Jacob Rooi

Sê dit maar: pres. Julius Sello Malema

2011-04-23 17:20

Daar weet ons nou hoekom Julius Malema so behep is met doodmaak. Eers sou hy moor ter wille van pres. Jacob Zuma en nou kan hy nie ophou “kill the Boer” sing nie.

Dis omdat hy, volgens sy eie getuienis in die hof, al vanaf 11-jarige ouderdom blootgestel is aan vuurwapens. Hy was op 13-jarige ouderdom op wyle Chris Hani se begrafnis oorgehaal om dood te maak!

Dis te betwyfel of Malema en die swart seuns van die destydse townships ooit berading ontvang het om al hul traumas te verwerk.

Is dit, in die afwesigheid hiervan, wel moontlik om in ’n gebalanseerde volwassene te ontwikkel? Is dit nie dalk ’n rede waarom ons samelewing so gewelddadig is nie?

Maar dis ’n onderwerp vir ’n ander dag.

Wat my pla van die saak waarin AfriForum Malema van haatspraak aankla, is dat die ANC as leidende party nie al vroeër iets hieromtrent gedoen het nie.

Dít terwyl soveel brandende kwessies in die land wag en in die lig van ’n dure verpligting om nie-rassigheid en nasiebou te bevorder.

Buitendien het ons ’n reputasie as die land wat op 27 April 1994 die wêreld verstom het met die vreedsaamste politieke oorgang nóg op die vasteland!

Dié vryheid, wat ons eerskomende Woensdag vier, het nie gekom ná grootskaalse bloedvloeiing in oorlog nie, maar deur dialoog tussen wit en swart, deur te luister en voorstelle uit te ruil.

Dit lyk of ons die suksesresep verloor het. Het veral die ANC te arrogant geraak?

Daar gaan geen wenners wees in dié saak nie, net groter polarisasie. Die regter sal ’n Salomo-uitspraak moet voorberei.

Hopelik hou dit rekening met navorsing wat toon dat driekwart van die land se mense meen die frase “skiet die Boer” is wel haatspraak.

Ek hoop AfriForum, Malema en die ANC kan nog ’n kompromie bereik. Dalk een wat lui dat die ANC onderneem om die lied net by private geleenthede te sing. Dit ís immers deel van hul erfenis.

Nes ons ander liedere by gepaste geleenthede sing: Stille Nag oor Kersfees of Shosholoza by rugbywedstryde.

Die meerderheid sal in elk geval nooit ’n lied kan sing wat moord en doodslag bevorder nie, want dit pas net nie in ons waardestelsel nie.

Dit neem beslis ook nie ons land vorentoe nie.

Dié hofsaak is blykbaar vir Malema en die ANC waardevol. Malema kon nie vir beter propaganda gevra het vir sy pogings om in Junie weer jeugligaleier te word nie. Dit het ook die politieke skade van die dood van mnr. Andries Tatane voor die verkiesing op 18 Mei beperk.

Met dié saak het AfriForum ook dalk net Malema se langtermynloopbaan verbeter: In 2007 is daar voor die stemmery by Polokwane gefluister dat mnr. Kgalema Motlanthe baie “presidensieel” voorkom, dat hy pres. Thabo Mbeki sou kon vervang.

Die afgelope week was dit Malema in die hof. Dié Jacob Zuma-gesalfde was so presidensieel soos kan kom.

Laat ons dus maar solank oefen: president…Julius...Sello...Malema. En begin sidder.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jacob Rooi-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.