Jacob Rooi

Bruines stem téén ANC, nie vír DA

2012-02-18 14:59

Die meerderheid bruin kiesers van die Wes-Kaap stem nie vir die DA nie, hulle stem eerder téén die ANC in die afwesigheid van ’n beter alternatief. So word die afgelope week aan my gesê.

Dis dalk waar. Baie kiesers op plaaslike regeringsvlak, egter, beloon die DA vir die goeie werk. Tog sal hy meer moet doen om sy bruin magsbasis te verstewig.

Bruin kiesers, waarvan die oorgrote meerderheid in die Wes-Kaap woon, vlug al sedert 1994 vir die ANC, onder meer weens die Swart Gevaar-taktiek van daardie tyd.

Sedertdien is dit die swak regering, korrupsie, nepotisme en allerhande skete in die ANC wat hulle nie lus maak vir die party nie.

Verlede jaar, ná die plaaslike regeringsverkiesings, moes ons regerende party wéér met ’n skok besef hy word toenemend deur die minderhede, en veral ook bruin kiesers, verwerp.

Die redes hiervoor?

Jy kry toenemend mense wat sê dis omdat die ANC bruin mense slegter behandel as die apartheidsbewind. Dat sy nie-rassige beleid net op papier bestaan.
Die ANC se swak kommunikasie met die bruin gemeenskap speel wel ’n rol.

En daar’s ’n kultuurgaping. Op vergaderings – wat dikwels op Sondae geskied, die kerk- en rusdag vir bruines – sing die ANC’s meestal Xhosa- en Zoeloe-liedere.

In die Weskus blameer mense die ANC oor hul kreefkwotas wat weggeneem is. Dié wat het, sê kwotas is glo nou vyf keer minder as voorheen.

Voorts kla sommige oor die verengelsing van feitlik alle naskoolse opvoedkundige instellings, wat tot nadeel is van veral plattelandse voornemende studente.

Dan praat ek nie eens van die Malemas en die Manyi’s nie.

Regstellende aksie word ook misbruik.

Rapport het byvoorbeeld verlede week berig oor die enorme probleme van beamptes van korrektiewe dienste in die Wes-Kaap en van die DKD se plan om byna 80% van die werknemers swart te kry, dus volgens die nasionale norm. Hierdie is ’n probleem wat die afgelope ses jaar sloer. Raai net watter DKD-beampte se gesin gaan ANC stem?

Die bruin matrieks oorweeg glo nie eens meer die DKD as werkplek nie.

Verder word bruin kandidate se aanstelling of bevordering gedwarsboom terwyl vele swart ingevoerde kandidate met matriek ná drie jaar ervaring kapteins word. Dis nou dié amptenare wat verantwoordelik is vir die rehabilitering van die gevangenes, van wie die meeste in die Wes-Kaap bruin en Afrikaans is...

En dis waar ek by die DA wil uitkom.

Ná verlede week se berig hieroor sou mens verwag die DA se skaduminister oor korrektiewe dienste, mnr. James Selfe, sou darem ’n verklaring hieroor uitreik, soos politieke partye dikwels doen nadat hulle die Sondagkoerante bestudeer het.

Maar oor dié kwessie was daar nog g’n enkele sprak of sprook van die agbare Selfe of die DA nie. Ook nie toe verskeie bruin leiers verlede jaar met mnr. Marius Fransman, Wes-Kaapse ANC-leier, hieroor gaan praat het nie.

Jy sou verwag dat hier ’n geleentheid was, eintlik vir albei partye, om die meerderheid in die Wes-Kaap te wys hulle dra hul belange op die hart.

Dit laat mens dink.

Is die DA so besig om na swart steun te soek dat hy nie sy vingers wil vuil maak nie?

Vir my lyk dit bruin kiesers bevind hulle wel tussen hamer en aambeeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.