moet versigtig wees om nie in die slaggat van selfbehoud te val nie, “want dit werk nie uit in ‘n elite sport nie”.

    “Die Bokke het ‘n unieke eienskap: van al die topspanne in wêreldrugby plaas hulle die meeste druk op hul teenstanders. Hulle handhaaf ‘n goeie balans tussen hardloop en skop, maar moet nog leer dat die momentum in ‘n wedstryd kan swaai en jy soms vir 45 minute moet kan verdedig om te wen.”

     En dan sê hy reguit: vierde plek op die wêreldranglys is gewis nié aanvaarbaar vir ‘n land met soveel rugbytalent nie.

    Vandat hy hier bly, word hy heeltyd verras deur die oormaat jong rugbytalent in Suid-Afrika. “Die probleem is dat baie afrigters hul bes probeer met beperkte kennis. Ek wens Sarvu begin ‘n strategiese opleidingsinisiatief vir afrigters om jong spelers ten volle te ontwikkel. Deesdae is ‘n 19-jarige agterspeler op hoogste vlak nie meer jonk nie – dis die ontwikkeling van spelers tussen 16 en 19 jaar wat werklik belangrik is.”

    Mitchell en sy goeie vriend, Haaie-afrigter John Plumtree, ken mekaar al van kaalvoetdae in die dorpie Hawera op Nieu-Seeland se Noordeiland, waar hulle saam grootgeword het. Laasnaweek was daar vir hulle nie net die Curriebeker op die spel nie, maar ook die gedugte ‘Hawera-trofee’ - ‘n afgeleefde bierbeker vol ‘reëls’ wat aljimmers opeindig by yskoue Millers.

    Mitchell se eerste ervaring met die Springbokspan was as hoërskoolseun, toe sy pa, ‘n wol-aankoper, hom spesiaal uit die koshuis gaan ‘boek’ het vir die wedstryd tussen die Bokke en Taranaki in 1981. Hy onthou die “massiewe” manne in groen en verál Flip van der Merwe se enorme wit rugbybroek.

    “Met die derde toets op Eden Park het ek daar reg in die hoek gestaan waar Ray Mordt sy drie drieë gedruk het. Die vliegtuig het ses keer oor die stadion gevlieg om meelbomme af te gooi. Dit was ‘n ellendige, unieke tyd.”

    Ná skool moes hy kies tussen rugby of basketbal. “Dit was heen-en-weer tot op twintig. Maar eendag klim ek toe op my woonstelmaat se bromponie en ry reguit rugbyklub toe… finaal.”

    Hy’t elf jaar in Hamilton as ‘n bourekenaar gewerk voor hy internasionaal begin afrig het by Clive Woodward se Engelse span. “My broer bly steeds in Hamilton, net om die draai van my ouers, terwyl ek die wêreld vol swerf.”

    Sy seun Darryl speel professionele krieket in Nieu-Seeland, met drome om vir die Black Caps te speel, vertel Mitchell. “Hy’t ‘n graad in sportwetenskap, en my dogter Caira maak nou matriek klaar in Perth.”

    Hy en sy vrou is laasjaar uitmekaar, vertel hy met ‘n tikkie hartseer in sy stem. “Ek was die rede, ek was nooit dáár nie. Sy’s steeds ‘n goeie vriendin… Maar mens moet getrou wees aan jouself. Ek leef al lank die lewe van ‘n swerwer, single male, nie in ‘n verhouding nie. Maar iewers in die toekoms verander dit dalk.”

    Mitchell is een van net drie Nieu-Seelanders wat vir die All Blacks gespeel, kaptein én afrigter was. In 2003 is hy summier as afrigter afgedank ná die All Black-nederlaag teen Australië in die Wêreldbeker-halfeindronde – ondanks ‘n suksessyfer van 82%.

    Daar’s ‘n paar rugby-adminstrateurs in Nieu-Seeland wat hom nooit weer as afrigter daar sal wil sien nie, sê hy. “My dae is getel, daar.”

    Terwyl ons by die lughawe uitstap, ná hy wéér voorgekeer word vir ‘n bladskud, vertel hy opgewonde van sy bergfiets-planne dié naweek saam met vriende teen Tafelberg.

    “Wow,” sê John Mitchell, en sy oë soek die Berg. “Ek kom van ‘n piepklein plekkie aan die annerkant van die wêreld, en kyk waar’s ek nou.”

    Jip. Breëbors-eienaar van die oudste rugbytrofee in die wêreld. Daai goue een van sir Donald Currie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hanlie Retief-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.