Pollux

POLLUX: Terugblik op Polokwane

2012-12-16 00:05

Pollux lees Woensdag so ’n bietjie terug oor wat daar in 2007 geskryf is oor die ANC se Polokwane-beraad. Die woorde “bakleierige indaba” val op. En Pollux het byna vergeet van die rou snikke wat uit die bors van kader Moe Shaik geskeur het van blydskap oor prez Jaap se Groot Sege daar.

Nog iets was dat lede van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) op dag een die volkslied met gebalde vuis staan en sing het. So halfpad deur die lied het sommige hul vuis een vir een laat sak en Pollux het die wens uitgespreek hulle kan gerus maar wegdoen met dié teken van woede.

Gebeur dit vandag in Mangaung gaan Pollux steeds bly wonder oor die doel van dié vuismakery, veral in 2012 ná onse Heer.

Groot vreugde

Pollux het min hoop dit gaan gebeur, maar dink net aan die tamaai, uitspattige vreugdevure wat oral aangesteek sal word as ons die nuus kry dat prez Jaap dit onverwags en verrassend nié weer gemaak het as leier van die ANC nie.

Soos Pollux sê, dis groot wensdenkery, maar dit sal groot sportsvreugde bring vir mense wat in geregtigheid glo!

Pollux se kristalbal wys die droom is groter as die werklikheid.

Die ander Zuma


Drie politieke kenners is gepols oor hul droomkandidaat vir president van ons land. Raai wie wys prof. Adam Habib, nuwe rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, prof. Lesiba Teffo van Unisa en Prince Mashele van die Universiteit van Pretoria toe aan? Nog ’n Zuma.

Maar dié een het al gewys sy kan iets regkry toe sy aan die stuur van sake by binnelandse sake was: Nkosazana Dlamini-Zuma.

Oningeligte kiesers

’n Briefskrywer aan The Citizen het Maandag ’n rede probeer verskaf oor hoekom prez Jaap weer as ANC-president benoem is, ondanks al die negatiewe beriggewing oor al sy streke en misstappe.

Dis glo omdat 99% van die ANC-kiesers nie koerant lees nie.

’n Naam

Pollux hoor by sy impimpi in die Kaap dat Marius Fransman, ANC-leier in die Wes-Kaap, groot ontsag het vir sy mede-comrades; veral oor hoe van hulle kon inskakel by prez Jaap se planne nadat hulle destyds eintlik lofsangers van oudpres. Thabo Mbeki was. Fransman het een by die naam genoem: Edna Molefe.

Die impimpi sê sy het hoog en laag gesoek, maar kon g’n so ’n comrade opspoor nie.

Pollux moes toe maar reghelp:

Dalk het hy bedoel Edna Molewa, minister van water en omgewingsake?

Vrou nommer twee

Die sangeres Yvonne Chaka Chaka het verklaar dat sy g’n haar man sal toelaat om ’n tweede vroutjie aan te skaf nie.

Chaka Chaka het verduidelik haar man is ’n prins van die Shangaan-stam.

“My man mag drie of vier vrouens hê, maar ek sal dit nie toelaat nie. As ek gedwing sou word om vrou no. 2 te wees, gaan dit ’n groot probleem word.”

Al wat Pollux kan sê, is: “You go, girl!”

Hoog tyd dat vroue van Afrika hul man begin staan.

Arbeider sy loon werd

Fienjas soek werk op ’n plaas en die boer stel hom aan. “Hoeveel gaan jy my betaal?” wil Fienjas weet. “Ek sal jou betaal wat jy werd is,” antwoord die boer.

Fienjas krap sy kop ’n rukkie en sê: “Aikôna, dis te min!”

Swak rapport-punte

Die seuntjie kom by sy onderwyseres en sê: “Juffrou, ek wil jou nou nie bangpraat nie, maar my pa sê as my punte nie drasties verbeter nie, gaan iemand gem**r word.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Cool. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Code 14 Drivers

Durban
1 Four All
R14 000 - R16 000 Per Month

Reception/Admin

Pretoria City Centre
1 Four All
R8 500 - R10 000 Per Month

Welders

Centurion
1 Four All
R12 000 - R14 000 Per Month

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!