Jacob Rooi

DA is politieke party van die jaar

2010-12-25 23:00

As mens joernaliste/skrywers vra watter politieke party die afgelope jaar sy staal gewys het, die kieser en belastingbetaler eerste gestel het en groter steun by die stembus verdien, behoort die meeste van hulle ’n redelik eerlike eenstemmige antwoord te bied.

Die artikel op die blad hiernaas gee dalk ’n aanduiding van watter party dit kan wees.

Dit wil voorkom of die kleiner partye soos die UDM en die ACDP steeds min hond haaraf maak en feitlik geen invloed vanjaar op landsake en -bestuur uitgeoefen het nie.

Die VF+ maak hier en daar sy stem dik en sy optrede is daarop gemik om sy kern-kiesers tevrede te hou. Dit doen hulle redelik goed, veral die kommunikasie met die media is van die beste en die party is dikwels die eerste wat op die jongste nuus reageer.

Oor Cope, die sogenaamde Dawid wat namens ons die ANC-Goliat moes pak, wil mens liewer swyg. Gewis die skande van die jaar – en nog ’n bewys hoe faksietwiste dikwels groter doelwitte kelder.

Mens raak ook moeg vir die ANC met sy voortdurende alliansietwiste en binnegevegte, wat kort voor verkiesings gaan lê en eers ná die tel van die stemme weer kop uitsteek.

Dié party herinner mens aan die bruidegom met volop mooi praatjies en leë beloftes voor die kansel en later die ontroue eggenoot wat sukkel om sy troubeloftes na te kom – en sy kinders in toom te hou.

Die één maand waarin die wêreld se oë pal op ons land gerig was, was die beste maand van die jaar. Dit het opnuut beklemtoon watter nasiebouer sport kan wees.

Toe die sokkertoernooi eindig, verdwyn welwillendheid soos mis voor die son. Te blameer was die ANC met sy drakoniese mediamuilband-planne.

Pres. Jacob Zuma het hier en daar – veral toe hy die wilde mnr. Julius Malema by die ANC se beraad in Durban vasgevat het, die gevoel gelaat ons leier kom in beheer. Sedertdien het baie hom as ’n afwesige president ervaar.

Die party van die jaar?

Die feite spreek vanself.

 “Munisipale dienste beste in Wes-Kaap” is die opskrif van ’n onlangse berig in Die Burger. Dit is die wêreld waar die DA regeer.

Mnr. Zwele Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, sê onlangs dat baie van die werk wat die DA doen, eintlik deur die ANC-manifes voorgeskryf word. Kort voor dié eerlike uitlating het mnr. Richard Baloyi, minister van die staatsdiens en administrasie, die DA se goeie bestuur en “politieke wil” geloof. Dit was oor die nakoming van tenderprosedures, korrekte kontrakte en geldbesteding.

Wat ’n getuigskrif aan ’n opposisieparty!

Voorts kon me. Helen Zille, DA-leier, Malema al dikwels oor lasterlike uitlatings gedagvaar het, maar sy het nie. Dit teenoor die ANC-leier wat pal in die hof is om die media te vervolg.

En met die samesmelting van die OD met die DA, het laasgenoemde vanjaar groter groei getoon. Die DA het ook in talle tussenverkiesings sy steun uitgebrei en Zille slaag goed daarin om dissipline in haar party te behou.

Die DA kon met die toilet-sage in Khayelitsha waarskynlik ’n meer konstruktiewe benadering gevolg het, want die afbreek van die toilette het op TV nie goed oorgekom nie.

Desondanks is die Demokratiese Alliansie myns insiens dié party van 2010.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.