Jaco Kirsten

Die Italiaanse voorval met die bure se wit Fortuner

2011-03-12 18:43

Hierdie is ’n rubriek oor ’n Italiaanse pierewaaier, ’n klomp verfomfaaide renmotors, ’n Kaapse vrou wie se motor gestamp is en hoe die laventelhaantjie gedwing is om stert tussen die bene terug Italië toe te verkas.

Die skuldige se naam is Andrea de Cesaris.

Petrolkoppe sal hom onthou as die man wat die twyfelagtige onderskeiding behaal het van “die mees onsuksesvolle jaer in die geskiedenis van Formule Een” te wees. Hoe onsuksesvol? Wel, hy’t 214 kere weggespring en nie een keer gewen nie.

Hy was ook berug daarvoor dat hy…wel, teen dinge vasgery het. As dit nie sy eie spanmaats was nie, dan was dit ander jaers wat hom wou verbysteek (as hy al ’n ronde agter was). So berug was De Cesaris dat hy gou “De Crasheris” gedoop is.

’n Sinsnede op Wikipedia lui: “…his tendency to make careless mistakes cost him dearly…”

In sy tweede F1-wedren het hy in die tweede rondte teen ’n heining vasgery.

Tydens sy tyd by McLaren in 1981 was daar gerugte dat sy werktuigkundiges soms geweier het om sy motor te herstel omdat hy dit so baie beskadig het. Ja, hy was soms vinnig. Maar hy was ook onvoorspelbaar, roekeloos en geneig om teen dinge vas te ry.

So ’n maand of twee gelede staan ek voor die garagedeur toe ek ’n wit paneelwa met ’n paar seilplanke op die dak sien verbyblits.

Omdat dit ’n gehuurde bussie was, lei ek af dat dit een van die hordes buitelandse wind- en seilplankryers is wat in die Europese wintermaande hier kom uithang. Hulle bly gewoonlik net lank genoeg om agter te kom dat Suid-Afrika wesenlik ’n wettelose land is.

Net soos Suid-Afrikaners jaag hulle daarom soos die vale hel in woonbuurte rond en behandel stopstrate met minagting.

Gewoonlik vloek ek net binnensmonds oor die jaagduiwels, maar dié een kon ek nie ignoreer nie, want sekondes nadat hy verblyflits, hoor ek ’n slag en die “whie-oe-whie-oe” van ’n motoralarm. Die jaagduiwel het die spieël van ’n wit Fortuner, wat voor die bure se huis geparkeer was, getref en nou skreeu die Toyota se alarm soos ’n maer vark.

Maar anders as wat ’n mens van ’n opgevoede Europeër sou verwag, stop hy net vir ’n paar sekondes, loer in sy truspieëltjie, en jaag weg.

My bloed kook oombliklik en ek spring op my motorfiets en sit hom agterna. Toe hy uiteindelik stilhou, vra ek hom hoekom hy weggejaag het.

“What e-for?”

“Because you hit that car.”

“What a-car?”

“Why does your left mirror look like that then?”

“I don’t a-know…”

Lang storie kort: Ek gee toe die huisnommer en die naam van die maatskappy by wie hy die paneelwa gehuur het vir die eienaar van die Fortun- er.

Haar man spoor De Cesaris se nommer op deur die plaaslike veiligheidsmaatskappy. Die Italianer ontken hy’t enigiets getref. Hy’t glo ’n getuie wat dit kan staaf. Die man bel my en ek sê nee, str*nt, hy was alleen in die paneelwa, ek was daar. En hy hét die Fortuner getref. “O ja,” sê die eggenoot, “sy naam is Andrea de Cesaris, die eks-F1-jaer.”

Ek begin giggel.

“De Crasheris? Jy maak ’n grap. Geen wonder!”

Die polisie wil nie betrokke raak nie, “want niemand het seergekry nie”. “Meneer moet maar ’n siviele saak maak,” raai hulle hom aan. Ja, right, met ’n buitelander wat hier is op ’n seilplankvakansie. Dankie in elk geval, jul nuttelose spul belastingverbruikers.

Maar die eggenoot van die ongelukkige vrou met die wit Fortuner het vriende. Vriende vir wie hy De Cesaris se selnommer gee. Kort voor lank bel ’n paar manne hom en verduidelik vir hom dat wat hy gedoen het, nie mooi is nie. Een of twee ander was minder hoflik. Sekere ondernemings is gemaak. Ondernemings wat die pierewaaier bang gemaak het.

Twee dae later bel ’n beangste pierewaaier die man. “I cannot a-take it anymore! They phone me all the time!” Wel, beduie die eggenoot, wees nou ’n soet seun en gaan na die polisie toe. Erken jou fout, lê ’n verklaring af en dan kan ons die wiel aan die rol kry om van jou versekering te eis.

“But you promise you will make them stop!”

“Yes, of course.”

Die eggenoot bel my ’n dag later. De Cesaris het hom gebel. Hy’s histeries. Hy’s bang en is besig om sy tasse te pak. Hy gaan terugvlieg Italië toe.

Sommer nóú. Hy kan die spanning nie meer verdra nie.

Ek gaan kyk. Ja, wragtie, hy’s weg. Landuit, neem ek aan. Mooi so. Aan die SAPD: Dankie vir niks. Aan almal wat deel was van die burgerlike inisiatief om hierdie selfgesentreerde en roekelose pierewaaier sy tasse te laat pak: Welgedaan!

En onthou, as jy ooit in die Kaap ’n wit paneelwa in jou truspieël gewaar wat deur ’n blonde krullebol beman word wat soos ’n maniak jaag, gee eerder pad. Want die man is ’n legende.

Om al die verkeerde redes.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jaco Kirsten-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.