Jan Taljaard

Vinnige vingers en MBA’s swaai die septer

2013-02-23 23:02

 Joernalistiek in die Twitter-tydperk is nie vir sissies nie. Ek weet ek sou self hoegenaamd nie hond haaraf gemaak het nie.

Ter verduideliking: Lank, lank, gelede in die tyd voor Twitter, tablet- en skootrekenaars en selfs selfone het ’n baas my ’n skuins veeg agter die oor gegee omdat ek met my regterhand se wysvinger op die sleutelbord gesit en pik het, my ken diep nadenkend in die palm van ’n rustende linkerhand.

“Magtag man, tik met twee hande!” het die nuusredakteur benoud gebied. Ons was op spertyd, foto’s moes nog in ’n donkerkamer met chemikalieë ontwikkel word en 70?km verder in Johannesburg het hulle al vir die storie gewag wat bes moontlik nog geteleks moes word as die splinternuwe rekenaarstelsel sou inkonk.

Ter verdediging van die beste nuusredakteur wat ek nog gehad het: Hy het sy hand met rede gelig. Ek kon net met een vinger tik en dit was ook in ’n tyd voor arbeidswetgewing. Ek en ’n fotograaf was byna die hele dag skoonveld en het eers kort voor spertyd weer die kantoor binnegeglip, want dit was alte lekker daarbuite.

Mettertyd het die dom linkerhand darem ook geleer om by te dra. Met net twee wysvingers wat ten beste nog steeds traag was, sou ek egter nog steeds te stadig vir Twitter gewees het soos ons dit die afgelope week sien afspeel het.

Dit is ’n heeltemal nuwe joernalistiek met supersterre soos @ewnreporter en @barrybateman wat met vlugge vingerwerk in Oscar Pistorius se borgaansoek na vore getree het. Hulle is deksels goed met die oordra van die hier en nou. Veral op die eerste dag van die aansoek, toe ’n gedenkdiens vir Reeva Steenkamp terselfdertyd aan die gang was, was dit fassinerend om te sien hoe die gebeure in Port Elizabeth en Pretoria gelyktydig in die een digitale spoegsel ná die ander teen die rekenaarskerm voor jou afrol.

Dit is egter ook ’n heeltemal nuwe tydvak waarin lesers nie meer passief is nie, maar elke Daan Digitaal en sy maat dadelik kennis kon neem en ook kon toetree as kommentators of self­aangestelde strafregprokureurs (LLB witwarm@google) van die kuberruim.

Dit was gelyktydig vermaaklik en frustrerend om te kyk hoe die leke-kommentators nie altyd mooi geweet het hoe ’n hof of die regstelsel werk en wat die verskil tussen ’n borgaansoek en ’n verhoor is nie. Nog erger om te besef dat ook verslaggewers, wat vermoedelik in die hitte en onmiddellikheid van alles vasgevang is, onsinnig begin pruttel het sodra hulle van die feitelike gegewe voor hulle afgewyk en ’n mening probeer waag het.

Soms selfs of iemand skuldig of onskuldig is.

Daarom is ek dankbaar dat dieselfde nuusredakteur wat my sover kon kry om ook die linkerhand in te span nog geglo het in ’n stelsel waar jy geleer het om jou vakgebied te ken, om kontakte op te bou en om stelselmatig ’n volronde agtergrond te kry deur onder meer die outydse beats van misdaad- en hofverslaggewing.

In die proses het ’n mens ook geleer hoe om die paar pitte waardevolle koring van die instromende kaf te skei en daardie enkele elemente te herken wat uiteindelik saak sal maak.

Dit lyk of die stelsel dalk nie kostedoeltreffend genoeg is vir die MBA’s wat deesdae die septer in die joernalistiek swaai nie. Ongelukkig het dit al gelei tot die aanstelling van redakteurs wat nog bitter min met nuus op grondvlak te doen gehad het – met voorspelbare gevolge.

Dit verklaar ook waarom die joernalistiek deesdae hoofsaaklik bestaan uit ’n magdom meningsvormers (die “opinionista” wat vir mekaar skryf), die vinnige tikkers van Twitter en die sogenaamde ondersoekspanne (dis ’n storie vir ’n ander dag, want elke verslaggewer moet tog ’n ondersoekende joernalis wees).

Ek het gedag die tyd van die eerlike brood-en-botter-beat-verslaggewer is vir ewig verby.

Tot met Oscar Pistorius. Ek ken nie die mense wat deesdae vir Beeld werk of hoe die stelsel in Pretoria daar uitsien nie, maar die gesag waarmee die koerant die storie van sy eerste nuusbrekende twiet daaroor aangepak het, getuig van ’n stelsel wat nog skop en selfs van ’n gelukkige samesyn tussen die digitale en papierprodukte.

O ja, ek is ook op Twitter, maar het eintlik niks om te sê nie: @JanTaljaard.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Trackless Electrician

Mpumalanga
Bilnor Labour Gauteng (Pty) Ltd

Microsoft Dynamics/ R25,000-R90,000

Free State
Rensolc Recruitment
R25 000 - R90 000 Per Month

Electrician

Western Cape
BRO Resourcing
R23 000 - R25 000 Per Month

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!