Koos Kombuis

Moordenaars doen nie Sudoku nie

2010-05-29 16:21


Hierdie is my laaste rubriek in hierdie hoekie van Rapport se agterplaas. Toe ek nou die dag vir my redakteur noem dat ek bietjie keelvol is vir politieke en aktuele sake bied hulle aan om my uit te skuif, selfs nog dieper die agterplaas in, na die nuwe Kaap-Rapport toe. Dis waar ek aanstaande week wegspring.

Dis beslis die regte ding op die regte tyd! Ek kan van nou af, soos Kurt en Anastasia, reisverhale en staaltjies uit my buurt vertel. My kop is rêrig moeg en suf van al die Malemas en die Moeilikhede en die Gespoeg en Gewroeg oor Volk en Taal.

Politiek, dit kom ek al meer agter, is ’n bietjie soos ’n dwelmmiddel. Anders as ander dwelmmiddels maak dit ’n mens egter nie dom en apaties nie. Dit maak jou slim, heeltemal te slim vir jou eie gesondheid, en dit maak jou aggressief, strydlustig en befoeterd.

Wanneer ek dink in politieke terme sien ek nie mense om my raak nie. Hulle is óf die “massas” óf die “proletariaat” óf “die man op straat”. (Wie de hel is “die man op straat”? Kwalifiseer ’n vrou wat ’n prêm stoot ook as “die man op straat”?)

Wanneer ek in politieke terme dink, begeef ek my in hoogs “morele” debatte met ander debatteerders, ’n stryd van idees waarin almal se menslikheid geheel en al ontken word. Was dit Bertrand Russell wat een maal geskryf het: “I love humanity, but I hate people”?

As ek dink aan die vele kere dat ek ideologiese swaarde gekruis het met my opponente skrik ek as ek besef hoe min ek van hulle weet. Wat eet Dan Roodt vir brekfis? Drink Charl-Pierre Naudé nog so baie tee? Het Steve ’n hond? Hel, ek het nie ’n clue nie.

Juis nou die dag bevind ek myself in ’n volgepakte lughawe-bussie op pad terug Kaap toe, skaars ’n halwe meter af van Cosatu se leier, ene Zwelinzima Vavi. Oor Cosatu en oor Vavi het ek nog altyd sterk positiewe én negatiewe gevoelens gehad! Ek kon nog nooit my “maaind opmaak” oor hoe ek oor dié ouens voel nie.

In my verbeelding het die persoon van Vavi, en alles wat hy simboliseer, mettertyd begin groei tot ’n monster met twee koppe: Die een die kop van ’n engel en die ander van ’n duiwel, albei ewe grotesk en onwerklik!

Ek het comrade Vavi onderlangs dopgehou. Hy het ontspanne en vriendelik gelyk, asof hy nie ’n vlieg sou skade aandoen nie. Die hele tyd was hy besig om ’n Sudoku in te vul met sy balpuntpen op ’n gevoude koerantbladsy.

Ek kon my voorstel dat hy die soort ou kon wees met wie ’n mens lekker kon gesels, die soort ou wat jy kan vra om ’n halfuur lank na jou kinders te kyk terwyl jy gou winkel toe gaan, die soort ou by wie jy ’n grassnyer of ’n koppie suiker kan gaan leen.

Dalk was dit die Sudoku wat my gerusgestel het; ek verstaan nie veel van die speletjie nie, maar ek weet instinktief dat massamoordenaars of psigopate nóóit sal Sudoku’s doen in hul vrye tyd nie.

Ek kyk deesdae met nuwe oë na Vavi as ek sy foto in die koerant sien!

Ja, dit gaan vir my lekker wees om my politieke brein bietjie af te skakel. Dalk sou dit selfs goed vir die land wees as meer mense dit doen!

En, dank die hemel, die sokkertoernooi kon nie op ’n beter tyd gekom het nie, want, hoe mal dit ook al gaan wees, red dit alle Suid-Afrikaners, ten minste tydelik, van die veel dieper en omvangryker malheid van ons obsessie met velkleur en ras!

Hymie is óf seniel óf onder die invloed, besef ek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.