Jaco Kirsten

Arm en impotent? Probeer dr. Jita!

2011-05-07 17:00

Ek weet nie of ek dit moet blameer op ’n arm kindertyd of op apartheid nie, maar ek put eindelose genot uit informele, amateuragtige reklameboodskappe.

As iemand wat op sy dag in die advertensiewese gewerk het, kan ek nie anders as om ’n amperse fiksasie daarmee te hê nie.

Vat nou maar “oom Lasie se studiemetodes” wat jare gelede weekliks in Huisgenoot geadverteer is. Oom Lasie was immers ’n man wat Hebreeus en Grieks in ’n paar weke onder die knie kon kry. Sukkel jy om iets te verstaan? Is iets “Grieks vir jou”?

Wel, betaal oom Lasie ’n paar rand en jou probleme is iets van die verlede.

Ek het soms gewonder hoeveel dokters, advokate, rekenmeesters en kernfisici van oom Lasie se “metodes” gebruik gemaak het?

Kan iemand my reghelp hier? Dalk is ’n paar oudrektore van Afrikaanse universiteite trotse lede van oom Lasie se alumni, wie weet?

Dan was daar ene Jannie Watsenaam (ook in Huisgenoot) wat jou kwansuis vinnig kon leer klavierspeel. En net om die punt te onderstreep, was daar ’n prentjie van ’n sjimpansee voor ’n klavier. Net vir geval jy twyfel in Jannie se talente as leermeester.

Die nadeel is natuurlik dat indien hy ’n aap kon leer speel, maar jy sukkel, sou jy vir die res van jou lewe geknak wees.

Verlede week ry ek deur Woodstock. Voor my is ’n gehawende, blou Mazda. Ek lei af dis ’n taxi, want hy ry baie stadig.

Het jy ook al agtergekom dat terwyl minibustaxi’s altyd te vinnig ry, metertaxi’s weer te stadig ry? Is dit omdat hulle meters op tyd loop? Probeer hulle brandstof bespaar? Neem hulle die passasiers op ’n begeleide toer met historiese pitkos?

Boonop het minibustaxi’s nooit regtig bemarking op hul agterruit nie. Dis óf ’n Orlando Pirates-sonskerm óf een wat verklaar “When days are dark, friends are few”.

Maar in dié metertaxi het daar in groot wit letters gestaan: “Mr. Rounds is around. Get inside! Come, let’s go! Let’s go!”

Is mnr. Rounds altyd so pro-aktief, so positief? Het hy onlangs ’n werksessie van dr. John Demartini bygwoon? Dale Carnegie, enigeen? Mike Lipkin?

Wat hét geword van Mike?

Wel, hy kan duidelik gaan leer by mnr. Rounds. Ek het naderhand begin bid dat iemand by mnr. Rounds inklim dat hy in hemelsnaam net kon begin “Go! Go!”, want in die besige Wood- stock was hy ’n mobiele padversperring met sy rokerige uitlaatpyp en kruissnelheid van 36,4 km/h.

Verlede week loop ek in Clanwilliam se strate toe ’n man nader staan. Hy deel traktaatjies uit. Die man is knaend. Toe vat ek maar een, knik semi-hoflik en stap vinnig weg. ’n Rukkie later toe ek loer, sien ek dit verklaar: “Dr. Jita. 100% herbal medicine.

“Penis expert. I have your last solution. Try me. Try my new steaming method.”

Gits, daar het dr. Jita skielik al my aandag. Want komaan, jy moet darem ’n hart van klip hê as jy dít nie interessant vind nie.

Ek bedoel, dis nie of ek ’n probleem het nie. Maar ’n man moet mos vooruit dink. Sê nou ek het môre of oormôre teëspoed? Dan weet ek ten minste van dr. Jita en die gemoedsrus wat hy bied.

En dit teen slegs R50 per konsultasie.

Ek lees toe verder: “No pills needed.” Wat ’n verligting. Hierdie chemikalieë en dinge waarmee ons deesdae volgestop word, is baie sleg vir ’n mens. En dan, wat ons in die reklamebedryf sou noem, die call to action: “Just bring your penis to me. I will work on your penis & you will leave with surprise.”

Ja-nee kyk, oor daai een gaan ek nie met dr. Jita stry nie. Hy vervolg dan dat jou “surprise” onder meer sal insluit dat jy kan spog met beter werkverrigting, indrukwekkende groeikrag en die gepaardgaande huppel in die trippel en lood in jou potlood – voordat daar genoem word dat dit ook sal help met “Stop smoking, drinking and drugs”. Sê nou maar jy hou van ’n knertsie? Kan hy sy behandeling só doen dat jy net ophou rook en dwelms vat, of moet jy kies tussen alles of niks?

Verder af op die traktaatjie is ’n ekstra lys aansprake: “Laat jou geliefde net joune wees.” Nouja goed, dis seker nie onredelik nie.

“Herwin verlore geliefde/vriende.” Hmm, ek weet nie van jou nie, maar my watsenaam het niks met sommige vergange vriendskappe uit te waai nie.

“Borsvergroting (3 cup bigger).”

Hoekom sou ek tieties wou hê?

Is dit nie juis die probleem met sommige mans nie? As hulle dalk kleiner borste gehad het, sou die plumbing ook beter gewerk het.

En dan, net wanneer jy dink dit kan nie beter nie, stel hy jou gerus dat, indien jy jou watsenaam vir hom vat sodat hy met sy “steaming method” daaraan kan werk, kan die volgende dinge jou toeval: “Stop hofsake”, “Help getoorde mense”, “Besigheidsbeskerming en werf meer kliënte” (wie’t gesê die wêreldwye resessie hoef langer ’n probleem te wees?) en “Wen Lotto, casino, perdewedrenne en vele meer”.

So, daar het jy dit. Dr. Jita is jou man. Nie net weet jy nou ook wat om te doen nie; jy weet ook wat om saam te vat. Wees net versigtig vir die warm stoom. En, uhm, as dit gewerk het, kan jy my ook laat weet.

Sê nou ek het môre of oormôre teëspoed? Dan weet ek ten minste van dr. Jita en die gemoedsrus wat hy bied.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jaco Kirsten-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.