Zelda Jongbloed

Motlanthe die man vir stuur

2012-02-04 14:42

Is adj.pres. Petrus Kgalema Motlanthe die een wat ons regering gaan terugbring op die pad wat deur oudpres. Nelson Mandela aangewys is? Met ander woorde eerlike, deursigtige, korrupsievrye, ordentlike regering onder aanvoering van ’n man vir wie ook die gewone Jan en Griet respek het.

Ek beleef Motlanthe as ’n man vir wie die benaming vredemaker en diplomaat soos ’n goed passende kleed pas. Sy naam word maande lank al rondgegooi as die man wat diegene in die ANC wat ontevrede is met die leierskap van pres. Jacob Zuma teen die einde van die jaar as die nuwe president van die ANC en landspresident wil sien. Self het Motlanthe nog nooit deur woord of daad laat blyk wat hy van hierdie verwagtinge dink nie. Maar dis nie ’n onaanvaarbare gedagte nie. Hy lyk en tree presidensieel op.

Ietsie oor sy agtergrond: Hy is in 1949 in Alexandra in Johannesburg gebore as die oudste van ses kinders in ’n werkersklasgesin. Hy het in Soweto grootgeword. Die vormende invloed in sy lewe was die Anglikaanse Kerk – dermate dat hy ’n loopbaan in die kerk oorweeg het. Ná matriek aan die Hoërskool Orlando het hy hom onderskei as studente-aktivis en is hy in 1977 tien jaar tronk toe gestuur.

Op Robbeneiland het hy hom in die dampkring van groot ANC-leiersfigure bevind. Toe hy in 1987 vrygelaat is, was hy eers ’n vakbond-amptenaar en later die sekretaris-generaal van die ANC. Hy is in 2007 in Polokwane tot adjunk-president van die ANC verkies en is in Mei 2008 in die kabinet aangestel.

Dis bekend dat Motlanthe bewondering gehad het vir die wyse waarop die Afrikaner mag gebruik het om Afrikaners te ontwikkel en te bevorder, ’n bewondering wat sekerlik spruit uit Motlanthe se bemoeienis met die lot van arm mense. In dié opsig was hy ’n voorstander van kaderontplooiing.

Motlanthe se versigtige en soms diplomatieke benadering tot die groot kwessies van die dag spreek baie duidelik uit sy openbare kommentaar oor sleutelkwessies:

* Nasionalisering: Hy verseker ons in November verlede jaar nog dat nasionalisering nie regeringsbeleid is nie. Maar los dan die deur oop vir moontlike verandering deur te sê daar is geen onmiddellike planne om dit te verander nie, maar bevestig dat transformasie in die mynbedryf noodsaaklik is.

* Ekonomie: Ek stem met hom saam as hy sê politieke vryheid impliseer nog lank nie ekonomiese vryheid nie en dat ons eers almal werklik vry sal wees as ons ekonomies ook vry is. Histories openbaar hy sosialistiese neigings en het byvoorbeeld as vakbondlid die regering se Gear-beleid verwerp.

* Grondhervorming: Hy stel die volk gerus wanneer jong heethoofde in die party begin praat van “grond gryp sonder betaling”. Hy meen die Grondwet hoef nie verander te word daarvoor nie omdat huidige wetgewing genoeg tande het vir die regverdige bereiking van grondhervormingsteikens.

* Hy is bekommerd oor gebrekkig dienslewering en gebruik openbare verhoë om die regering te verbind tot verbetering.

* Motlanthe het groot lof vir die rol wat die regbank gespeel het en steeds speel in die opbou en handhawing van die demokrasie.

* Motlanthe se benadering tot geslagskwessies sal hom gewis ’n gunsteling onder vroue maak. Hy is ’n voorstander van groter geslagsgelykheid. Hy is krities oor die bestaande patriargale benaderings en die ongelyke magsverhoudinge en ten gunste van groter bemagtiging van vroue.

Dis egter oor sy uitgesproke teenkanting teen korrupsie wat die grond waarop die demokrasie gebou is so uitkalwe, dat Motlanthe my stem kry. Sy persoonlike integ­riteit is bo verdenking. Daarby het hy na my mening nog min verkeerd gedoen en hoewel hy soms voorkom asof hy geneig is om soos die gemiddelde politikus ook maar sy seile na die heersende wind te span, hou ek van sy besadigde benadering tot die groot kwessies van die dag.

Vir eers sien ek geen ander kandidaat wat ’n doeltreffender president as Motlanthe sal wees nie. Ek glo hy sal eerlikheid en ordelikheid terugbring.

Daarby hou ek baie van die naam Petrus!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Zelda Jongbloed-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.