Tim du Plessis

’n Muggie nou, maar eendag...

2013-02-23 23:02

Die verskyning van dr. Mamphela Ramphele aan Suid-Afrika se politieke sterrehemel is ’n stukkie lekkerkry.

Nie omdat sy die nuwe mes­sias is wat ons gaan verlos van die juk van ANC-regering nie. Sy is nie. Sy gaan bes moontlik ook nie die opposisie verenig voor die 2014-verkiesing nie.

Ramphele is ook nie die antwoord op sommige wit mense se versugtinge dat hulle meer erkenning moet kry en meer ­geborge moet voel in die hedendaagse Suid-Afrika nie.

Agang, haar “partypolitieke platform”, gaan nie oor wit mense nie.

Dít het daardie geweldige hoed en die tradisionele Xhosa-uitrusting beduie waarmee sy Maandag die podium in die ou vrouegevangenis op Grondwet­heuwel in Johannesburg bestyg het. Swart mense moet hou van haar klere, nie wit mense nie.

Niks wat sy sedertdien gesê het, gee enige aanduiding dat Ramphele gretig is om wit mense, en ander sogenaamde minderhede, se stemme te oes nie.

Selfs al sou sy, sal sy sukkel met wit kiesers. Nie ná al die kere toe sommige mense naïef en oorbegeester vir Bantu Holomisa, Patricia de Lille en Cope gestem het nie – en hul stemme gemors het.
Ramphele het vrede met wit mense en dis goed so.

Sy het Maandag verskeie problematiese verdelingslyne in die land uitgelig, soos ryk/arm en platteland/stedelik. Maar nie ras nie.

Hoekom? Wit mense is nie Suid-Afrika se probleem nie. Baie van hulle is rasbehep en handel volgens rassestereotipes – nes die ander. Maar ’n klompie rassiste van alle kleure en geure bewerk nie Suid-Afrika se ondergang nie. Die eintlike bedreiging is vrot regering en korrupsie weens die ANC se terminale politieke sklerose. Dís wat Ramphele wil takel.

Skynbaar is die bloed-DA’s woedend omdat Ramphele so parmantig durf wees om daarop aan te dring dat die DA ontbind en sy lot by haar kom ingooi.

Natuurlik is dit ’n verregaande eis. Maar ook veelseggend. Dit verklaar hoekom wit mense nie vir Ramphele ’n kwessie is nie.

Dinsdagoggend vra ’n radio-aanbieder haar: Jy staan vir ­alles waarvoor die DA staan, jou kritiek teen die ANC is dieselfde en jy en Helen Zille is goeie vriende. Waarom nie by die DA aansluit nie?

Ramphele se antwoord was bondig: “Die DA se denkwêreld (mindset) moet eers verander.”

En sy laat dit net daar hang – asof sy wil sê, maar dis nie my probleem nie, dis die DA s’n.

In Ramphele en miljoene swart Suid-Afrikaners se wêreld het daardie mindset ’n naam: wit meerderwaardigheid.

Dis die een groot verwonding in die psige van die land wat volgens haar nog nie genees is nie. Die ander verwonding is swart minderwaardigheid – dit waaraan sy grootliks haar lewe gewy het.

Ál die doemprofete wat Agang se verskyning afmaak as niksbeduidend is reg – én verkeerd. Sy dra nie regimeverandering in haar nie, maar wel iets anders. Noem dit suurdeeg.

In 1987 het Wynand Malan, Esther Lategan en Denis ­Worrall uit die ewe sklerotiese NP geloop en hul eie party teen die NP gestig. Malan het in Randburg gewen en Worrall het met net 39 stemme teen Chris Heunis in Helderberg verloor. Lategan het verder verloor in Stellenbosch.

Honende kommentators in die Afrikaanse koerante het die drie se eensame stryd afgemaak as van nul en gener waarde, nes ANC-gesindes dié week in die Engelse koerante aangegaan het oor Ramphele.

Maar glo my, ek was daar, daardie driemanskap het destyds ’n beroering onder Afrikaanse kiesers veroorsaak. Twee jaar later het FW de Klerk oorgeneem en die hele besigheid op sy kop gekeer.

So “’n FW-oomblik” wag ­iewers in die toekoms op die ANC. Ramphele se toetrede tot die politiek behels ’n klein tree nader aan daardie dag. Die beste is, die ANC weet dit ook.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.