Tim du Plessis

In die bed met korrupsie

2012-01-28 14:53

Die lansering van die anti-korrupsiefront Corruption Watch (CW) dié week het ’n Bybelse gesegde by my opgeroep.

“Is Saul ook onder die profete?” moes ek wonder by die aanskoue van mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, in die geselskap van sulke onberispelike figure soos Bobby Godsell, die oud-DG’s Mavuso Msimang en Mary Metcalfe, oud-grondwetregter Kate O’ Regan, emeritus aartsbiskop Njongonkulu Ndungane en Moeletsi Mbeki.

Saam met ons eie Joan d’ Arc, adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer. Cosatu-grootbaas Zwelinzima Vavi seker ook, as jy verby sy sklerotiese sosialisme kan kyk.

CW is ’n hoogs noodsaaklike burgerlike inisiatief, gemik daarop om die breë gemeenskap te mobiliseer teen korrupsie, van die weinig werklik tasbare “vrugte” van byna 18 jaar van ANC-bewind.

In die geselskap hierbo genoem het Radebe so min tuisgehoort as die dubbelprater Saul destyds tussen die goeie profete in Samuel se tyd in die Ou Testament.

Radebe is ’n groot deel van die korrupsieprobleem, allermins die oplossing.

CW se mense het seker maar gedink die ANC sal hulle moeiliker kan weglag as ’n invloedryke minister soos Radebe by die lanseervergadering is.

As of wanneer CW ooit iets uitrig, sal dit wees ondanks Radebe se teenwoordigheid daar, nie danksy nie.

Niemand het ’n groter plig as ­Radebe en sy departement om toe te sien dat die wapens waarmee die staat korrupsie beveg skerp en geloofwaardig bly nie.

In die Zuma-era het min mense egter meer as Radebe gedoen om dié wapens stomp te maak en te hou. Hy was die laksman wat die Skerpioene tereggestel het, dalk die beste anti-korrupsiewapen wat die land nóg gehad het.

Radebe was ook die program­direkteur by die konkelkonsert waar die twyfelagtige adv. Menzi Simelane aangewys is as die land se vervolgingshoof.

En by dáárdie sitting van die Regterlike Dienskommissie waar die hoofregterskap van regter Mogoeng Mogoeng in die lewe gekom het, was Radebe die vroedmeester.

Bes moontlik kon hy kwalik sy geluk glo dat hy hom Donderdag skielik in die deurlugtige geselskap bevind van die goeie mense van CW. Volgende keer, as die ANC weer getakel word oor korrupsie, sal Radebe vir seker trek van die politieke kapitaal wat sy teenwoordigheid by CW vir hom en die ANC geskep het.

Schabir Shaik het ’n beter kans as ’n kampvegter vir sake-etiek as wat die Jacob Zuma-regering het om te oortuig as ’n uitroeier van korrupsie.

Want korrupsie is nie waaroor dit vir hulle gaan nie. Nee, dit gaan net oor die beskerming van Zuma se kwesbare leierskap.

Oud-polisiekommissaris Bheki Cele is nie in tamatiestraat oor sy rol in die omstrede Roux Shabangu-transaksies nie.

Sy eintlike “sonde” is hy het die Zuma-kamp verlaat.

As mnr. Julius Malema nie teen Zuma gedraai het nie, was daar nooit ’n tugverhoor nie.

En het Malema se kameraad en tendermakelaar, premier Cassel Mathale van Limpopo, nou nog lekker gesit en stokkielekkers uitdeel.

Zuma se presidentskap is in sonde ontvang en gebore. Bymotiewe, komplotte en verskuilde agendas is vir hom en sy kohorte ’n manier van lewe, tweede natuur. Hulle hang ’n korrupte ANC-kader net as dit Zuma kan help of beveilig. Korrupsie is bysaak. Hulle sê een ding, maar doen iets anders.

Een stel reëls vir die Zuma-projek, ’n ander stel vir die res.

Vars maar tot dusver ongepubliseerde navorsing van die markpeilers futurefact dui daarop ’n volle 74 % – byna ’n driekwart – van respondente in ’n betroubare steekproef glo korrupsie in SA het nou so erg geword dat hulle alle hoop verloor het dit kan gestop word.

As gevolg hiervan is 61% pessimisties oor die land se toekoms. 61% van álmal, let wel. Nie net wit nie.

Dís waar CW se teikenmark lê. Hulle moet vir dié moedelose, ontnugterde mense wys hulle kan dóén; iets uitrig; nie net praat nie.

Praat is die ANC se alleen-domein. Dit en duur uitspattige partytjies. Naas tenders uitdeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Tim du Plessis-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.