Jan-Jan Joubert

Mag en reg in die Vrystaat

2009-10-31 14:28

Die Reitz-kwessie, wat sedert prof. Jonathan Jansen se inhuldigingstoespraak as rektor van die Vrystaatse Universiteit opgevlam het, plaas die kollig op baie vrae en menings oor magsverhoudinge en motiewe in ons samelewing.

So byvoorbeeld wonder baie mense oor die mag van Julius Malema en die ANC-jeugliga, oor die magte van die rektor, om van die mag van vergiffenis nie eens te praat nie.

Dit behoort ons ook te laat wonder oor die magsverhoudings tussen diegene wat maatskaplik van ’n hoër stand is en diegene wat in ’n werksituasie aan hulle ondergeskik is. Maar kom ons kom later daarby, en kyk gou na die magsverhoudinge onderliggend aan die afgelope week se Malema/Jansen-ontmoeting.

Menige mens het seker gewonder of die ANC-jongeling enigsins daar hoort – en binne die wet of die beginsels wat universiteite redelike outonomie gee, hoort geen politieke party daar nie.

Maar een van die redes waarom ek Jansen so leer bewonder het die afgelope tien jaar is dat hy so ’n redelike denker is dat hy jou gewoonlik heel vriendelik van sy saak sal oortuig as jy met hom gesels.

Dat hy dit met Malema reggekry het bewys daardie punt, hoewel ek sowaar nie gedink het dis dié slag moontlik nie. En ja, mens moet Malema die eer gee wat hom toekom: hy was oop vir oortuiging.

Die ander, meer pragmatiese rede hoekom dit tog maar goed was dat Jansen vir Malema ontvang het, was ongelukkig die werklikheid van “mag is reg”. ’n Rustige akademiese atmosfeer is noodsaaklik. ’n Voortdurend opgeruide ANC sou dit ontwrig. Ná die Malema-ontmoeting heers ’n beter kans op rustigheid.

’n Newe-argument voortspruitend uit die Reitz-gebeure is die vraag of wit steun vir Jansen nou skielik ontstaan omdat hy gesien word as ’n teenwig tot die ANC.

Ek hoop en glo almal, ongeag ras, wat Jansen ondersteun, doen dit op grond van sy optrede en die inhoud van sy toespraak. Bepaald is dit hoekom ons hier by Rapport besluit het om die toespraak twee weke gelede so volledig moontlik te plaas – voor enige aanduiding dat die ANC daarmee ontevrede kon wees.

Enigeen wat Jansen dogmaties partypolities wil indeel is op dun ys – hy steur hom min aan magsverhoudinge in die politiek. Die regte optrede in elke geval, soos hy dit verstaan, rig sy tred.

Terwyl hierdie magskwessies almal interessant is, is daar ’n argument in Afrikaanse briewekolomme wat aandag verdien, want dis ontstellend.

Alte dikwels word aangevoer die gebeure was onskuldige studentepret waaraan die skoonmakers vrywillig en glimlaggend meegedoen het. Om dit te beweer, is om magsverhoudinge verkeerd te verstaan, hopelik nie aspris nie.

In enige professionele magsverhouding staan die mindere in ’n mate verleë jeens die maghebber. Hoe beter jy is in jou werk, hoe wyer jou opsies en hoe beter gekwalifiseerd jy is, hoe minder verleë is jy.

Daardie skoonmakers is ongeskoold, en dis vroue wat as broodwinners vir hul gesinne optree in gemeenskappe waar baie meer as die helfte van die mense krepeer te midde van werkloosheid. Daar is geen groter vrees as om die vastigheid van werk te verloor nie. Daardie werk is al manier uit die armoedeslagyster se ellende, al manier waarop jy hoop het vir jou kinders, al kans op selfrespek, al skild teen moedeloosheid.

Daarom grinnik jy maar saam vir die baas se simpel grappies, want jy moenie jou werk verloor nie. Daarom sluk jy jou trots, want jy moet net nie jou werk verloor nie. Daarom hou jy jou mond en doen mee, want jy moet net nie jou werk verloor nie.

Jinne mense, dis die werklikheid. Wie nie deernis het vir die posisie van die skoonmaker en die kwesbaarheid van haar menswaardigheid begryp nie, ignoreer die magsverhoudinge in ons land en is ongevoelig oor die aard van verontmenslikende armoede.

 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.