Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts
Koos Kombuis

Die kind is nie dood nie

2010-03-06 15:27

Die meeste van julle wat vandag hierdie rubriek in Rapport lees, het seker al die naam “Klara Majola” gehoor.

Dit roep beelde op van ’n kind wat iewers doodgegaan het... maar waar? Wanneer? Dit herinner mens aan ander legendes uit die oerskat van die ou Afrikaanse letterkunde, soos die ritmiese rym oor Mabalél.

Dit is belangrik om hierdie ou vertellinge te onthou en te koester. Wreed sal die dag wees wanneer ons groep Afrikaanssprekende mense aan die suidpunt van Afrika name soos Klara Majola nie meer op hul tong dra nie.

Die Bybel sê die mens kan nie van brood alleen lewe nie en ek sê: Ja, ons kinders kan nie van protesmusiek en rock ’n roll en SMS-boodskappe en MXit alleen lewe nie.

As ons slegs van laasgenoemde kennis neem en die ou dinge vergeet, sal ons eendag slim doodgaan – en ingelig, en wêreldwys, en sinies, en super-cool, maar daar sal ’n braakland ongeplant in ons hart wees; ’n voedaar van metafore sal vir altyd oorgroei en toegestop wees.

Die ergste van alles is dat niemand dit sal agterkom nie.

Hierdie gedagte sou nie vir my so belangrik gewees het nie as dit nie was vir iets wat nou die aand by ’n Stef Bos-konsert buite Stellenbosch gebeur het nie.

Stef het ’n toonsetting van Opperman se bekende Klara Majola-gedig gesing, ’n toonsetting wat hy daardie selfde dag geskryf het.

Die feit dat die liedjie so nuut was, dat die ou-ou woorde pas ’n nuwe baadjie gekry het, het dit ’n dringende onmiddellikheid van sy eie gegee.

Maar toe gebeur daar iets wat selfs merkwaardiger was.

’n Jong, bruin man staan op, neem die mikrofoon en vertel dat hy familie van Klara Majola is.

Hy is van die Ceres-distrik en woon op presies dieselfde plaas waar Klara Majola destyds in die ryp verkluim het op soek na haar pa.

Almal op die plaas onthou nog vir Klara, vertel hy. Hy ken haar susters en haar susterskinders en almal wat deel van haar uitgebreide familie is.

Die Burger van 31 Julie 1950 het die storie gepubliseer en dit is daardie berig wat D.J. Opperman geïnspireer het om haar te verewig. Sy sou vanjaar 68 jaar oud gewees het as sy nie in 1950 op die ouderdom van agt jaar gesterf het nie.

Vir die mense van hierdie gemeenskap is Klara Majola nie net ’n mooi gedig of ’n liedjie nie, maar ’n werklikheid, ’n vlees-en-bloed-herinnering, iets wat onder hul neus gebeur het en in hul kollektiewe ingeëts is.

“Klara Majola wou haar vader / Toe die skemer sak, gaan haal / Waar hy, die blinde, hout vergader; / Maar Klara Majola het verdwaal.”

Ek dink aan al die berigte wat ons deesdae feitlik daagliks in koerante lees: moorde, verkragtings, swak dienslewering, verwaarlosing en algehele mense-nood.

Dis die kinders wat suffer. Dis altyd die kinders wat die meeste suffer.

Om hierdie rede is Klara Majola vandag juis relevant, meer relevant as ooit tevore, met ’n relevansie wat ons as Afrikaanse mense, en ons as ganse Suid-Afrikaanse nasie, eenvoudig nie langer kan ignoreer of onder die mat invee nie.

Daarom is dit gepas dat Stef Bos se vrou, die Afrikaanse kunstenares Varenka Paschke, ’n bronsbeeldjie van Klara Majola gemaak het wat eersdaags iewers in die Ceres-omgewing onthul gaan word.

Daarom is dit gepas dat ons almal in hierdie dae van kitsroem en selfpromosie en blatante popkultuur asseblief net ’n oomblik stilstaan en dink aan die jong mense van vroeëre geslagte: die Ingrid Jonkers, die Hector Pietersons, die Steve Biko’s en die Rageltjie de Beers.

Ek laat julle vandag met hierdie gedagte.


- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Onthou 3/6/2010 10:11:51 PM
Haai ou Koos, nou wie was Rageltjie de Beer?
Chris Potgieter 3/7/2010 1:47:11 AM
Ek was ook by Stef se konsert. Die lied was roerend. Die jongman met sy sonbril wat in powere Engels vir ons wou oortuig dat mense soos Opperman geld gemaak het uit Klara het sy naam totaal gat gemaak.
Therese 3/7/2010 7:06:08 AM
Pragtige stuk! Dankie,Koos!
Andries 3/7/2010 9:08:30 AM
Ek wonder hoe 'n moderne weergawe van Klara Majola sou lees... verkrag in 'n vlak graf?
Dampie 3/7/2010 9:57:28 AM
GELUK oom Koos! ek sien jy het reggekry om darem een keer iets kwyt te raak wat nie net bloot ander kunstenaars uit jaloesie afkraak nie. Geniet jou dampie en sopie
Lettie 3/7/2010 10:04:28 AM
Ag ou Andre, jy is 'n ou suur bliksem.
Lettie 3/7/2010 10:04:57 AM
Of is dit nou Andries?
Afrikaan, Amsterdam 3/7/2010 10:20:07 AM
Dankie Koos, die kinders, die kinders. Ja, ek het in 'n apartheidstownship gewoon en die suffering van kinders gesien. Ek sien die suffering vandag, en ek sien die inhalige nuwe elite en ek sien hartelose voorheen bevoordeeldes, en ek huil vir ons kinders...
Jan Maarschalk 3/7/2010 11:19:31 AM
Dankie Koos, die verlede, veral daardie verelde, mag ons nooit vergeet nie!!
Andries 3/7/2010 5:14:59 PM
Loop vlieg jy man Klittie ag ek bedoel Lettie...
Johnny Bravo 3/9/2010 6:04:46 PM
Hahaha, jy is 'n mooi een om sarkasties te wees oor selfpromosie, want dis al wat jy die hele pad self doen. En jy het ook kitsroem verwerf, dis nie asof jy hard gewerk het om te kom waar jy is nie. Alles gebeur mos lekker maklik, danksy die onophoudelike selfpromosie.
Tjoppie 3/14/2010 12:32:20 PM
Koos weet jy wie Hastings Ndlovu is?

Although the media often named Hector as the first child to die that fateful day, another boy, Hastings Ndlovu, was actually the first child to be shot. But in the case of Hastings, there were no photographers on the scene, and his name was never known.

Hector was regverdiglik "instant
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2009
R 169,000.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2008
R 125,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...