Jan Taljaard

Vat so, 50, getal van liefde en vuurwapens!

2012-12-16 00:05

Vyftig is darem maar so ’n lekker, ronde getal; in baie gevalle ook ’n mylpaal.

Dis genoeg rede vir ’n krieketspeler om sy kolf die lug in te steek of, as jy so oud sou word, vir oulaas groot partytjie te hou voordat goed soos rumatiek, hartomleidings, eienaarskap van ’n Toyota Fortuner of jig straks ’n demper op jou gewone, ongebreidelde uitbundigheid plaas.

Boonop is sommige mense gelukkig genoeg om in hierdie getal berusting ná die belusting van die morsige middeljare te vind. O, erektiele disfunksie, o, flou vertoon, hoe lank het ek gewag, hoe lank van jou gedroom? Daai soort van ding.

Dit is inderdaad of 50 besondere inslag vind by sake van die liefde. Paul Simon gebruik dit byvoorbeeld in “50 Ways to Leave Your Lover”, hoewel hy nooit by al 50 maniere uitkom nie. E.L. James is meer spesifiek en het die getal voorts by die titel van haar huisvrou-hyger Fifty Shades of Grey ingewerk.

Sweerlik het dit ’n aandeel aan die boek se woelige verkope gehad, want dit is net in die ou dae wat jy kon wegkom met titels soos Oorlog en vrede of Little Dorrit.

Die getal is deesdae inderdaad so ryk aan trefkrag en waterskeidingsimboliek dat beleidmakers, huweliksvoorligters, motiveringsprekers, skrywers en demagoge dit liefs nie moet ignoreer as hulle vooruit wil beur in die lewe nie.

Só moet Senzo Mchunu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, daarop bedag wees wanneer hy eindelik die stuk of 15 skole onder sy gesagsgebied ander name gaan gee. Hy het onlangs gekla oor die betrokke skole wat swaar dra aan hul “ongepaste” naam.

Onder die skole was Mathangetshitsi (die skool van “maagdelike dye”), Bambinkuzu (“sakkeroller”) en Tilongo (“tronk”).

Nou kan hy dit byvoorbeeld herdoop na die skool van die 50 maagdelike dye of 50 sakkerollers – of dan selfs iets heel anders, soos die skool van die 50 verdwene handboeke of 50 vandale.

Maar moenie dat die Maand van Mangaung en die Inkas se einde-van-die-wêreld eerskomende Vrydag ons tot moedeloosheid stem nie. Dit is immers ook die maand van vrede en welbehae, Boney M en vandag boonop nog Versoeningsdag ook. Mag ’n mens hoop op die skool van die 50 flinke vinkies of selfs van die 50% gemiddelde vir wiskunde?

Kan ons besprekingspunte by Mangaung verwag soos “Vyftig wyses waarop ’n mens van die president ontslae kan raak”? Of “Vyftig planne waarvolgens korrupsie in die bek geruk gaan word”? Die hoop gaan waarskynlik beskaam.

Nogtans is ek in hierdie maand van medemenslikheid steeds vervul met mededoë en ’n mens is jammer vir Debbie Calitz, wie se pas verskene boek 20 Months in Hostage Hell met so ’n siellose getal op die rakke moet pryk. Soos dinge nou loop, behoort sy dit binnekort te kan opvolg met Debbie doen dagga (na bewering) op 50 maniere. Dit is nou ’n blitsverkoper wat as’t ware al by die wegspringplek staan en rook.

Maar die boek waarna ek in hierdie dae eintlik uitsien, is die polisie se voorgenome handleiding oor hoe jy jou vuurwapen beter moet oppas.

Voorlopig getiteld Vyftig maniere waarop jy jou vuurwapen in die toilet of ander plekke kan verloor word die knelpunt belig deur gedramatiseerde oorvertellings wat aan werklike gevalle ontleen is. ’n Uittreksel:

Toneel: ’n Toilet (op die agtergrond kan die geklingel van kettings en die sis van ’n lekkende spoelbak gehoor word).

Konst. Abel: “Maak my stywer vas, sersant!”

Sers. Beauty: “Sjarrap en vat so!” (Sy wiks hom geniepsig met die rugkant van haar dienspistool.)

KA: “Smerig!”

SB: “En so! En so!?O gits, daar gaan my pistool!” (Die toilet gorrel en sluk terwyl die 9-mm in sy porseleinkeel verdwyn.)

KA (vertederend, terwyl hy die borrels agterna kyk; in die posisie waarin hy vasgeketting is, kan hy beswaarlik anders): “Sersant, jy bly darem maar ’n ou nonsens.”

Of:

Konst. Attie: “Hensop, julle tweetjies! Wat gaan hier aan?

Verdagte 1: “Ons staan net en gesels in die toilet.”

KA: “Lyk vir my bra onsedelik. Dis R200 kontant, dan kan julle klaarmaak en gaan.”

V2: “Hoe lyk dit met R500 vir die pistool én jy kan saamspeel?”

KA: “Nou praat jy.”

Vyftig dae se vreugde en voorspoed vir elke leser wat dit tot hier gemaak het.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-17°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-24°C Morning clouds. Mild. PE: 10-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!