Tim du Plessis

Steeds maar in die bunker

2013-01-27 00:45

Jakkals verander van hare, maar nie van streke nie, lui die spreekwoord.

Dit lyk ál meer hoe verder Mangaung in die vergetelheid verdwyn, hoe meer geld dié ou stukkie boerewysheid vir die ANC.

’n Kortstondige verposing, noem dit ’n “Mangaungse Lente”, het mos ingetree ná die konferensie. Want “Cyril het huis toe gekom”, nasionalisering is nek omgedraai, Trevor Manuel se magiese nasionale ontwikkelingsplan het amptelike beleid geword en Julius Malema is begrawe.

Politiek, natuurlik.

Verkeerd.

Dis ’n raps meer as ’n maand ná die konferensie en die pre-Mangaung-ANC is terug.

Met mag en mening.

Ons jakkals se streke is onveranderd.

Hy is steeds ’n party wat uit ’n bunker gelei word.

Met paranoïese leiers wat vas glo in elke hoekie en gaatjie in die land sit “vyande” wat saamsweer om hul ondergang te bewerk.

Blinkgesig-kinders wat in ’n TV-advertensie dinge sê wat seker 80% van alle Suid-Afrikaners weet – dat hier te veel geweld en korrupsie is en dat die regering sy werk vrotsig doen – maak hulle senuweeagtig.

Bang.

So veel dat hulle swawel en verdoemenis afroep op die stomme bank wat vir die kinders ’n stem gegee het – nie om “verraad“ te pleeg nie, soos die ANC daar in die bedompige bunker glo.

Eerder omdat die bank ’n (ietwat onbeholpe) poging wou aanwend om ’n bietjie positiewe energie los te kry.

Sodat Suid-Afrikaners tog nie so neerslagtig moet wees nie.

Ja, natuurlik wil ENB eintlik geld maak en hul handelsmerk bevorder. Maar daar’s maniere en maniere hiervoor.

Om te speel op mense se hunkering om te hoop op iets beters, ’n beter land, is een daarvan.

So hoekom dan die bloedstollende bohaai?

Hier’s die eintlike rede: Hulle het in die advertensie ’n ietsie gesien van “aktiewe burgerskap”, daardie ding wat dr. Mamphela Ramphele ons probeer leer van moenie in magteloosheid sit en mopper nie.

Staan op en sê jou sê.

Bemagtig jou en dóén iets. Durf om te hoop.

Hou op wag en kyk vir die regering.

Want vir die ANC is dít die verkondiging van kettery. In sy koddige heelal mag jy ’n aktiewe burger wees, maar dan volgens ANC-voorskrifte.

Verkieslik as ’n ontplooide kader.

Jy mag jou mening hê en lug en jy mag selfs kritiseer.

Maar net in ruimtes waar die ANC nie bedreig voel nie.

Volgens sy reëls en voorskrifte. ’n Man met kanale na die binneste binnekring – hy praat gereeld met pres. Jacob Zuma – bel die afgelope week.

In vadersnaam, help asseblief net om die temperatuur af te kry, versoek hy.

Julle besef nie wat aan die gang is nie. Dis ’n leierskap in die bunker.

“Julle” teen “ons”. “Julle” wat “ons” ondergang soek.

“Dis PW en die NP in die 80’s in die tyd van die oorlog,” sê hy.

Daar het jy dit. Ek sluit my saak, edelagbare.

Ons weet wat van PW en die NP geword het... En Zuma?

Hy was dié week op ’n roll. Min gespin, onse president.

In Davos het hy sonskyn verkondig.

My skoon na oorlede dr. Piet Koornhof laat verlang. In 1979 was dié mos in Palm Springs in Kalifornië ewe erg in vervoering oor Suid-Afrika.

“Apartheid is dood!” het doktor later uitgeroep – tot grote konsternasie, hier en oral.

Toe nou nie heeltemal dood nie. Eers anderhalf dekade later, nadat Koornhof se party tot inkeer gedwing is en ’n totaal nuwe koers ingeslaan het.

Suid-Afrika ís ’n wonderlike land mét fantastiese potensiaal, soos Zuma in Davos verklaar het.

Maar daardie beleggers by wie hy so vlerkgesleep het, sal eers kom as die regerende party, nes destyds, op ’n ander trajek begin beweeg.

In die vorige era het hulle Suid-Afrika aktief geïsoleer en geteiken. Dié keer swyg hulle en hou verby. Zuma in sy seskleur-serp met sy breë Davos-glimlag verberg nie die strakke werklikheid dat die ANC nie sy storielyn in Mangaung verander het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.