Jacob Rooi

Div het kleur uit sport gelei

2011-10-15 13:19

O, die pyngedagte, dit brand soos ’n pyl in my. Ons ­rugbydroom is nou verby…

Op Facebook het iemand sy pyn oor die Bokke se nederlaag teen Australië met hierdie lawwerige verwerking van Totius se gedig verwoord.

Vanoggend, ná die Wallabies en die All Blacks klaar gespeel het, sal ons waarskynlik weer die seer van verlede Sondag voel. Ons sal bly glo ons sou die wenner van vandag se stryd kon klop om teen Frankryk in die eindstryd te speel.

Dié droom lê aan skerwe.

Al wat oorbly, is om die juweeltjies tussen die verbrande hout te soek en daarin troos te vind.

Een hiervan is die mens Peter de Villiers, die man wat aanvanklik as die “regstellende afrigter” beskou is, en wat baie eerder vir sy snor, kwinkslae en pittighede onthou sal word.

Juis omdat hy beskou is as ’n transformasie-aanstelling, het hy in moeilike omstandighede begin en is sy sukses in tye van voorspoed aan Jake White se nalatenskap toegeskryf.

De Villiers het ook die politici soms kwaad gehad. Soos toe hy oor die Blou Bul Bees Roux gesê het hy “veroordeel (hom vir) die daad (die doodslaan van ’n metropolisielid)”, maar steun Roux ten volle.

Ongeag sy foute kry hy in my boeke ’n groot regmerk as ’n waardige eerste nie-wit afrigter van die land se nasionale rugbyspan. Sy span kon netsowel vandag nog in die resies gewees het vir die Groot Kroon.

Op sy kerfstok is daar ’n Drienasies-oorwinning in 2009, ’n reeks-oorwinning oor die Leeus, en hy was die eerste Bok-afrigter wat die All Blacks in Dunedin kon klop.

Bartel Pieterse skryf op die brieweblad vandag De Villiers het op die regte tyd op die verhoog verskyn om die giftige angel van kleur en rassespanning uit te roei. Dis waar.

Met hierdie toernooi – eintlik in sy hele termyn – was daar weinig twispunte oor wie wit en wie swart is in die Springbok-span.

Selfs verlede naweek toe Beast Mtawarira weggelaat is, het niemand iets daaroor te sê gehad nie.

Die grootste debatspunt was eerder oor watter speler – albei wit – op haker moes begin.

Diversiteit van sportspanne sal in ons land altyd belangrik bly. Sommige mense wou byvoorbeeld meer van Gio Aplon en Juan de Jongh gesien het. Albei is egter jonk en gaan nog baie kanse kry.

Maar dalk het die debat oor verteenwoordiging op nasionale vlak al aanbeweeg en stem almal nou saam dit is iets wat eerder op die vlak van die Super14, Curriebeker en laer vlakke, selfs al op skoolvlak, genoeg aandag moet kry. En dat die beste span, ongeag kleursamestelling, vir die land diens behoort te doen.

De Villiers behoort dus hiervoor nog ’n regmerkie te kry. Hy was van die begin uitgesproke oor sy beleid om nie af te wyk van meriete as enigste maatstaf nie. Hy het geweier om te glo dat, ongeag die getal swart spelers, die land nie trots is op die span nie. En dit is so.

Al het ons Wêreldbeker-drome misluk, is ons steeds trots op die wyse waarop die Bokke gespeel het, asook op die dissipline in die span.

Nog ’n riem onder die hart was die regering se steun. Nie ’n enkele politikus het dié keer negatiewe opmerkings oor die samestelling van die Bok-groep en -span gemaak nie.

Gee erkenning: Dit was juis die minister van sport wat die harte warm laat klop het met sy vurige uitlatings en steun. Boonop sê mnr. Fikile Mbalula volgens berigte die regering gaan nie weer voorskriftelik wees oor ’n Bok-afrigter nie. Dis mos vordering, en dis ook ’n erkenning dat talle bekwame wit en swart afrigters op dié vlak op gelyke voet met mekaar kan meeding.

Nog iets positief vir die land was die steun van Jan Alleman. Net soos wit en swart verlede jaar Bafana Bafana tydens sokker se Wêreldbeker-toernooi gesteun het, was Suid-Afrikaners van alle soorte in hul groen truie aan die Bokke se kant.

Ek dink my waarneming is korrek dat sport sedert 1995 toenemend bydra tot nasiebou, en dat die land verder daarin behoort te belê.

Dis verblydend dat veral rugby en sokker hierdie gom is, want te dikwels gee ons politiek ’n stank af wat mense eerder uitmekaar laat spat.

Vir hul bydrae tot nasiebou is dit dus gepas om De Villiers en sy Bokke te bedank vir hul spel in die massateater waar ons tydelik van ander bestaanskwellinge kon vergeet.

Ons verwerk die pyn en probeer weer ’n volgende keer.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.