Jacob Rooi

Die ander kant: Is die doodstraf nie-amptelik terug?

2009-11-14 15:46

Dis maklik om te praat. Talk is cheap.

So was dit in Maart verlede jaar maklik vir mnr. Fikile Mbalula, toe ANC-jeugligaleier, om sy afkeer van die doodstraf uit te spreek. “Ons (die jeugliga) steun nie die herinstelling van die doodstraf nie, want dit is onmenslik en ondermyn die reg op lewe.”

’n Mens sou toe kon aanvaar hy gee om vir die wreedste misdadigers, en dat hy hulle die lewe gun. Hy sou hulle nie wou sien hang nie, selfs nie nadat hulle deur ’n hofproses gegaan en skuldig bevind is nie.

’n Ander Mbalula het Donderdag, in sy nuwe hoedanigheid as adjunkminister van polisie, voor die parlementêre persgalery gepraat. “Ons hou by ons uitspraak: Skiet die wetters!” is hy deur koerante aangehaal.

Mbalula meen ook dis aanvaarbaar en “onvermydelik” as onskuldige mense in skietgevegte tussen die polisie en misdadigers hul lewens verloor.

Nee, mnr. Mbalula, ons aanvaar dit nie! Nie vir een oomblik nie. Van die swak opgeleide polisielede word nog meer dalk deur dié uitspraak skietlustig en roekeloos.

Maar, laat ek nie hier bewys skryf is ook goedkoop nie.

Die feit dat Mbalula juis in sy jeugliga-dae so sterk gevoel het oor misdadigers se reg op lewe en nou klaarblyklik van deuntjie verander het, is seker ’n aanduiding dat die ANC uiteindelik besef hoe koelbloedig die misdadigers is wat onskuldige burgers teister.

Lesers sal onthou so twee jaar gelede het die polisie transitorowers naby die Carousel, noord van Pretoria, doodgeskiet. Al 11 van hulle.

Dit was asof die land ’n diep sug van verligting gegee het. Geen politikus, geen menseregteaktivis, niemand, het iets te sê gehad nie. Dit was nog voor die onlangse “skiet om dood te maak”-uitsprake van die Zuma-bewind.

Onlangs, op 14 September, is ses swaar gewapende transitorowers noordoos van Pretoria doodgeskiet en verlede maand is vier vermeende rowers tydens ’n transitoroof-poging in Kuilsrivier afgemaai.

Die rowers skiet terug – en die polisie móét hul eie lewens beskerm, maar my vraag is: Hierdie “teregstellings” – is dit nie eintlik maar die selektiewe toediening van die doodstraf nie?

Dit blyk of dié onmiddellike en finale straf al hoe meer aanvaarbaar raak.

Maar onskuldiges sterf ook. En een van die redes vir die verwerping van die doodstraf is die feit dat daar later ontdek is onskuldiges is galg toe gestuur.

Iets klop nie.

As mense so maklik in polisieoptredes sterf – hoe sal ons weet of die polisie se lewe werklik bedreig is – moet die die doodstraf nie terugkom nie? Die vraag is wat dan van die ander wrede moordenaars en verkragters wat ingevolge art. 11 van die Grondwet hul “reg op lewe” behou?

Sou Mbalula nog voel die doodstraf is “onmenslik” en “ondermyn die reg op lewe”?

Art. 11 moet dalk ’n amendement 11.1 kry wat lui: “Enigiemand verbeur dié reg op lewe as hy/sy iemand anders doelbewus die reg op lewe ontneem?…”

Nou ja, dalk ís skryf net so goedkoop soos praat.

 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.