Jacob Rooi

ANC is bruin mense ’n antwoord skuldig

2011-02-26 17:15

Verlede Sondag se berigte dat ’n miljoen ekonomies aktiewe bruin werkers in die Wes-Kaap weens wysigings aan die arbeidswet hul werk kan verloor, het baie ANC-lede in die Wes-Kaap waarskynlik siedend, veral partywerwers en diegene wat in munisipale wyke wil staan.

Die onthulling daarvan so kort voor die munisipale verkiesing kan – ongeag die skadebeheer wat nou kan volg – die ANC duur te staan kom in ’n provinsie waar hulle sukkel om vordering te maak.

Van die gematigdes in die ANC sal waarskynlik nou die vinger wys na mnr. Jimmy Manyi, die regering se hoofwoordvoerder. Seker tereg.

Die vermoede is sterk hy en sy meer militante trawante sit agter die gewraakte wetswysigings, want dit is glo opgestel in sy dae as DG van arbeid.

Ek glo Manyi het ’n groot rol hierin gespeel omdat hy dieselfde uitlating oor die demografie twee jaar gelede teenoor my gemaak het op ’n konferensie van die Black Management Forum.

Maar, en dit is vreemd, die konsepwetgewing is só deur die kabinet goedgekeur en word dus met erns bejeën.

Manyi se vroeëre uitlatings dat bruin mense hul heil buite die Wes-Kaap moet gaan soek, laat ’n mens oor hom wonder.

In ’n onderhoud in Maart 2010 op Robinson regstreeks op kykNET het hy gesê hy meen dit is belangrik vir bruin mense om te verstaan dat Suid-Afrika in die geheel aan hulle behoort, nie net die Wes-Kaap nie.

“Die oorkonsentrasie van bruin mense in die Wes-Kaap werk nie vir hulle nie. Hulle sal in die res van die land moet versprei. Hulle moet die oorkonsentrasie stop en kyk waar hulle in die vraag kan voorsien…”

Aan Manyi kan ’n mens net sê: Get real! Wil julle opnuut met gedwonge verskuiwings begin?

En hoe wyd is dié siening in die ANC? En wie’s volgende, KwaZulu-Natal se Zoeloes?

Gelukkig het prof. Pierre de Vos, Grondwet-ghoeroe, darem intussen ’n bietjie nugterheid gebring nadat Solidariteit en Cosatu in die Wes-Kaap se syfers van een miljoen werkloses soveel opslae gemaak het.

Hy wys daarop dat die Wet op Gelyke Indiensneming nie van werkgewers vereis om werknemers af te dank om ander aan te stel nie.

Werkgewers moet, benewens die demografie, ook die beskikbaarheid van gekwalifiseerdes uit aangewese groepe in ag neem.

Boonop is daar 54% bruines in die Wes-Kaap, van wie die meeste Afrikaans is, en sowat 25% is swart inwoners.

As bruines moet padgee, is die veronderstelling seker, volgens Manyi, dat derduisende swart mense na die provinsie ontplooi word. En waarheen moet die bruines gaan?

Dit is mos om rassespanning te verhoog en net nog ’n onnodige struikelblok vir die land. Nee wat, dis ’n doodgebore idee.

Maar wanneer ’n mens sulke voorstelle hoor, wonder jy of ons regerende party die plot verloor het.

Jy wonder oor die beloftes van ’n verenigde, demokratiese Suid-Afrika, een waarin alle nasionale groepe gelyke regte sal hê – volgens die Vryheidsmanifes.

Al vergader bruin leiers soos verneem word Dinsdag met die Wes-Kaapse ANC oor dié omstrede kwessie, het die ANC intussen seker nog ’n hele paar volgelinge verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.