Pollux

POLLUX: Lag maar, benoude kat

2012-01-14 13:39

Dit lyk vir Pollux die geskorste ANC-jeugleier Julius Malema gryp nou na enige strooihalm om sy politieke loopbaan te red.

Dié wilde loot het groot steun nodig om te keer dat die ANC hom binnekort, soos verwag, finaal in sy peetjie instuur. Dié dat hy verlede Sondag so geskater het van die lag aan oudpres. Thabo Mbeki se sy, asof Mbeki sou kon help...

Maandag seg hy toe in ’n radioprogram hy mis Mbeki se stem tog só, asook sy betrokkenheid by die ANC. Maar dié uitgesproke haatsaaier het ’n aktiewe rol gespeel om Mbeki uit te kry as president van die land!
Benoude katte maak benoude spronge...


Twee ANC’s, een stoel


Sondagaand, skaars nadat prez. Jaap sy vervelige toespraak in die Vrystaat-stadion klaar gelees het, sak daar toe donker wolke oor Bloemfontein neer – ’n teken van reën.

Pollux se parlementêre indoena merk toe op die lughawe vir mev. Sue van der Merwe, voormalige adjunkminister, op, wat moeg was ná ’n dag in die son onder ’n sambreel op die verhoog. Van der Merwe (foto) is later gesien waar sy in die slegte weer op hoëhakkies en in ’n noupassende rok vliegtuig toe trippel, met ’n wieletas wat wild agterna bons.

Met ’n “sjoe” op die vliegtuig vind sy toe mnr. Pierre Uys (ANC-lid van die Wes-Kaapse wetgewer) op háár stoel. Uys het geëis dis syne en bot bly sit.

Van der Merwe het haar in ’n hoë stemmetjie tot ’n lugwaardin gewend wat gewonder het of Van der Merwe se plek nie op die ánder vliegtuig is nie. Die bygelowige Van der Merwe, soos Pollux verneem, het na buite geloer en die ander vliegtuig Kaap toe bekyk: Terug uit in dié weer? Nooit! Die lugwaardin moes maar ’n plan maak.

Sy’s immers ’n hogere ANC-kader.

Om ’n naam te onthou


Mnr. Ace Magashule, Vrystaatse premier, het verlede Vrydag toergids gespeel vir prez Jaap. Magashule het in Mangaung sy baas aan die Botshabelo-skare voorgestel en ook die kollegas wat saam met hom op die trok gestaan het... Die premier van die Noord-Kaap se naam het hy egter vergeet.

Sy staan toe ewe nader en sê in sy oor (vir almal om te hoor) “my naam is Hazel (Jenkins)”. Goed, goed... die ANC is ’n groot organisasie en daar’s baie name, maar Pollux sou verwag dat jy darem die naam van jou buurprovinsie se premier behoort te onthou?

Uiterstes

* Jy’s so skeel, jy kyk jouself diep in die oë!

* Hy is so skelm, hy bid onder ’n skuilnaam.

* Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.

* Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.

* Ek is so de bliksem in, ek soen sommer ’n pofadder oopbek

* Ek is nou so lui, ek trou sommer ’n swanger vrou.

Gradering

Die briefskrywer Gert Cilliers sê hy verneem die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het die VSA se skuldgradering aangepas.

Glo van trippel A na dubbel K middel A.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Pollux-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.