Jan Taljaard

Kyk nou net hoe vlot verloop die oorgang

2012-01-14 13:39

“Die ding van ’n Boer,” sê mevrou Dlamini, “is dat as jy die dag ’n flukse een onder die klomp lui donners raakloop, jy aan hom moet klou. Want ’n beter tuinier as ’n flukse Boer kry jy beswaarlik. Maak net ­seker hy is nie te lief vir brandewyn nie.”

“Is so.” Mevrou Mabuse knik instemmend. Sy het immers al ’n stel met so ’n brandewyn-bulletjie afgetrap. “As hulle in die oggend eers so bewerig opdaag en kort-kort grinnik, moet jy maar weet die skadukolle gaan die man tot met tjailatyd bly volg. Dan drink hulle dit nog saam met Coke ook.”

Sy skink ’n tweede koppie tee en kyk uit oor die lowergroen grasperk wat strek vanaf die stoep waar hulle sit tot by die bedding waar Gert van der Merwe hurkend jag maak op halsstarrige spruitsels onkruid.
“Die Joodjies is orraait as jy een in die hande kan kry,” vervolg Mevrou Dlamini. “Slim, vat glad nie lank om ’n ding te leer nie. Maar hulle word ’n bietjie swakkerig in die skerp somerson en is sommer gou om jou op die swetterjoel bepalinge van arbeidswetgewing te wys.

“?’n Engelsman kan jy weer nie in jou huis toelaat nie, of jou jenewer kry voete. Glo ook lief vir juwele wat rondlê.”

Die twee vriendinne sug. Bediendes, dis nou maar eenmaal die vloek van die swart man in Afrika.

“Dan praat ek nie eens van die Svetlanas wat te oud geword het om by Teazers te dans, maar nie wil terug tuisland toe nie.” Mevrou Dlamini raak sommer kortasem soos sy op stryk begin kom.

“Kan nie eens Afrikaans of Engels praat nie, wat nog te sê van Sotho. Maar die taal van die liefde ken hulle alte goed, selfs bereid om op hul oudag ’n paar behoorlike heupe te groei om jou man se aandag te trek.

“Ek sê al lankal vir Simphiwe dis tyd dat hulle die ontugwet nou deur die parlement kry sodat die mans kan leer om hul hande tuis te hou. En ek dink nie dis reg dat ’n wit vrou voor in ’n kar langs ’n swart man sit nie.

“Eintlik moet hulle maar net terug na die Oekraïne toe. Hier gaan hulle net moeilikheid maak,” sy.

“Wat praat jy alles, mevrou Ntsebenza is juis nou besig om te skei nadat sy haar man en sy sleg vriende betrap het waar hulle verlede maand snoeperye van ene Saartjie – Afrikaans, kan jy dit glo! – se lyf in die garage gesit en eet het. Wou dit nie te openlik maak en soesji bestel nie, toe maak hulle sommer visvingers skelm gaar op die gasbraaier. Nou dagvaar die Saartjie nog vir brandmerke ook. Glo aan die kar gewerk, gmf!”

“Gert!” Mevrou Mabuse het uit haar leunstoel opgestaan. “Faka lô hosepipe, paya anderkantste flowerbed, quick, quick! As die master by die huis kom, hy sal baie angry wees as daai flowers droog is.”

Sy is nogal trots op haar bemeestering van die nuwe Fanagalô. Dis makliker as wat ’n mens dink.

Niks is inderdaad onmoontlik nie. Toe sy edele Julius Malema ’n skamele agt jaar gelede, doer aan die begin van 2012, gesê het dit is tyd dat swart mense wit bediendes kry, kon selfs hý nie gedink het die oorgang gaan so vlot verloop nie. Die vrot­te­rige arbeidsmark, volgepropte universiteite en regstellende aksie het uiteraard ’n invloed gehad. Die bepalende faktor was nietemin toe die destydse president, Jacob Zuma, later die jaar by Mangaung sy populistiese vyfjaarplan vir die verkryging van wit bediendes bekend gestel het. Die Manyi-kêrel wat hy as kommissaris-in-beheer aangestel het was net die man. Daar is darem maar niks wat ’n gillende ideoloog met ’n Robespierre-vergeldingsdrang nie gedoen kan kry nie.

“Nog ’n bietjie tee?” bied mevrou Mabuse aan. “Ja, Gert, ek weet nou nie wat sy van is nie, is inderdaad die sout van die aarde. Dis die jongetjies vir wie ’n mens versigtig moet wees. Heeltemal te groot vir hul skoene en ek sê altyd ’n mens moet nie ’n Boer vertrou wat ander goed lees as net sy Bybel nie. Gert se vrou, Martie, kom ook twee keer ’n week in vir die strykwerk en ’n beter mens kry jy nie. Het boonop diabetes, so sy steel nie eens suiker nie!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jan Taljaard-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.