Jaco Kirsten

Die vet weet, só kan dit nie aangaan nie

2011-02-26 17:15

Ek het die afgelope naweek saam met ’n paar manne ’n tydjie in die Namib suid van Walvisbaai deurgebring. Daar is met 4x4’s in die duine gespeel, gekuier, geëet en ons was sommer net laf.

Daar het ek weer ’n paar dinge besef. Een van die waarnemings is dat baie manne soos ’n muntstuk is. Hulle het twee kante: een by die huis en die ander een as hy ’n bietjie “wegbreek”.

Dit laat my eintlik dink aan Tolla wat vertel het hy “wil nie weet hoe dit is om ongelukkig getroud te wees nie, want hy is gelukkig getroud en dis al klaar erg…’’

Dit verklaar natuurlik ook hoekom ouens gholf speel. Anderdag vertel ’n ou hy het sy vrou vroeg-vroeg al oortuig ’n potjie gholf kan maklik vir agt uur aanhou – en dat ’n man selfs snags onder die spreiligte kan aanhou as jy nog moet klaarmaak. Gelukkig laat my vrou my toe om by die huis te drink.

Daar is ook iets anders wat my opnuut getref het, en dis dat baie van my portuur oorgewig is. Nee, maak dit eerder donners dík.

Kyk, ek gaan eerlik wees en erken dat ek voor my hartaanval – dit was vandeesweek ses maande gelede – nou nie juis die toonbeeld van fisieke gesondheid was nie. Ek het byvoorbeeld nooit snags rondgerol in afwagting dat Men’s Health my sou bel en vra om kaal bolyf vir die voorblad te poseer nie. Die T-hemde het ál losser geraak en ’n paar guns­te­ling­broeke is versigtig weggepak.

Die hart-episode het my my alie af laat skrik. En dit het ’n paar érnstige leefstylaanpassings tot gevolg gehad. Aanpassings wat beteken dat ek gesond eet en getrou oefen. Wat op hul beurt weer beteken dat ek tans in ’n beter shape is as enige tyd die vorige, kom ons sê, ses of sewe jaar.

Dit het ook niks uit te waai met windgatgeit nie. Want glo my, as ek ’n keuse gehad het, sou ek nooit in die hospitaal beland en uiteindelik twee stents in my hart gekry het nie.

Noem dit eerder verligting, amper soos wanneer jou motor amper buite beheer oor ’n afgrond stort en jy gelukkig genoeg is om agterna te kan uitklim en te sug: “Goeie bliksem, dit was amper!’’

Dit het my die geleentheid gegee om – as iemand wat weet hoe dit aan albei kante van die heining is – te sien hoe ons Afrikanermans ons as’t ware dóódeet.

Ek verstom my ál meer aan ons kultuur van “lekker eet” of begrippe soos “’n goeie bord kos”. Want die eindresultaat is ’n hele paar manne bo 35 wat ooglopend vetsugtig is. En maak nie saak hoe ons mekaar op die skouer klop ná ’n paar brandewyn-en-Cokes in two-tone-kakiehemde nie, dis allesbehalwe snaaks om op 40 so dik te wees dat jy nie meer behoorlik kan loop nie.

Nie weens “klierprobleme’’ (jy hoor nooit van mense in konsentrasiekampe wat met “klierprobleme’’ sukkel nie, nè?) of ’n “stadige metabolisme’’ nie. Maar weens oorvreet. En dis veral op die platteland dat die manne eet asof hulle op kraal staan en kondisie optel om te gaan skou.

Maar dit was nie altyd só nie. My eie oupa en oupagrootjie het ook met skape geboer, en hulle was skraal manne. Dis ’n nuwe ding, hierdie dik “boerseuns’’ wat begin algemeen raak het min of meer dieselfde tyd as wat hulle na doef-doefmusiek in die bakkies begin luister het.

Die enigste afleiding wat ’n mens kan maak, is dat hulle nie meer aktief genoeg is nie. Of dalk is dit die garra-musiek? Wat ons wel weet, is dat om in jou bakkie rond te ry nie as oefening tel nie.

In die jaar 590 n.C. het Gregorius I vorendag gekom met die sewe doodsondes: wellus, vraatsug, gierigheid, luiheid, wraaksug, afguns en trots.

Nie dat ek as agnostikus te veel waarde daaraan heg nie. Maar jy sal sukkel om buitestanders te oortuig dat baie van ons manne bo 35 nie aan vraatsug en luiheid ly nie. Met ander woorde, die feit dat ’n mens Saterdae ’n Blou Bul-/Stormer-/Cheetah-/Shark-/Lion-trui dra, beteken nie dat jy ook ’n fikse, sterke derduiwel soos jou rugbyhelde is nie.

Inteendeel. Die hartseer ironie is dat baie van ons nie eens om die blok kan draf nie. Dat jy skaam is om in ’n nugter toestand jou hemp in die openbaar voor ’n klomp jong meisies uit te trek en dat jy nie eens 20 goeie push-ups kan doen nie. En tog word daar gepraat van hoe “ons’’ die wedstryd gewen het en dat “hulle’’ niks werd is nie. Met ’n dop in ’n pofferige handjie en vet om die mondhoeke.

Uiteindelik besef ’n mens baie van ons koester nog net in ons koppe hierdie romantiese idee van Afrikanerkultuur met sterk, fiks en (laat ons nou maar eerlik wees) viriele manne. Die hartseerwerklikheid is dat ons verander het in ’n hygende, oorgewig en ongesonde spul vrate.

Die vet weet, só kan dit nie aangaan nie.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jaco Kirsten-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Wanted: dynamic, vibrant, driven sales consultants

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Stock Controller, Information Technology

Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
Market Related

Litigation Typist

Pretoria, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R7000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.