Zelda Jongbloed

Politiek nié vir Ramphele

2013-02-02 23:25

Die naam Mamphela Ramphele was nog altyd vir my sinoniem met Steve Biko en die opkoms van die swartbewussynsbeweging.

Sy het op sowel die politiek-filosofiese as voetsoolvlak ’n onthoubare verskil gemaak en my bewondering vir haar bydrae het oor die jare nooit getaan nie.

Haar openlike kritiek op die ANC-regering oor die blapse wat hy maak en die wyse waarop die demokrasie by tye verkrag word, vind aanklank by die meeste mense wat bekommerd is oor die gang van sake.

Hoekom dan sal ’n vrou wat hier en elders ter wêreld groot bewondering uitlok jeens onder meer haar sakevernuf en politieke insigte dit wil prysgee om haar eie politieke borsrok aan te wurg? Hierdie vrou, wat vreesloos namens ’n vuisvoos burgery die demokrasie voortdurend onder die vergrootglas hou en diegene binne die regering wat dit vergoedkoop, vreesloos aan die kaak stel en met die tong gesel?

Dis waar dat die grootste deel van die swart bevolking die ANC by die stembus ondersteun.

Dis eweneens waar dat die boksie-rasbenadering tot ons samelewing steeds in ’n groot mate ons werklikheid is en dat die lesse uit apartheid nog te goed onthou word. Ramphele het dus ’n beter kans as baie om breë steun, maar veral swart, te werf.

Ons het ’n ooraanbod van politieke leiers binne bestaande politieke strukture. Wat ons bitter min van het, is kritiese stemme (veral geloofwaardige nuwes) wat nie wit is nie (met permissie gesê) en wat die morele hoëgrond beklee. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is naas ’n handvol ander één so ’n stem. Ek beskou Ramphele as nog een.

Die geskiedenis van die sukses van nuwe politieke partye wat ná 1994 gestig is, is maar tragies.

Patricia de Lille se Onafhank­like Demokrate het ná ’n ongelooflike goeie ontvangs stoom verloor en nooit daarin geslaag om die soort steun te verkry wat die OD hoegenaamd ’n betekenisvolle politieke faktor gemaak het nie. Interessant genoeg is De Lille ’n produk van swartbewussyn, maar die OD is uiteindelik deur die DA opgeslurp.

’n Ander hoopvolle ontwikkeling was die stigting van Cope onder aanvoering van die tweemanskap Sam Shilowa en Mosiuoa “Terror” Lekota.

Maar ook Cope was ’n politieke stiefkind wat relatief min steun by die stembus gekry het. ’n Onverkwiklike interne leierskapstryd het ook Cope se steunbasis uitgekalwe. Lekota, wat as leier geseëvier het, gooi sy gewig grootliks agter die DA wanneer dit by sekere vorms van strategie kom, maar behou sy eie unieke karakter en benadering.

In Ramphele se skoene sou ek twee keer dink voordat ek ’n politieke party stig. Toegegee, haar politieke invloed is geweldig groot. Dis kosbaar. Maar wil sy haar kosbare onafhanklikheid as openbare kommentator en gerespekteerde leier werklik prysgee en haar op die onsekere water van die bedryfspolitiek waag?

Ek sou hand opsteek daarvoor dat sy eerder haar Citizen’s Movement – deur haar gestig en wat ten doel het om juis dit te doen wat die naam sê: burgers se bewussyn oor hul regte, regering en demokrasie en so meer opskerp – versterk en uitbou.

Daar is vir die beweging ’n uiters belangrike breër rol: Die ontwikkeling en groei van die soort leierskap, veral jong leierskap, wat uiteindelik die gravitas sal hê om ’n behoorlike opposisie vir of goeie lid van die ANC-regering te wees.

Ek wil dit beklemtoon dat ek glo ons beste kanse om weg te beweeg van ons beheptheid met ras en kleur lê in die opbou van ’n nuwe geslag leiers vir wie ’n gesonde demokrasie eerder die kriterium is.

Watter wonderlike nalatenskap sal dit nie wees nie om deur die Citizen’s Movement ’n rol te speel om dinamiese leierskap te kweek wat die wêreld sonder die rasbril beskou. Dit sou nie net ’n belegging in die toekoms wees nie, maar sal Ramphele uit die modderige water van die bedryfspolitiek hou.

Politici kom en gaan, maar so ’n belegging in die jeug is ’n belegging in die toekoms.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

SAS Analyst Programmer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Great Plains Dynamics Consultant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.