Jacob Rooi

My ma én my skoonma se DA

2011-05-21 16:46

Ek was daar in die jaar 2000 by ’n byeenkoms waar die DP en NNP die embleem van die nuwe party, die Demokratiese Alliansie, bekend gestel het.

My eerste gedagte toe ek by die Marks-gebou in die parlement instap en die talle groot, wit manlike LP’s daar sien, was: Hier sal my ma en skoonma nie tuis voel nie…

Ná die skeuring, toe die NNP uitstap, is daar voorspel “die suurstof gaan minder raak” regs van die politieke spektrum, waar die DA toe was. Vandag is die party minder regs en meer geposisioneer as ’n politieke sentrum-party.

Woensdag het hierdie party gegroei tot een wat deur alle nasionale groepe gesteun word en een wat, hoewel nog gering, die steun van swart kiesers begin kry. Dít in net tien jaar.

Dat die DA in die verkiesing boonop een uit elke vier kruisies agter sy naam gekry het, is ’n merkwaardige prestasie.

’n Mens kan jouself afvra of dit moontlik sou wees as mnr. Tony Leon steeds die leier was. Ek dink nie so nie.

Mev. Helen Zille se benadering verskil net te veel van dié van haar voorganger, wat die ANC en veral pres. Thabo Mbeki met sy aggressiewe “terugveg”-benadering vervreem het en dikwels uit regeringskringe met ’n mate van minagting behandel is.

Haar verhouding met die ANC-leiers maak dat hulle haar respekteer, al konfronteer en kritiseer haar party die regerende party fel. Jy sien dit in die wyse waarop hulle met haar omgaan en selfs hoe hulle van haar praat.

Voorts het die DA die verkiesing slim benader deur te propageer dat hy die tradisionele rol van die ANC oorgeneem het, soos om die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela te laat herleef, nie-rassigheid en goeie regering na te jaag en te werk vir versoening in die land. Ook is sy manifes in Kliptown, ’n ANC-heiligdom, bekend gestel. Die plakkaat met drie vrouegesigte was ’n wenner.

Die DA projekteer nou die beeld van ’n party wat alle rasse en kulture wil verteenwoordig.

Ja, ná dese sou my ma en skoonma beslis in dié party welkom voel.

Daar is waarnemers wat meen dis uitstekend dat Zille so sterk van voor af lei, maar hulle wonder ook wat sal gebeur as sy omval of om die een of ander rede die pos verlaat. Want tans is sy die gom wat hulle aanmekaar hou en hoe meer uiteenlopend die steun raak, hoe moeiliker gaan dit word om die party te beheer.

Verder lê daar ’n tweeledige uitdaging in die DA se groei onder swart kiesers en dis om die belange van sy vermoënde én armer lede te balanseer.

’n Eenvoudige voorbeeld: Ek was voor die verkiesing in Springbok waar die ANC-beheerde Nama Khoi-munisipaliteit ’n mall langs die N7 – ’n klipgooi van die bruin buurt, Bergsig – beplan het.

Tydens die sooispitplegtigheid het ek gewonder of die nuwe sentrum, met werk vir 350 mense, op dieselfde plek sou kom indien die DA daar regeer het.

Hoe sterk sou die ryk sake-stem wees teenoor dié van mense in ’n buurt wat nie meer vir vervoer-uitgawes na die werk in die mall hoef te begroot nie?

Die DA het uitdagings, en een gaan toenemend wees hoe om sy lede se uiteenlopende belange te versoen.

Gaan die DA daarin slaag namate sy swart steun groei?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.