Tim du Plessis

100 en erg aan’t verkalk

2012-01-14 13:39

Die Johannesburgse koerant Sowetan het dié week mooi en eenvoudig gesê wat sy (swart) lesers wil hê vir Suid-Afrika.

“Hulle begeer ’n land wat dubbelsyfer- ekonomiese groei aanteken. Hulle wil ’n korrupsievrye en doeltreffende staatsdiens sien. Hulle wil ’n land hê wat hoog aangeslaan word, internasionaal en plaaslik.”

En, baie belangrik: “Hulle wil die ekonomiese skeidslyn tussen swartes en wittes aftakel op so ’n wyse dat albei rasse gelykwaardig voorspoediger raak, eerder as gelykwaardig armer. Hulle is moeg vir misdaad,” het Sowetan geskryf.

Jy moet onredbaar stiksienig wees as jy nie hiermee kan saamstem nie. Maar dis nie die kwessie nie. Ook nie of verreweg die meeste Suid-Afrikaners, ongeag herkoms of stand, hiermee kan akkoord gaan nie. Hulle kan en hulle doen.

Die vraag is hoekom dit so moeilik is om dié eenvoudige, duidelik omlynde stel doelwitte na te jaag. Want al sê die ANC ook wat, dis nie wat tans gebeur nie.

Daar’s ’n paar valse, ongeldige verskonings hiervoor. Een: Apartheid en kolonialisme het swart Suid-Afrikaners (en die land) so diep verwond dit sal minstens twee geslagte kos om te herstel; en twee: Swartes kan nie ’n komplekse, betreklik gesofistikeerde land soos Suid-Afrika lei en bestuur nie.

In die “eeu van onreg” het die Britte min of meer aan die Afrikaners/Boere gedoen wat die swartes sê aan hulle gedoen is.

In die woorde van die Britse oud-premier sir Henry Campbell-Bannerman: Brittanje het in die Anglo-Boereoorlog “methods of barbarism” ingespan om die Boere te verslaan en uit te wis. Ons ken die storie.

Dít het ons Afrikaner-voorsate geslaan met nogal baie dieselfde wonde en letsels as dié waaroor die Karibiese psigiater en filosoof Frantz Fanon dekades gelede al geskryf het.

Verdrukking het, volgens Fanon, Afrikane opgesaal met ’n langdurige minderwaardigheidsgevoel, selfhaat, ’n lae selfbeeld, onderdrukte aggressie, angs en rasse-jaloesie.
Swart intellektuele oral in die wêreld hang Fanon met ’n haas goddelike heldeverering aan – vandag nog. Hy het hulle immers die volmaakte verskoning gegee om die mislukkings van post-koloniale Afrika op ander af te skuif. (Raai wie?)

Maar wat het die Boere gedoen ná hul koloniale verwonding aan die hand van die Britte? Hulle het wonde gelek vir ’n paar jaar. En hulle toe begin optrek aan hul eie skoenrieme – langsaam, moeisaam en tydsaam. Maar vasberade.

In die proses het hulle hul selfrespek en selfvertroue herwin. Helpende hande was daar sonder twyfel. Maar die helpende hand het altyd selfhelp gevolg – nie andersom nie, soos wat die Afrikane dit wil hê.

Lang storie om te sê: Apartheid en kolonialisme is geen verskoning vir die afwesigheid van leierskap nie. Trouens, as daar een ding is wat in “ANC 100” uitgestaan het, is dit dit: Toe verdrukking in Suid-Afrika op sy ergste was, was die kaliber van swart leierskap van die beste ooit.

Die ander verskoning – dat swartes nie kan lei en bestuur nie – word maklik uit die pad gekry. Ons sien elke dag voorbeelde van swart Suid-Afrikaners in alle sfere van die gemeenskap wat daardie snert verkeerd bewys. En die voorbeelde word meer, nie minder nie.

Daar is dus geen, maar geen verskoning vir die klaaglike gebrek aan leierskap wat verlede Sondag so skreiend ten toon gestel is in pres. Jacob Zuma se “feesrede” in Bloemfontein nie.

Daar is wel ’n verklaring. Dis dit: Die ANC het ophou funksioneer as ’n baarmoeder vir leierskap.

Sy missie is voltrek; sy tyd is verby. Justice Malala het Maandag in The Times die regte woord daarvoor gehad: “sklerose”. Dis ’n verkalkte party.

En soos almal weet, verkalking is ’n permanente toestand, onomkeerbaar.

Dié land het dit in hom én in sy mense om uit te kom by daardie eenvoudige, haalbare doelwitte vermeld in die begin van dié rubriek.

Maar die hedendaagse ANC het dit nie in hom om ons daar te kry nie. Jammer om te sê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Tim du Plessis-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.