Jacob Rooi

Die pionne in Malema se skaakspel

2011-10-29 15:31

Mens kan jou indink dat die opruiende boodskappe van Julius Malema oor armoede en werkloosheid in die land se agtergeblewe gebiede op vrugbare teelaarde sal val.

Was ek een van dié jong mense, ongeskoold en werkloos, maar mismoedig en sonder uitsig, het ek dalk in dié messias en in sy nasionalisering-idees geglo.

Die boodskap is maklik. Jy buit die ontevredenheid en griewe uit en mense gaan jou volg.

Die waarheid is egter dat dit geen snars aan hul toekoms gaan verander nie.

Dis ironies dat Malema Donderdag oudpres. Nelson Mandela se gesig op sy geel T-hemp gehad het. Hy sou die land se volgende geliefde Mandela kon wees as hy oor ’n greintjie karakter en insig van die oudpresident beskik het. Hy het dit nie.

Mandela sou waarskynlik so ’n optog verwerp het in ’n tyd dat die land se matriekleerlinge op hul belangrikste skool-eksamen konsentreer, want die oudpresident het onderwys hoog geag.

“Education is the most powerful weapon which you can use to change the world,” is een van sy wyse sêgoed.

Hy sou die talle jeugdiges in skoolklere by Malema se optog veroordeel het.

Andersins sou sy boodskap wees dat hulle hulle sover moontlik op skool moet bekwaam, vaardighede verkry en toegewyd wees as hulle werk kry. En dat hulle geduldig moet wees as goeie dinge vir hulle te stadig gebeur.

Ek wag nog dat Malema so iets aan die land se jeug moet sê.

Van die jeugdiges wat dus Donderdag en Vrydag lang kilometers tydens die “optog vir ekonomiese vryheid” afgelê het, sou gister wakker geword het met die wete hul ­lewe gaan nie gou verander nie. En die frustrasie kan net groei.

Uiteindelik is hulle net pionne in Malema se skaakspel. Sy uiteindelike slagveld is Mangaung, waar die ANC-leiers volgende jaar gaan baklei oor wie watter pos kry. Sy teiken is pres. Jacob Zuma. Malema probeer so na aan die land se magshefbome bly, want dit sal sy invloed verbreed, hom mag gee oor die moontlike tender-goudpotte en om uiteindelik sy eie sakke te vul.

Hy word nie deur mensliewendheid en die lot van armes gedryf nie.

Niemand met ’n passie vir die armes laat sloop ’n huis van R3,6 miljoen om ’n luukser een van R16 miljoen te laat bou nie.

Dis obseen verby in ’n land waar sommige skaars geld het vir ’n daaglikse brood.

Donderdag het die ANC se tugkomitee egter die kans om hom te keer. Die slotbetoë in sy tugsaak word dié dag aangehoor.

As hy uit die party geskors word, kan dit sommige in die ANC egter duur kos. Van die ontleders redeneer dit kan die katalisator wees wat die ontevredenes binne die party uit hul dop kan laat kruip. In so ’n scenario sal Malema, wat in staat is om steun met geld te koop, glo alles inspan om die ontevredenheid oral aan te vuur.

Hoe dit ook al sy, die ANC sal die een of ander tyd die sweep móét klap, en Zuma het reeds iets hiervan gewys toe hy Maandag twee ministers in die pad gesteek het.

Nie net is Malema ter sprake nie, maar ook die ander korruptes wat die staatskas beroof van geld wat aan die verbetering van die armes se lewens bestee kon word.

Hierdie behoeftiges sal waarskynlik geduldiger wees as hulle weet ons het ’n stabiele regering wat hard werk om die beloofde beter lewe te skep.

Anders gaan hulle kortpaaie kies en onverantwoordelike demagoë glo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.