Tim du Plessis

Tyd ryp vir 'n 'nuwe droom'

2012-12-02 00:20

In daai gevoelvolle huldeblyk aan prof. Jakes Gerwel wat Antjie Krog Donderdagoggend op Monitor voorgelees het, praat sy oor wat Gerwel alles “in hom verbind het”. Sy noem dan sy “droom van die nuwe”.

Krog vertel ook van die innige vriendskap en die politieke party wat hulle gedeel het.

Agterna het ek gewonder of Gerwel en Krog, behalwe oor die letterkunde, poësie en filosofie, soms ook gedagtes gewissel het oor hoe die ANC, hul gedeelde party, vaar met die ­realisering van daardie “droom van die nuwe”.

Het hulle soms ook oor Nkandla gepraat? Oor korrupsie en die liederlike vermorsing van hulpbronne? Oor die muilbandwetgewing? Oor tanende respek vir die Grondwet? Oor arrogansie en die banale vertonings van nuwe rykdom?

Gerwel het in die laaste tyd nogal sy onbehaaglikheid betuig met veel van dit wat op die ANC se wagbeurt gebeur het sedert die goue Madiba/Jakes-era – in sy rubrieke op dié blad.

Kort ná die 2011-munisipale verkiesing het hy geskryf van “gerugte en duidelike voorbeelde van wanbestuur, korrupsie, openbare onwelvoeglikheid en opsetlike pogings tot aanstigting van nasionale verdeeldheid”. Hy noem hom ’n “ou useful idiot” en verklaar (trots?) hy het steeds maar weer ANC gestem.

Tog, in die rubriek het hy ook met genoegdoening raakgesien wat Helen Zille besig was (en is) om met die DA te doen. Alle “non-racialists” moet dankbaar wees daaroor. En hoewel hy nie vir haar gestem het nie, moet ons hoop “daar is meer Suid-Afrikaners soos sy in die ronde”, het hy geskryf.

“Die droom van die nuwe” in Krog se huldeblyk is die struggle-droom wat in 1994 gerealiseer het.

Dié is vandag eintlik nie meer nuut nie. Dis verslete, dreigend om te verflenter.

Sou Gerwel ook gedroom het van ’n “nuwe iets” anderkant en verby dit wat ons tans beleef? Hy wat die land, soos Krog sê, baie liefgehad het?

In daardie 2011-rubriek sê Gerwel as ons beweeg na twee sterk, volhoubare politieke partye, “sal hierdie ou ANC-ondersteuner” een van die eerstes wees wat juig.

Baie van die gesiene figure wat die afgelope week gepas en roerend hulde gebring het aan Gerwel, droom en leef reeds in daardie rigting. Mense soos Jonathan Jansen en Wilmot James.

Reeds in daardie ruimte is ander tyd- en geesgenote: Mam­phela Ramphele, prof. Njabulo Ndebele, Moeletsi Mbeki en ’n hele falanks jong, swart intellektuele.

Dieselfde energie en intellek wat die struggle-droom gerig het, monster hulle nou om ’n werklikheid verby die ANC te verbeel en te bewoord.

Buiten die vlietende vermelding laas jaar van Helen ­Zille, is Gerwel nie opgemerk in dié geselskap nie. Dit ter boekstawing, nie om te verwyt nie.

Gerwel was ’n bloed-ANC – soos alle partye en bewegings het. In die vorige bedeling het ek sulke mense goed geken.

Toe die “New Nats” – Leon Wessels, Wynand Malan, Dawie de Villiers, Roelf Meyer, Albert Nothnagel en ander – reeds ’n nuwe droom anderkant NP-beheer gedroom het, het hele gardes van bloed-Natte bly staan. Ja, ons sien die NP se turf sit. Maar ons bly maar. Soos een altyd gesê het: “Al is die ou party oortrek van die vratte.”

Van die mooiste dinge wat in die week oor Gerwel gesê is, was vertellings van bruin leiersfigure uit sy era. Vertel tref meestal dieper as hagiografie.

Hulle het destyds saam met Gerwel in die struggle gedroom “van die nuwe”. Maar hulle droom vandag ’n verdere nuwe droom. Die bruin mense in die Wes-Kaap, vir wie Gerwel ’n Moses-figuur was, het by hom verbygeloop – DA toe.

Ek sou graag sy gedagtes hieroor wou ken. Want saam met die dromers van die volgende nuwe droom, glo ek daar móét en sál iets beter wees as dit wat ons nou het.

Jakes Gerwel is regtig net te vroeg weg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.