Tim du Plessis

Dis veiliger om min te verwag

2012-12-16 00:05

In Kanada hou ’n koerant elke jaar ’n interne kompetisie vir die verveligste, voorspelbaarste opskrif. “Pous bid vir vrede”, het die wenopskrif een jaar gelui.

In Suid-Afrika sou sy ekwivalent kon lees: “Madiba vra vir eenheid”.

Sleg ding vir ’n koerantmens om te sê, maar sedert Vrydag immuniseer ek my teen die gaapmakende, niksseggende opskrifte – in álle media – wat in die volgende dae op ons gaan reën.

Wees op die uitkyk vir: “High noon in Mangaung”. “The knives are out!” “Zuma vra vir eenheid”. “Verdeeldheid ’n mite – Mantashe”. “ANC op koers vir 2014”. En “ANC looi koerante”.

“Zuma stonk Motlanthe” is seker onvermydelik. Maar kwalik nuuswaardig. Rapport het twee Sondae gelede al aangekondig “Zuma wen”.

Ek probeer so hard ek kan, maar ek kan eenvoudig nie aan iets dink wat op die Mangaung-konferensie kan gebeur wat ’n banier-opskrif kan oplewer wat die wêreld tot stilstand sal ruk nie. Hoe gevaarlik so ’n voorspelling ook al mag wees.

Van “ANC pos Zuma!” kan jy maar vergeet. Ook van “Korrupsie in ANC stop nóú, sê Mantashe”. Of “ANC groet verlede; gryp toekoms!”

Jy gaan ook vergeefs uitkyk vir “Nasionalisering verwerp”. Of “Ja vir Manuel se plan”. (Trevor Manuel en Cyril Ramaphosa se nugtere nasionale ontwikkelingsplan wat oral lê en stof vergader, behalwe in die president se kantoor, waar die plan vermoedelik nog nie afgelewer is nie.)

Lang draai om te sê: Hou jou verwagtinge oor Mangaung beskeie. Sedert Vrydag het verskeie koerante die (nie meer so) ongewone stap gedoen om die ANC aan die vooraand van sy konferensie in swaartillende hoofartikels aan te spreek.

Amper soos tentpredikers het hulle die ANC vermaan om asseblief tog te bekeer “voor dit te laat is”. Mangaung is die laaste kans vir die ANC om sy morele leierskap te herstel, was so ongeveer die algemene trant.

Ook: Die wêreld, die land, die ANC, álles het verander sedert Polokwane. Pas aan of sterf, was die raad, à la PW, aan die ANC.

Ain’t gonna happen, guys. Jammer om te sê.

Dié garde van ANC’s wat nog aan die voete van Oliver Tambo en Nelson Mandela gesit het, verseker ons hoog en laag die party het ’n wonderbaarlike vermoë om hom te vernuwe en terug te bons uit stagnasie.

As dié vermoë ooit bestaan het, is daar vandag niks daarvan oor nie. Die ANC het nie net sy morele kern verloor nie, hy is ook sy veerkrag kwyt.

Die “Zumafikasie” wat in Polo­kwane op dreef gekom het, is nou ’n stoomroller wat die party in ’n ander rigting stuur as die een waarin die snel moderniserende Suid-Afrika sedert die einde van apartheid begin beweeg het.

Die ANC kyk agtertoe terwyl die res van ons – swart én wit – vorentoe kyk. Hul formaat en ons formaat pas nie op mekaar nie. Soos ’n Beta-masjien wat nie ’n VHS-kasset speel nie.

Mangaung sal dié probleem nie fieks nie. Die konferensie sal eerder bevestig Suid-Afrika is geen uitsondering op die reël met bevryding en emansipasie elders in post-koloniale Afrika nie. In’t kort:

* ’n “Bevrydingsparty” verkry beheer oor die land,
* Hy sit sy mense in posisies van bevoorregting en mag,
* Hulle gedra hulle soos die eertydse verdrukkers en verryk hulle ten koste van die massas, en
* Die bevrydingsparty wat regerende party word, misbruik die instellings van die staat om die mag te behou en interne opposisie te vernietig.

Ja, Afrika hét kop opgetel en beur vorentoe. Maar eers moet dié patroon, dié sindroom, verbreek word. Dít is ’n uitgerekte en pynlike proses, vir die land én vir die “siek” party, in ons geval die ANC in Suid-Afrika.

Mangaung kan ten beste ’n moment daarin wees. Maar geen lotsbepalende “gebeurtenis” met opskrifte wat jou sal ruk nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.