Maretta Bellingan

Is die gras groener agter die lensiegordyn?

2012-01-21 14:08

“Muizenberg! Hoekom Muizenberg?”

Het ek gesê ek trek Manenberg toe, of Moembaai of selfs Magersfontein, kon jy dit nog verstaan. Maar Muizenberg? Ek is meer verbaas oor ander se verbasing, maar bly kalm en vertel vir hulle al die mooi en positiewe dinge wat tot my besluit bygedra het.

Dis rustig, sonder om gevrek te wees. Dis by die see en rondom ’n groot vlei geleë. Die mense is ongekunsteld, sonder pretensie en op die oog af min gepla met wat hulle dra, ry of doen vir ’n lewe. En dis steeds relatief naby die stad. Daar is pragtige ou geboue en, vir wat dit werd is, eiendom is nie onbetaalbaar duur nie. Ons praat nou nie van die villas teen die berg nie. So, alles in ag genome is ek verbaas dat almal nie in Muizenberg wil woon nie.

“En die misdaad?”

“Ag nee wat,” stel ek hulle gerus. “My buurman is ’n Nigeriese druglord en hy het uitstekende sekuriteit. Ek koop my voorraad oor die muur teen groothandelpryse.” (Gelukkig lees my loodgieter-buurman nie Rapport nie.)

En voordat hulle vervolg met: “En wat van die wind?” sê ek vinnig: “Maar dis eintlik die wind wat ek die meeste geniet. Jy het nie ’n haardroër nodig nie en dit waai al die leë KFC-houers Constantia toe.”

En hier is ons nou. Alles is uitgepak, die matte lê, die prente hang en Billy kan soveel gate in die sandgrond grawe as wat sy hondehart begeer.

“Welkom agter die lensiegordyn,” sê ’n ou vriend wat ook in die omgewing woon. Ons kuier by die mark in Muizenberg Village, waar almal op ’n Vrydagaand uithang, en eet die heerlikste vegetariese kos.

By die ingang is daar vars groente en vrugte teen ’n uiters billike prys te koop. Mans met poniesterte en bont broeke drentel rond met ’n kind op die skouers en ’n vrou met gekoekte hare en kaal voete aan die hand. Jy kan jou ’n meer vreedsame prentjie skaars voorstel.

“Almal ken almal,” sê Robert. “Muizenberg is een groot family.”

So lyk die beloofde land dan. Die plek waar ek uiteindelik my eie spinasie gaan plant, miskien selfs my eerste brood bak en wie weet, dalk brei ek nog vir Billy ’n trui ook. Omring deur positiewe energie en mense wat nog vir mekaar en die omgewing omgee.

Kort voor lank is hierdie geknoopte rugspiere en spastiese kolon iets van die verlede. Vriende sal met verwondering na my kyk en vir mekaar fluister: “Ek kan nie glo dis dieselfde mens nie. Sy raak nooit meer opgewerk oor niks nie en was maande laas by ’n uitverkoping.”

Hierdie Bellingan/Swart-humeur sal ter ruste gelê word, saam met die ongeduld en die onvermoë om te begryp hoekom daar soveel idiote in die wêreld geplaas is net om haar te irriteer.

Op ’n pragtige, sonnige en, ja, effens winderige oggend stap ek en Billy langs die vlei. Daar is eendjies op die dam (en ’n hondjie wat hulle wil vang), maar ook hy moet leer om alle lewe te respekteer. Ongelukkig bederf die magdom gemors wat in die vlakwater lê die pragtige omgewing rondom ons.

Doer in die verte kom vier munisipale dames aangedrentel. Stadiger kan ’n mens wragtag nie stap nie, dan val jy om. Elkeen met ’n lang soort stok met ’n skerp punt wat hulle gebruik om so elke 20 meter ’n verdwaalde papiertjie mee vas te pen.

Ek verneem of hulle Engels magtig is en vra waar presies hulle moet skoonmaak. Oral, antwoord die een, maar nie op plekke wat hul lewe in gevaar stel nie en beduie na die vlei.
Die walletjie is so laag my worshond is in en uit die water, maar hierdie dames waag geen kanse nie.

Intussen het ’n man by ons aangesluit, duidelik ook ’n besorgde inwoner, vermoed ek. Maar soos die dames wegstap, klim hy omtrent in my keel af omdat ek hulle nie eers komplimenteer met die wonderlike werk wat hulle doen vóórdat ek hulle kritiseer nie. En hoekom tel ek nie self die vullis op as dit my so baie pla nie?

Die res van die gesprek laat ek aan jul verbeelding oor, maar een ding kan ek julle belowe: Ek en hy gaan nie gou saam om ’n pot lensiesop sit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Maretta Bellingan-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.