Jacob Rooi

Menseregtedag moet beter benut word

2011-03-26 12:24

Daar is reeds geskryf oor pres. Jacob Zuma se gebrek aan optrede toe me. Patricia de Lille Maandag by die Menseregtedagvieringe in Athlone uitgejou is.

Van die kommentaar was dat die ANC toelaat dat ’n kultuur van onverdraagsaamheid in die land gedy.

Ander meen dit was ’n ideale kans vir Zuma as staatshoof om sy stempel af te druk, maar hy het verkies om soos ’n ANC-leier op te tree by ’n regeringsgeleentheid waarvoor die belastingbetalers betaal.

Hy is “diep teleurgesteld”, sê ’n Kaapse vriend en voormalige politikus. Hy meen die president moes self agter die mikrofoon ingeklim het, die belhamels voor stok gekry en die sekuriteitsmense opdrag gegee het om hulle te verwyder, sou hulle nie gehoor gee nie.

Wel, dit het nie gebeur nie en mense wonder toenemend oor ons president.

Dit was immers ’n dag met die fokus op die regte van mense, ook De Lille s’n, en iets waarvoor talle in die bevrydingsbeweging gesterf het.

Barney Mthombothi, redakteur van Financial Mail, noem dat Zuma nie eens in sy toespraak na die gebrek aan dissipline verwys het nie, dat onverdraagsaamheid nou maar eenmaal deel is van die ANC se DNS. Dit is reeds so sedert die dae van ballingskap toe die beweging homself gesien het as die enigste verteenwoordiger van die verdruktes.

Maandag se gebeure eers daar gelaat. Wat beteken Menseregtedag nou eintlik? ’n Jaarlikse terugblik by ’n ANC-saamtrek oor die foute by Sharpeville?

Ek is nie onsensitief teenoor die tragedie van 21 Maart 1960 nie, maar ons moet vorentoe kyk. Veral omdat soveel mense daagliks in die nuwe Suid-Afrika hul lewens verloor, hoofsaaklik weens geweldmisdaad en die beskikbaarheid van vuurwapens.

Dié dag behoort beter benut te word. Tans is dit net nog ’n vakansiedag.

Dalk is dit ’n geleentheid waar gewone burgers die kans moet kry om vrae te vra, soos hoekom daar geen rekenskap gegee kan word nie van meer as 26 000 vuurwapens wat in polisiebesit was nie?

Daagliks lees ek in koerante oor mense se grudood weens die beskikbaarheid van onwettige wapens…en jy kan net die kop skud.

Dalk moet ons op dié dag praat oor die korrupsie wat ons land so vernietig.

Of dalk kan ons eerder op Menseregtedag dít vier wat ons as ménse in Suid-Afrika saambind en ook leer hoe om mekaar as medemens te respekteer.

Ons het darem al ’n ver ent gevorder. Neem byvoorbeeld die menseverhoudings tussen groepe wat onder gematigdes met rasse skrede verbeter. By die gimnasium sien jy dit. In die kerk, in die winkelsentrums, op die sportveld, in bioskope, oral. Nie danksy die ANC nie, maar ondanks.

Al hierdie onverdraagsame heethoofde met die skril stemme, ook dié wat De Lille probeer doodskree het, is die nuwe agtergeblewenes. Hulle sit vas in groewe waaruit ander lankal losgekom het en behoort gedissiplineer te word.

Die ANC moet sy rol begin speel dat ons kan vorder in die erkenning van mense se regte. Dié party, en sy leier, behoort hul sokkies op te trek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.