Koos Kombuis

Die Antwoord is geen antwoord nie

2010-02-21 10:30

’n Paar weke gelede het ek, in hierdie einste koerant, belowe dat ek nooit weer iets leliks van my mede-musikante sal sê nie.

Nou het ek by ’n paradoksale situasie gekom: ’n Afrikaanse band het onverwags die verbeelding van die ganse wêreld aangegryp.

Afrikaanse musiek is op die map.

Maar is Die Antwoord werklik die antwoord?

Tot dusver was ek skynbaar een van die min stemme van kritiek teen dit waarvoor Die Antwoord staan.

Dit plaas my in ’n geweldige moeilike posisie. Is dit skynheilig van my om Die Antwoord te beskuldig van oppervlakkige vulgariteite? Ek het self op die oomblik ’n nommer?een-MP3-treffer op Channel 24 wat sowat 90 F-woorde bevat. Ek en my generasie het Afrikaanse vloekwoorde gewild en aanvaarbaar gemaak, tot so ’n mate dat die meeste Afrikaanse koerante al bereid is om ernstige resensie-ruimte af te staan aan orkeste met name soos Fokofpolisiekar.

Sedert ek Die Antwoord die eerste keer gehoor het, het hulle tegnies geweldig verbeter. Hul bemarkingstrategie is byna onweerstaanbaar. Ondanks hul gebrek aan inhoud het hul sangtegniek, opnamestyl en algehele, kommersiële impak met rasse skrede gevorder.

Maar dit is dalk juis die probleem.

Ek glo dit steeds: Die Antwoord is, en bly, ’n bemarkingsfoefie, ’n racket, ’n flash-in-the-pan.

Ek weet van geen enkele luisteraar wat na ’n liedjie van Die Antwoord luister en dan aan hom- of haarself kan sê nie: “Nou voel ek meer in touch met myself.” Ook nie: “Dit is die taal van my hart.”

Sedert ons met die revolusie in Afrikaanse musiek begin het, droom ons van die dag dat een enkele sanger of orkes die Groot Internasionale Deurbraak maak, die Ding Doen wat maak dat die wêreld van ons kennis neem.

Die Antwoord het dit nou reggekry. Ek moet heeltemal eerlik wees as ek sê: Ek wens dit was eerder Jack Parow. Ek wens dit was eerder Karen Zoid, met ’n liedjie soos Aero- plane Jane. Bliksem, ek wens eerder mense het kennis geneem van Amanda Strydom se triomfantelike toer onlangs in die Lae Lande. Ek wens oorsese luisteraars het kennis gedra van Rocco de Villiers se “Vitamin R”-produksies, of die fantastiese rock-ballades op die nuutste aKing-album. Enige van hierdie plaaslike produkte, reg bemark, sou die regte soort aandag trek oorsee.

Met ’n rubriek soos hierdie wil ek nie ’n anti-of-pro-Die Antwoord-debat begin nie. Daardie debat is reeds aan die gang. Ek wil ook nie ’n persoonlike aanval op die mense in die band doen nie. Dit is die prerogatief van die jeug om onverskillig, onverantwoordelik, oppervlakkig en narcissisties te wees. Ek en my generasie was geensins vry van hierdie sondes nie.

Maar ek wil dit graag op rekord plaas – al is dit retrospektief en al klink dit of ek myself nou by die konserwatiewe oumense skaar wat out of touch is met tieners in die algemeen – maar ek MOET dit onomwonde stel: Die orkes Die Antwoord is nie van my kerk nie.

Ek wil nie vir hulle pa staan nie en ek distansieer my van hul nihilistiese filosofie. Ek voel ongemaklik met hul seksisme, hul gebrek aan toekomsvisie, hul dimensielose anargie en hul self-haat.

Ek veroordeel hulle nie op morele gronde, soos die kerk sou doen nie, maar ek verwerp hulle op estetiese gronde. As jy verby die skok en tinsel kyk, is hulle eenvoudig vervelig.

Was ons in Voëlvry anti-alles? Was ons nihilisties?

Nee, ons was anti-apartheid. Ons vyand het ’n naam gehad. Selfs die enkele pro-anargie-liedjie wat deur Johannes Kerkorrel geskryf is, was tong-in-die-kies en selfondermynend, want dit was getoonset op die deuntjie van ’n Kinderkrans-song.

Ek gun Die Antwoord hul tydelike sukses. Maar my geld is steeds op die musikante wat werklik iets het om te sê en dit doen met talent en integriteit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
84 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Koos Kombuis-kommentaar

Adre sê... Ek is sprakeloos! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Senior Copywriter

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Receptionist

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2006
R 134,990.00

FORD

Fiesta 1.6 Titanium 3-dr MY10
2010
R 169,995.00

HONDA

FR-V 1.8 MPV
2008
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.