Koos Kombuis

Die ongemaklike waarhede van Giliomee en Malema

2010-03-20 12:08

Suid-Afrika is deesdae op almal se lippe.

Ons is vir die eerste keer sedert 1994 en 1995 weer wêreldnuus. Ons musiek is walglik en ons politici maak die heerlikste skandes. Almal haat ons, maar almal wil hier kom kuier om sokker te kyk.

Natuurlik verskil die soort aandag wat ons deesdae in die wêreldpers trek ietwat van die soort aandag wat ons anderhalf dekade gelede op ons gevestig het. In 1995 was ons die room op die lemon meringue. Ons kon niks verkeerd doen nie. En toe ons nog die rugby ook wen, het almal geglo rassisme en ongelykheid behoort permanent tot die verlede. Drie eeue se bloedvergieting en stryd en gesteelde beeste en geskiet met voorlaaiers en AK’s is met ’n towerstaffie onder die mat ingevee die oomblik toe Nelson Mandela Francois Pienaar se Springboktrui oor sy kop trek.

Dit was ’n gelukkige einde op die laaste oomblik, nes in Invictus. Of Alvin and the Chipmunks II.

Ag, en toe Rian Malan in ’n artikel in ’n Engelse tydskrif waarsku: “Nothing has been forgiven, nothing is solved,” het ons hom gehaat. Dis so lekker om Rian Malan te haat, want hoe durf hy dinge hardop sê wat die res van ons te bang is om te dink? En hoekom altyd in Engels? Sharrap, Rian!

Dis 15 jaar later, en ons haat nie meer vir Rian Malan nie. Daar is ander mense van wie ons baie minder hou. Ons haat vir Julius Malema en Hermann Gi­liomee. Ek vermoed dat baie gematigde Suid-Afrikaners vandag glo dat, as daar wel iets soos ’n spreekwoordelike middelgrond van politieke konsensus bestaan, dit iewers lê tussen die onsinnig­hede en halwe waarhede wat ouens soos Julius Malema en Hermann Gi­liomee die heeltyd uit-braak.

Maar dis juis die ongemaklikheid. Het ek gesê leuens en halwe waarhede?

Hier is daardie verskriklike oomblik waar ek aan myself moet erken: een van die redes waarom ek ook vir Malema en Giliomee haat, is omdat hulle, tussen al die onsin, soms ’n halwe waarheid, of selfs ’n verbloemde volle waarheid, verkondig. O, die skrikgedagte!

Tussen al die self-evidente k*k wat hy praat, sê Malema soms iets wat mens op dieselfde manier laat sweet en rondskuif soos wat Rian Malan ons destyds laat sweet en rondskuif het.

Soos wanneer hy sê dat Mandela ook aanvanklik ten gunste van nasionalisering was. En dit bewys met ’n direkte aanhaling.

Was Jonathan Jansen dalk reg oor die kêrel? Is die werf-keffertjie-image slegs ’n front vir iets diepers? Dalk ’n ongelooflik goed verbloemde formidabele intelligensie? O hel!

Dit raak erger. Want soos Malema, raak Giliomee soms iets kwyt wat mens teen die mure uitdryf: “Waar De Klerk en die wit mense wou ophou veg en ’n kontrak wat geldig bly met die ANC wou beding, wou die ANC aanhou veg, sy swart mededingers uitskakel en wit mense opsaal met ’n vernietigende skuldbesef. In plaas van ’n kontrak het die leiers meer aan ’n nimmereindigende proses van transformasie gedink.”

Dit is waarom die media so lief is om sekere individue te kruisig. Nie net omdat hulle soms die verkeerde ding op die verkeerde tyd sê nie, maar ook omdat hulle soms op die verkeerde tyd die regte ding sê.

Dit vang almal onkant, soos wat dit almal onkant sou vang as die Stormers per ongeluk die Super14 wen.

Die afgelope paar jaar kruisig die media vir Jacob Zuma op elke denkbare manier. Maar wat sal gebeur die dag wanneer hulle wakker skrik en besef dat slegs Zuma kan verhoed dat Malmea president van Suid-Afrika word?

Ek vermoed dat veelwywery dan skielik oukei sal wees.

Lekker braai môre!


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Koos Kombuis-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.