Jaco Kirsten

Was dié nommer 9 net aks vinniger...

2011-06-18 17:10

Al ooit gehoor van kognitiewe dissonansie? Wel, jy’t al definitief daarmee te doen gekry. Ek is, om die waarheid te sê, verlede naweek daardeur gekonfronteer. Kortweg behels dit dat jy gekonfronteer word deur twee botsende idees of verskynsels – en dan rasionaliseer of regverdig jy dit in jou kop.

Só glo ek mos die Stormers is ’n goeie rugbyspan (Bulls-ondersteuners, lees gerus verder, want julle gaan dié een baie geniet). Maar hulle het ’n skrumskakel genaamd KFC Vetkoek Januarie. Ek skat hom goed genoeg vir ’n middelmatige Bolandse klubspan. Hy’s oorgewig, stadig, onfiks en lewer ’n skokkende swak diens agter die skrum.

Sien wat ek bedoel? Met ander woorde, my oortuiging dat die Storm- ers ’n goeie span is, is in spanning of konflik met die werklikheid dat KFC Vetkoek gereeld gekies word om daai trui oor sy kop te trek.

Nou, volgens die sielkundiges bedink ’n mens dan ’n plan: Ek maak myself dus wys dat die Stormers se breintrust eintlik “ ’n groter prentjie’’ sien as die een waardeur ek Saterdae op die kassie gekonfronteer word – een van ’n dik, stadige skrumskakel met bottervingers en ’n two-step-aangee so swak en stadig dat Wynand Olivier eers kan hare kam in die tyd wat dit die bal vat om by die losskakel uit te kom. En siedaar, ek glo steeds die Stormers is ’n goeie span.
Trouens, hulle is só goed dat hulle ’n nar soos KFC Vetkoek kan kies.

Amper net so bisar was toe Dorothy Martin, ’n Amerikaanse huisvrou, in die 1950’s ’n groep mense wysgemaak het dat die einde van die wêreld op hande is. Sy’t blykbaar “boodskappe ontvang’’ van ’n planeet genaamd Clarion. Ons weet vandag heelwat oor dié episode omdat ’n sielkudige genaamd Leon Festinger en sy span Dorothy se groep geïnfiltreer het om uit te vind hoe mense se kop in sulke omstandighede werk.

Die boodskap was duidelik: Die aarde sou op 20 Desember 1954 teen middernag in ’n reuse-vloed vergaan.

Maar hoe het haar speelgroepie reageer? Verstaanbaar genoeg was hulle teen middernag nogal ’n gespanne spulletjie.

Want hulle het gewag vir ’n ruimteman om hulle te kom oppik en per vlieënde piering weg te raap en te red van die ellende.

En toe, voorspelbaar genoeg, baar die berg ’n vlooi.

Me. Martin het haar nie so maklik van stryk laat bring nie, want sy ontvang toe teen 04:45 ’n “boodskap’’ dat “die aarde gered is en God nie meer die planeet gaan vernietig nie’’.

Hoekom nie? Want blykbaar het dié groepie “soveel lig uitgestraal dat God die aarde gespaar het’’.

Kom weer? Oorsaak, gevolg, hoesenaam?

En so was die groepie se lede tevrede en ingenome met hul optrede.

Want hulle het die planeet gered.

In Delmas is daar ’n Joodse kleinsakeman genaamd Michael Saul (verhoognaam Michael Saltino), wat oortuig is hy kan sing. Om die waarheid te sê, hy’t al sy tweede CD gemaak.

Om te hoor hoe onbeskryflik swak hy sing, kan jy “Michael Saltino” op www.youtube.com gaan intik. Kliek dan op “Michael Saltino. Another level of zef”. Kry vir jou ’n lang bier en ’n pakkie peanuts, want jy gaan huil soos jy lag. Of, come to think of it, sommer net huil.

Maar die ding is dat Michael oortuig is hy is talentvol. Hy vertel verontwaardig sy vrou het hom gelos nadat sy onder meer vir hom gesê het: “You can’t f****ng sing!”

Gee die vrou ’n medalje.

Hy sing vals, sy liedjies is twak en, wel, dis die goeie deel. Ek skat hy’t seker al tien CD’s verkoop. Maar hy slaag daarin om homself te oortuig dat sy groot deurbraak om die draai is. Daar is, om dit diplomaties te stel, ’n redelike dissonansie tussen die werklikheid en sý werklikheid. My voorstel vir hom is ’n opname-ateljee met rubbermure, ’n duursame baadjie met moue wat agter die rug vasgemaak word en ’n sponsmikrofoon sodat hy alles uit sy gestel kan kry.

Want as jy lank en diep genoeg in sy kop gaan grawe, gaan jy op snaakse goed afkom.

Maar kognitiewe dissonansie verklaar hoekom ons die verkeerde dinge regverdig. Hoe gemaak as jy oortuig is jy’s verkeerd, maar jy is nie? Soos ’n wynboer-vriend van my in die Robertson-distrik wat my vertel het hoe sy werkers onder mekaar getwis het omdat dié een gereeld daai een se snoeiskêr gevat het.

Toe besluit hy om met ’n stel metaalponse nommers op die snoeiskêre te slaan dat daar nie twyfel is oor wie se snoeiskêr aan wie behoort nie. Hy gaan leen toe ’n stel metaalponse by sy buurman en belowe plegtig om hulle op te pas en ongeskonde terug te gee. Maar toe hy klaar is met die joppie kom hy agter daar is groot fout. Want die stel ponse was een kort. Almal was daar, van 0 tot 8. En verder niks meer nie. Hy was omtrent in ’n toestand. Wat sou hy vir sy buurman sê? En waar sou die vermiste pons dan wees?

Totdat hy besef het hoe die no.6- pons lyk as jy hom omdraai – amper nés daai ding agterop KFC Vetkoek se rug.

Want die pons is ’n aks ratser.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jaco Kirsten-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.