Pollux

POLLUX: Poltici vs. Media

2012-02-04 14:42

Die afgelope week het LP’s dorpe besoek om mense oor die snoerwet in te lig.

Die teenwoordiges het daar kommer uitgespreek dat die voorgenome wet korrupsie kan bevorder en spraakvryheid kan belemmer of toegang tot inligting beperk.

En voor die Persvryheidskommissie in Johannesburg het ANC-hogeres wéér uitgevaar teen die media. Dit lyk of die mediatribunaal wat joernaliste moet vervolg steeds op die ANC se agenda is.

Dus: Oorywerige politici landwyd aan die werk; téén die media.

Working together we can steal more!

Tribunaal

Van die voorgestelde mediatribunaal gepraat: Bring it on!

Maar op voorwaarde dat die mediamaatskappye ’n tribunaal instel wat korrupte politici kan vervolg.

Dan gaan die poppe éérs dans!

Wit gevaar


Pollux se neef seg hy spaar nou geld. Hy het sy veiligheidsmaatskappy se diens gekanselleer, die huisalarm laat uithaal en is ook nie meer deel van die buurtwag nie.
Daar hang nou ’n Vierkleur in sy tuin en Blou Bul-vlae is as gordyne voor elke venster gedrapeer. Die neef ry voorts met ’n
“God loves the AWB”-plakker op sy kar se agterstewe en De La Rey word kliphard in sy motor en huis gespeel.
Die polisie, die departement van binnelandse sake en die Valke hou nou die huis 24/7 dop.
Neef voel nou so veilig soos nog nooit!

Inmengery
Pollux sien die regering se plan om ouers te verbied om hul kinders te tugtig het ’n paar pa’s en ma’s warm onder die kraag.

“My kind behoort aan my en nie aan die regering nie en hy kan nie aan my voorskryf of ek my kind moet pakgee of nie,” skryf een in The Citizen. Nog een: “Nie aan kinders slaan nie? Ons het ’n klomp onopgevoede morone wat vir ons wil vertel hoe om ons kinders groot te maak. Watter arrogansie! Die ANC is ’n produk van ’n gebrek aan dissipline.”

Wel, Pollux steun bogenoemde sentimente. As die regering eers in jou huis wil voorskryf hoe om jou kinders groot te maak, skryf hy binnekort voor wat jy in jou slaapkamer moet doen.

En dáár is die pantoffelregering baas!

Intellektuele stimulasie kry jy nie in die parlement nie…

‘n Aanvallige Cope-LP het Donderdag die hele dag by die FW de Klerk-stigting se herdenkinglesing in Bantry Bay uitgehang waar die intellektia gepraat het oor die land se groot vraagstukke.

Die swierige hotel waar almal vergader het, het ‘n uitsig oor die see, die swembad het ‘n fontein en ‘n watertand-middagete is in petite bordjies opgedis. Dis darem stukke beter as die parlement wat net ‘n uitsig oor Tafelberg het en gratis olierige etes bedien.

Maar sy sê toe vir Pollux se kleinniggie dit is nié die rede vir haar besoek nie. Sien, verduidelik sy, ek soek ‘n bietjie intellektuele stimulasie voordat die parlement van volgende week af weer voluit sit.

Soos ‘n kollega van Pollux se kleinniggie by dieselfde seminaar opgemerk het: die meerderheid van die ANC se LP’s is net “deurstoppe”…

‘n Paspoort vir my Russiese Bruid

‘n Gesiene ekonoom kla by die einste seminar hy sit met ‘n helse probleem.

Hy het nou die dag ‘n Russiese vrou getrou. (Maar dít is nie die probleem nie.)

Niemand in die staatsdiens weet hoe of waar hy ‘n paspoort vir haar in die hande kan kry nie.

Pollux stel voor hy gaan klop aan by die Russiese mafia, hulle het glo oplossings vir enige probleem…

Manie-vat-die-langpad-van-Dyk

Pollux hoor die DA het vir Manie van Dyk - die LP wat so lief is vir reis hy gebruik sommer sy kar pleks van om te vlieg – nou as adjunk-skaduminister van wetenskap en tegnologie aangestel.

Blykbaar gaan hy vir die DA nuwe roetes na die maan en Jupiter ontgin.

Maar party mense is bekommerd as Manie eers op die maan is, kom hy nie weer terug vir sy tugverhoor nie…


Peter Div

Pollux verneem die vensters van die gewese Bok-afrigter se kantore is Dinsdag wyd oopgegooi.

Om die helium uit te laat...

Broekskeur-Ingels


By ’n skool aan die Oos-Rand skryf die hele skool sy tweedetaal-eksamenvraestel in die saal. Ná die eksamen sê Jannie vir Koos: “Jis, Koos, hoe lyk jou leeu?”

“Watse leeu?”

“Onderaan die vraestel staan ‘draw a line’.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Pollux-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.