Jacob Rooi

Sport, die nasiebouer van formaat

2010-07-24 15:24

Sport, soos die WB-sokkertoernooi en Super14-rugby vanjaar, het opnuut beklemtoon dit is ’n nasiebouer van formaat. ’n Mens kan byna sê sport is een van die grootste boustene tans.

Dis byna ongelooflik om te dink die Wêreldbeker is verby. As ’n mens nadink oor die sukses van die toernooi, kan jy nie glo daar was twyfel oor ons vermoë om dit reg te kry nie.

Maar juis hierin lê die geheim, en ’n uitgewekene wat Australië toe is, het dit goed verwoord: Nog elke keer wanneer die land met die rug teen die muur was, het Suid-Afrikaners verenig en van die uitdaging ’n sukses gemaak.

’n Oudkollega stel dit anders: Juis as mense meen ons kan nie, dan doen ons dit.

Die land is erg verdeel langs politieke lyne, en politiek bring verdeeldheid.

Maar dink ’n bietjie terug.

Op 27 April 1994 is verwag die bloed sou riviere vorm. En toe Chris Hani vermoor is en onlangs, ná Eugène Terre’Blanche se moord, was daar vrese vir vergelding.

Elke keer het die verstand geseëvier en is die land op koers gehou.

Dit lyk of Suid-Afrikaners juis floreer as mense dink ons is te lig in die broek.

Dalk is hierin ’n gerusstelling vir die paar Afrikaners wat so in vrees leef oor die dag as Madiba sterf en die lang messe kastig begin flits. Sommige verwoord dit af en toe in briewe aan Rapport. Dis wolhaarstories, ook dié hartseerdag sal vreedsaam kom en gaan.

Oor dalk die belangrikste uitdaging vir die land, die bekamping van geweld, gaan gesê word ons kan dit nie oorwin nie. Ja, dit bly dié groot kopseer en veral die hoë vlakke van geweldsmisdaad bly ’n onverklaarbare verskynsel. En ons het enorme ander uitdagings.

Maar wat van nog ’n Wêreldbeker-wonder?

Dit lyk reeds of die Zuma-bewind so ’n rapsie beter vaar met misdaad as sy voorgangers.

En Donderdag sê pres. Jacob Zuma die kabinet gaan die momentum van die sokkertoernooi behou en die benadering van dié projek toepas om regeringsteikens te bereik.

Dis verblydend as politici by sport begin leer.

Dalk is ek weer te optimisties, maar ’n mens kry net die gevoel dat die gety stadig besig is om te draai.

Die nuus dat Khaya Ngqula, voormalige SAL-baas, strafregtelik vervolg gaan word oor beweerde korrupsie van miljoene laat ’n mens ook voel dat gierigheid en vermorsing nou vasgevat gaan word. Veral omdat dit kom so kort ná kader Jackie Selebi se skuldigbevinding aan korrupsie.

Ja, wel, hulle was nie juis deel van die post-Polokwane- kring nie.

Selfs in die onderwys is die lig gesien, met die nuwe minister wat luister na die advies van kenners.

Die feit dat die land so kort ná die suksesvolle Wêreldbeker weer regstaan om buitelanders in townships teen geweld te beskerm, is ’n skande. Maar dis ’n uiters komplekse kwessie en ’n onderwerp waaroor nog baie gedebatteer sal word.

Maar laat ons onsself nie onderskat nie. Met die regte omstandighede kan ons as nasie gedy.

Rugby in 1995 en WB 2010 het ons mos gewys.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.