William Gumede

Koalisie as alternatief vir ANC

2012-01-21 14:08

Telkens voor verkiesings onderneem ANC-ondersteuners landwye protesoptogte om hul misnoeë oor swak diens­lewering, korrupsie en die apatie van hul verkose ANC-verteenwoordigers te kenne te gee. Dog, kom die verkiesing, stem hulle opnuut vir die ANC.

Daarná is hulle terug op straat om hul woede te demonstreer jeens die einste ANC-raadslede en regering vir wie hulle gestem het. Hoekom?

Baie ANC-ondersteuners stem vir die ANC as party, eerder as vir die individuele kandidate wat onder die vaandel van die ANC verkiesbaar is. Dít verduidelik hoekom ’n bedenklike leier soos mnr. Jacob Zuma as ANC-president verkies is. Diegene wat teen Zuma as individu gekant was, het geredeneer hul stem gaan steeds aan die ANC as party.

Voorts slaag die ANC goed daarin om die blaam vir swak prestasie na ’n paar vrot appels – pleks na die party in sy geheel – te verplaas. Talle ANC-ondersteuners reken dus die korrupte en onbevoegde leiers in die ANC verteenwoordig ’n klein minderheid. Hulle redeneer hul ANC is steeds in die hande van ’n oorweldigende groep vaardige, toegewyde en skoon leiers. Die prominensie van verstandige individue soos adj.pres. Kgalema Motlanthe stel die twyfelaars ook gerus.

Die ANC het in sy dae as ’n verbode organisasie letterlik en figuurlik as ’n broad church gefunksioneer. Dit het emosionele ondersteuning aan sy lede gebied, rigting aan hul lewe gegee en na hul welsyn en onderrig omgesien.

Net soos dit moeilik is vir ’n lidmaat om sy bande met ’n kerk te verbreek as hy ’n probleem met die plaaslike prediker het, net so is dit vir lojale ANC-lede moeilik om op grond van ’n individu hul bande met die party te verbreek.

Boonop het die ANC die model van begunstiging waarop hy as bevrydingsorganisasie geskoei was na die regering oorgedra.

Talle brandarm ANC-ondersteuners dink net die ANC kan vir hulle werk, openbare dienste en toelaes gee. Hulle beskou oorwegend wit politieke partye as vyandig en ongeïnteresseerd in dit wat vir swart mense belangrik is soos werk, behoorlike behuising en onderwys. Ook beskou hulle ander swart politieke partye as niksbeduidend.

Voorts het talle ’n opregte vrees dat hulle nog meer gemarginaliseerd sal wees, sou hulle die ANC verlaat.

Talle glo die ANC se vrot staatsbestuur kan deur ’n nuwe leier of leiers opgelos word. Die verrotting binne die ANC is egter nou van so ’n aard dat net verandering op voetsoolvlak – van die takke af boontoe – gelei deur demokrate binne en buite die ANC, die party werklik kan verander. Om bloot individuele leiers en beleid te vervang gaan nie werk nie.

Intussen is opportunistiese ANC-leiers baie goed daarmee om desperate ondersteuners te herinner dat hulle weens apartheid in ’n lewe van armoede en ellende vasgevang is.

Dus sal opposisiepartye, waar hulle ook al regeer, moet demonstreer dat hulle nie net goed kan regeer nie, maar ook in die belang van arm swart mense regeer. Dít sal persepsies verander dat net die ANC omgee. ’n Breë koalisie van Suid-Afrika se opposisiepartye kan ook help om persepsies te vestig dat ’n alternatief vir die ANC wel moontlik is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste William Gumede-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.