Koos Kombuis

Stil broers, ’n era is finaal verby

2010-05-01 12:15

So eenmaal elke twee, drie weke, drink ek en my skoonpa saam brandewyn. Dis ’n ernstige tradisie wat nou al sowat tien jaar bestaan.

My skoonpa en ek verskil polities. Ons agtergronde en die dinge waarin ons glo, is so ver verwyder van mekaar soos kasterolie en KWV.

Tog het ons nog nooit ’n argument gehad nie. Die rede? Ons respekteer mekaar, en ons respekteer brandewyn. Ons drink brandewyn skoon, sonder ys of gaskoeldrank, teen kamertemperatuur. Daar is slegs twee dinge waaroor ons saamstem: Ons hou nie van Malema nie, en ons cheer altwee vir die Cheetahs. Oor feitlik alle ander sake verskil ons soos jintelmanne.

Dit help natuurlik dat my skoonpa effens doof is in sy een oor. Elke keer wanneer ek iets sê wat dalk te linksgesind is vir hom, mik ek vir sy dowe oor. Dan lyk dit asof hy saamstem.

Sowat ’n week na die moord op Eugéne Terre’Blanche het my skoonpa weer kom kuier. Dit was verlede Sondagaand. Ek het vir hom ’n dop ingeskink, en ons het saam na die CarteBlanche-program oor Eugéne Terre’Blanche begin kyk.

Nou moet ek erken, vir my was Terre’Blanche nog altyd ’n nar. Ek het nooit van hom gehou nie. Ek onthou dat ek eenmaal, baie jare tevore, verby hom gestap het in Pretoria – op Kerkplein, om presies te wees – en dat ek verbaas was om te sien hoe kort hy in lewende lywe was. Kort of te nie, tydens die Ou Suid-Afrika het die imposante figuur van Terre’Blanche soos ’n feniks uitgetoring bo baie van die ander Afrikanerleiers (van wie ek net so min gehou het). Ek het hom gehaat, want hy was nie ’n rocker nie, en alles omtrent hom was retro, van sy haarstyl tot sy outfits. Hy was doodeenvoudig un-cool.

Tydens die TV-program het ek vir die eerste keer dinge besef waaraan ek nooit voorheen gedink het nie – dat daar mense om Terre’Blanche was, vriende en familie en selfs kinders – wat opreg lief vir hom was.

Ek het ook vir die eerste keer gehoor dat Terre’Blanche tydens sy lewe soms in staat was tot verstommende goedhartigheid, selfs teenoor enkele swartmense wat hy as sy vriende getel het.

Terwyl ek en my skoonpa sit en brandewyn drink het, en die aand al langer gerek het, het al die ander huismense gewag vir die Groot Diskussie om te begin. Want as daar één onderwerp was wat die jarelange brandewyn-vrede tussen my en my my skoonpa sou kon verbreek, was dit Eugéne Terre’Blanche.

Elke keer as ek verby die kombuis gestap het om te gaan piepie in die gang-toilet, het my skoonma my gewaarsku: “Moet tog niks sê vanaand wat pa kan ontstel nie.”

Op die ou end is daar niks gesê nie. Dit was die heel eerste keer ooit dat ons sit en brandewyn drink sonder om te praat. Vir die eerste keer in tien jaar was woorde oorbodig.

En tog was daar iets in die stilte tussen ons; ’n Gewaarwording van mekaar se pyn. Dis was soos iets breekbaars en fragiel wat ons nie wou aan torring nie.

Want, of mens nou van Eugéne Terre’Blanche gehou het of nie, wanneer jy gekonfronteer word met die aaklige omstandighede, die wreedheid en die absolute sinloosheid van die manier waarop hierdie man gesterf het, is daar nie regtig iets om te sê nie. Jy kan nie grappies maak nie. Jy kan nie die insident gebruik om die een of ander punt te bewys nie. Dit sou onbeskryflik goedkoop wees. Jy is magteloos. Jy kan eintlik niks sê of doen nie.

Jy kan net in stilte sit en brandewyn drink.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Koos Kombuis-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.