Jacob Rooi

Hoop, dís wat ons kinders makeer

2011-06-11 18:51

Ek en ’n kollega praat soms oor ons land se behoeftes en die gesprek draai dikwels by die onderwys; of daar ’n manier is om terug te ploeg.

Ons hoop dan dat vandag se jeug ook onderwysers het met die eienskappe wat ons s’n gehad het.

Hulle was nie almal goed gekwalifiseerdes nie. Maar hulle, of die meeste van hulle, het omgegee. Soos die st.4-plaasskoolonderwyser wat ek later weer op hoërskool in die dorp sou raakloop.

Toe hy st. 9 begin, het ek st.7 begin.

Maar as ek aan hom dink, onthou ek die baadjie wat hy op ’n koue dag by die skool oor my skouers gehang het.

En, natuurlik, was daar dissipline – en oortreding is met waarskuwings of straf gevolg. Hulle het ons aangemoedig, die voorbeeld gestel van wat ’n mens met harde werk kan vermag; al was die geleenthede skaars, die vooruitsigte skraal. En moenie vergeet nie, dit was ’n tydperk van ongelyke salarisse en min voorregte.

Nog ’n vangnet vir ’n kind is áltyd die liefde en ondersteuning van ouers. Al was van hulle, soos myne, self nie op skool nie, was hulle nederige, gelowige mense wat vir al hul kinders “gelerendheid” wou hê. Ek salueer hulle.

Nou hoor ’n mens deesdae toenemend die land gaan brand as daar nie aandag gegee word aan die jong werkloses nie, veral die swart jeugdiges. Mnr. Zwelinzima Vavi, grootbaas van Cosatu, waarsku gereeld.

Dis ’n werklike krisis, want in dié era is daar nóg minder geleenthede as destyds – en die getalle groei.

Die oplossings is kompleks.

Barney Mthombothi, redakteur van Financial Mail, wys onder meer op die groot getal verwarde jong mense wat agtergelaat word of wat voel die demokrasie werk nie.

By hulle val mnr. Julius Malema se opswepery op vrugbare grond en hulle sien hom as die enigste hoop.

Dan sê hy, en hierin lê die kern: “Ons moet ons onderwysstelsel regruk dat dit hoop kan bring vir jong mense.”

Hoop. Dit is die woord.

Want niemand wat hoop het, is vernielsugtig nie. Verniel nie skoolgeboue, biblioteke, treine of ander eiendom nie. So iemand is meer gedrewe en reik na sukses – soos talle wat ondanks armoede en ander gebreke bo kon uitkom.

Ouers en onderwysers kan hoop help kweek. Pa en Ma moet positief bly en gelukkig is die meeste onderwysers steeds omgee-mense wat hul salaris, wat darem nou gelykgestel is, verdien.

Die staking van onderwysers bly egter ’n onding.

Dit lyk egter of Cosatu die lig begin sien. Die vakbond sou dié naweek praat oor arbeidsverhoudinge in die staatsdiens en hoe dit dienslewering raak, op versoek van die Na­sionale Unie van Mynwerkers.

Laat Cosatu dan ook hoop bring vir beter onderwys en sy lid, die onderwysvakbond Sadou, beïnvloed om sy bedrywighede in skoolure te staak.

En laat elke liewe leerling in ons skole bewus word van ons land se enorme behoeftes. Asook hul plig om die diens wat die staat wel verskaf – soos skole, boeke en onderwysers – maksimaal te benut.

Hulle moet wéét hulle kan ook sukses behaal, ondanks karige bronne en geleenthede.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.