Zelda Jongbloed

Motshekga dop die toets

2013-01-20 02:42

’n Mens kan nie help om te wonder of ons regering regtig so begaan is oor die gehalte van onderwys en opvoeding soos hy voorgee nie.

Om die een of ander rede kom die beloftes daaroor en die werklikheid nie dikwels by mekaar uit nie.

Dit lyk asof die regering sy eie beloftes oor onderwys ondermyn deur nie aan die mees basiese behoeftes van skole – soos behoorlike infrastruktuur – te voldoen nie.

Die regering se argelose houding is die afgelope maande op verskeie skokkende maniere by ons tuisgebring.

Die meeste Suid-Afrikaners het die frustrasie van skole in die noorde van die land om skoolhandboeke te kry, beleef.

Dat Angie Motshekga, die onderwysminister, steeds in haar pos sit, kan sekerlik net toegeskryf word aan die belangrikheid van haar steun vir ’n tweede termyn vir pres. Jacob Zuma.

Asof die gemors met die boeke nie genoeg is nie, het sy pas ’n nuttelose dokument oor die stand van infrastruktuur by skole uitgereik met ’n uiteensetting van wat die regering daaraan gaan doen.

Altans, dis wat die dokument veronderstel was om te doen.

Die organisasie Equal Educa­tion het verlede jaar geslaag in ’n aansoek om ’n hofbevel om die onderwysdepartement te dwing om die dokument voor middel Januarie vanjaar bekend te maak – soos in 2008 belowe is.

In sy aansoek het Equal Educa­tion skokkende statistieke gebruik om sy saak te steun.

Van die sowat 25 000 skole landwyd het 93% geen vorm van biblioteek nie.

Ouers weet goed hoe belangrik hierdie bron binne die raamwerk van die leerplan is.

Dit raak erger.

Terwyl die Eerste Wêreld al begin het met die verkenning van die planeet

Mars, gebruik kinders in 46% van alle skole steeds putlatrines, terwyl 913 skole geen toilette het nie en 2 500 skole sonder water moet klaarkom.

Die leeromgewing vir die kinders in hierdie skole is net soveel moeiliker as dié van leerlinge in skole wat wel oor die mees basiese infrastruktuur beskik.

Motshekga se woordspeletjies in dié sogenaamde verslag is regtig skokkend.

Niks word in terme van hulpbronne belowe nie, behalwe dat die regering “binne 18 maande” ’n volgende dokument sal vrystel.

Verder bevat die verslag geen leiding aan provinsies oor spesifikasies en voorgestelde standaarde vir die verbetering van infrastruktuur nie.

Ons mag nie die minister laat wegkom met halwe werk nie.

Dis goed dat Equal Education as kampvegter optree namens ouers wat nie die vermoë het om dit te doen nie.

Dis goed dat hulle die regering aanvat hieroor en hulle na die hof wend indien nodig.

Maar daar rus ook op elke burger ’n amper heilige verantwoordelikheid om te verseker dat diegene wat ons vertrou met die opvoeding van toekomstige geslagte dit op verantwoordbare wyse doen.

Ons moet daarteen waak om meegevoer te word deur die regering se juigkommando oor die 2012-matriekuitslae wat onlangs bekend gemaak is.

Ons matriekuitslae van verlede jaar skiet ver te kort.

Net ’n klein persentasie van leerlinge kan hul studie aan universiteite voortsit.

Daar is diegene wat reken ons moenie vir Motshekga die skuld gee vir die stand van die onderwys nie.

Ek is jammer: As jy jou vir ’n toffie uitgee, moet jy verwag om gelek te word.

As die regering reken Mo-t­shekga is bekwaam genoeg om vertrou te word met die allerbelangrikste taak van opvoeding, moet hy die pak vat as dinge verkeerd loop.

Dis tyd dat praat en aksie by mekaar uitkom.

Trek die grense duideliker, gee skoolhoofde hul magte terug en hou op om hulle te behandel asof hulle slegs die lakeie van departemente is, maak seker dat onderwysers deeglik opgelei is en maak sommer seker dat hulle elke dag op skool is en klasgee.

En plaas mense in beheer van onderwys wat die intellektuele kennis van opvoeding het om werklik die behoeftes te verstaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Zelda Jongbloed-kommentaar

Neville Chamberlain sê... En ons wat redelike welaf nie-plakkers is nie koop ons dinge by gewone winkels en nie krotbuurt spazas nie. "" Daat is duidelik 'n probleem met jou kognitiewe waarnemings vermoee. Ek het spesifiek die volgende geskryf: ".dit is tog mits hulle wat by BTW geregistreerde besighede koop wat die BTW aan SARS oorbetaal". Een vraag - hoeveel mense bly in krotbuurte (soos jy dit noem) en hoeveel bly in middelklas woonbuurte? Jou argument dra nie water nie - inteendeel is dit dood gebore Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.